AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Vrugte: Geleenthede wink

Ondanks uitdagings soos grondhervorming en die sterk rand, is die sitrus- en subtropiese vrugtebedryf taamlik hoopvol oor die jaar wat voorlê.

Indien die klimaat saamspeel, kan die sitrus- en subtropiese vrugtebedryf vanjaar oor die algemeen goeie opbrengste verwag. Die sterk rand boelie tans dié uitvoergerigte bedrywe en daar is gemengde gevoelens oor die toekoms. Gelukkig word redelike goeie plaaslike pryse verwag, wat kan help om produsente se las te verlig.

Sitrus

'n Oes wat na verwagting groter gaan wees as verlede jaar, die eerste amptelike uitvoer na China en die moontlikheid dat nuwe markte in Rusland en die Midde-Ooste ontgin kan word, is tans die belangrikste gunstige faktore waarna die sitrusbedryf uitsien.

Mnr. Justin Chadwick, hoof uitvoerende beampte van die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika (SKVSA), sê hoewel dit nog relatief vroeg is, word berigte van buitengewone goeie blom ontvang. Dit kan dui op 'n oes van sowat 10% meer as verlede jaar en beteken sowat 75 miljoen kartonhouers sitrusvrugte kan moontlik vanjaar uitgevoer word.

"Die bedryf se grootste enkele bekommernis is hervorming en die Regering se grootskaalse inmenging in produsente se sake. Die oplossing is dat die Regering moet konsentreer op regering en produsente moet toelaat om te produseer," sê Chadwick.

Die sitrusbedryf is sterk op uitvoer gerig. Daarom keil die sterk rand die bedryf se inkomste deeglik op. Produsente het dit in 'n mate aanvaar en sekere aanpassings gemaak.

Die bedryf het erns met swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en elke produksiestreek volg sy eie benadering. Almal is goedgesind teenoor die veranderinge en gaan dit só implementeer dat dit die minste nadeel inhou vir die ekonomie van die betrokke streek of provinsie. Daar is ook voorbeelde in die bedryf van praktiese planne vir grondhervorming wat suksesvol toegepas word.

Die beskikbaarheid van water is 'n deurslaggewende faktor vir sitrusproduksie, veral wat die toekomstige uitbreiding van die bedryf betref.

Die sitrusbedryf is tevrede met die navorsing wat deur Citrus Research International, die bedryf se eie navorsingsorganisasie, gedoen word. Die voorligtingsdiens word ook tans versterk.

"In die algemeen is die bedryf optimisties oor die toekoms," sê Chadwick.

Piesangs

Piesangopbrengste kan weer vanjaar daal, soos wat verlede jaar die geval was. Aan die een kant kan dit hoër pryse vir produsente beteken, maar aan die ander kant hou dit die bedreiging in dat piesangs van elders teen mededingende pryse ingevoer kan word.

Mnr. Tim Crookes, hoofbestuurder van die Piesangkwekersvereniging van Suid-Afrika (PKVSA), sê produksie tot Oktober verlede jaar was sowat 23 % laer as wat dit tot Oktober 2003 was. Weens die bedreiging van die El Niño-verskynsel, wat minder reën as normaalweg vir die eerste kwartaal van vanjaar en 'n droër, kouer winter kan beteken, lyk dit onwaarskynlik dat meer piesangs as verlede jaar ge-oes sal word.

Die goeie nuus vir produsente is beter pryse. Hulle sal egter aandag moet gee aan vruggehalte. Indien hulle dit nié doen nie, kan verbruikers piesangs met ander vrugte begin vervang en die verkope van piesangs knou. Die hoë plaaslike piesangpryse en die sterk rand hou die bedreiging in dat piesangs teen mededingende pryse ingevoer kan word.

Crookes sê 'n groot bron van kommer vir die bedryf is die onvoldoende finansiering van die kwekersvereniging deur vrywillige heffings. Die vereniging moet voorligtingsdienste lewer, ontwikkeling- en bemagtiging ondersteun, inligting voorsien, navorsing finansier, marktoegang verbeter asook fitosanitêre maatreëls in stand hou. Hierdie dienste, wat binne die raamwerk van die strategiese landbouplan val, kan nie doeltreffend gelewer word sonder voldoende geld nie.

"Die instelling van statutêre heffings sal dalk die talle rugryers dwing om ook by te dra."

Die PKVSA onderskryf die beginsels van swart bemagtiging en in besonder die ondersteuning van ontwikkelende boere, maar hy het nie die nodige hulpbronne om ondersteuningstrukture te vestig nie. Ontwikkelende piesangprodusente geniet wel gratis lidmaatskap van die PKVSA vir die eerste jaar. Die vereniging besef dit is maar 'n druppel aan die emmer. Meer geld is nodig vir dienslewering en navorsing.

Hoër watertariewe sal die bedryf se uitgawes verhoog en produsente se bruto inkomste beïnvloed. Indien die prys van water te hoog word, kan produsente begin kyk na alternatiewe gewasse wat 'n kleiner waterbehoefte het. Daar is reeds in sekere gebiede 'n neiging om na makadamianeute oor te skakel. Dít het egter meer te make met die goeie inkomste wat uit makadamias verdien word as oor piesangs se hoë waterbehoefte.

'n Krisis staar die piesangbedryf in die gesig wat navorsing betref, want tans word slegs 0,08 % van die waarde van die laaste paar jaar se piesangoes daaraan bestee. Byna dieselfde dilemma geld vir voorligting. Die enigste beampte van die Landbounavorsingsraad wat hiervoor verantwoordelik was, het 'n ander heenkome gevind.

