Die dalende waarde van die rand teenoor die euro kan die uitvoermark steun, met produksiekoste wat die enigste moontlik probleem is, sê mnr. Stefan Conradie van Suid-Afrikaanse Kern- en Steenvrugte. Dié organisasie is deel van die Sagtevrugte-produsentetrust.
Conradie meen dat dit nog te vroeg is om oesskattings te maak, maar voeg by dat pruim-, nektarien- en perskeboere moontlik goeie oeste kan verwag, terwyl appelkoosboere ligter oeste kan hê. Mnr. Daan Louw, 'n landbou-ekonoom, sê dat watervoorrade goed lyk, maar dat die weer aan die einde van die winter wisselvallig was, wat nie goed is vir vrugtebome nie.
Hy sê ook dat die weer 'n afname in vroeë nektarien- en pruimkultivars kan veroorsaak, maar appel- en peerproduksie behoort nie geraak te word nie. Die rand se dalende waarde teen die euro kan uitvoerders bevoordeel, maar dit druk produksiekoste op. Stygende arbeidskoste vreet ook aan winste.
Bron:
IOL
4 November 2008