"Hoewel daar baie uitdagings is wat die hoof gebied moet word, glo ek daar is 'n belowende toekoms vir die piesangbedryf," som Crookes op.

Mango's

Die huidige weerstoestande behoort mango's van 'n goeie gehalte te verseker, maar dit kan nog verander, sê mnr. Stephan Crafford, bestuurder van die Suid-Afrikaanse Mangokwekersvereniging (SAMKV).

Verlede jaar is sowat 2 miljoen kartonhouers (4 kg/houer) uitgevoer, teenoor sowat 4 miljoen in 2003. Vir die komende seisoen word uitvoer soortgelyk aan dié van verlede jaar verwag. Die rand is egter sterker as die ooreenstemmende tyd verlede jaar, wat uitvoer onder druk sal plaas. Meer uitvoerders sal probeer om mango's na die Midde- en Verre-Ooste uit te voer.

Mango's vir sap en droging kan goeie of selfs beter pryse as verlede jaar behaal. Sapverwerkers moes selfs mangopulp invoer om hul bestellings te lewer. Die prys van mango's vir verwerking tot atjar is laer as die vorige seisoen, maar steeds hoër as die gemiddelde prys. Mango's behoort goeie pryse op die plaaslike markte te behaal, mits daar nie vandeesmaand te veel mango's beskikbaar is nie. Die goeie pryse wat betaal word vir mango's vir versapping en droging dra by tot vrugte van 'n beter gehalte op die plaaslike markte.

Crafford sê die wisselkoers is tans die bedryf se grootste bekommernis. Weens die ongunstige wisselkoers word nou net ongeveer die helfte uitgevoer van wat moontlik is. Dit bied mededingende lande soos Peru die geleentheid om hierdie gaping in die mark te vul. Verlore markaandeel is baie moeilik om te herwin.

Nóg grondeise is onlangs ingestel op groot dele van die produksiegebiede. Dit plaas waarskynlik 'n demper op swart bemagtiging in die bedryf. Wat grondhervorming as sodanig betref, aanvaar die meeste mangoprodusente dat dit onvermydelik is. Hulle is bereid om by te dra en sodoende te verseker dat die landbou steeds gesond bly, sê Crafford.

Avokado's

Met 'n avokado-oes van min of meer dieselfde grootte as verlede jaar, verwag die bedryf om vanjaar sowat 9,5 miljoen kartonhouers (4 kilogram/houer) uit te voer.

Volgens die hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Avokado-kwekersvereniging (SAAKV), mnr. Derek Donkin, word groter mededinging op die Europese mark verwag weens groter volumes uit Peru, Chili en miskien Mexiko.

Redelike pryse word op die plaaslike markte verwag omdat die vraag na vrugte vir verwerking tot olie en puree toeneem.

Die avokadobedryf se grootste bedreiging is die groei in uitvoer na Europa. Na verwagting gaan veral die Suid-Amerikaanse lande binne die volgende vyf jaar aansienlik meer uitvoer. Dié probleem word aangespreek deur inligting met ander avokado-uitvoerlande uit te ruil sodat goeie bemarkings-koördinering gedoen kan word.

Die SAAKV gaan voort met sy generiese promosieveldtog in Brittanje. 'n Bemoedigende ontwikkeling is dat minstens nóg twee lande wat avokado's produseer, by generiese promosie in dié land en die Europese vasteland betrokke gaan raak.

Donkin sê die sterker rand het 'n besliste invloed op uitvoer. Hoe sterker die rand is, hoe hoër is produsente se gelykspeelprys in euro.

Die SAAKV is nie regstreeks by swart bemagtiging betrokke nie, maar talle van sy lede besef die noodsaaklikheid daarvan ten einde hul ondernemings in die toekoms volhoubaar voort te sit.

Die staat se voorligtingsdiens bied tans nie iets van waarde vir die avokadobedryf nie, want die voorligters is waarskynlik té betrokke by die opleiding van opkomende boere. Die SAAKV het sedert die vroeë 1980's sy eie voorligters en help nou om staatsvoorligters op te lei.

Hoewel daar steeds plaaslike navorsing in die avokadobedryf gedoen word, is Suid-Afrika nie meer soos in die verlede 'n wêreldleier op dié gebied nie. 'n Groot bekommernis is die min mense wat landbougrade aan universiteite verwerf.

"In die avokadobedryf is daar gemengde gevoelens oor die toekoms van die landbou. Baie produsente sien steeds geleenthede in die uitvoermarkte, vir sommige produsente bring die grondeise onsekerheid mee en ander glo dat verandering geleenthede ontsluit," sê Donkin.

Ondanks al die uitdagings en onsekerhede wat die sitrus- en subtropiese vrugtebedryf in die gesig staar, is daar dus tóg faktore wat optimisme moontlik maak.

7 Januarie 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
+0.7%
Rand - Pond
21.05
+1.1%
Rand - Euro
18.15
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,771.82
+0.2%
Silwer
22.19
-0.3%
Palladium
1,856.14
-1.1%
Platinum
991.00
-0.9%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Baie om te bied niemand om mee te deel.
Ek is n ongekompliseerd man wat net opsoek is na goeie geselskap en moonlike geluk in die toekoms dis al.
Son en see mens.
Eks stil en op my plek. Praat met diere darem nog nie met my self nie. Hou van berg klim en fiets ry. Visvang en rugby glad nie my ding nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot