Uitvoerders uit verskeie lande het op die jaarkongres van die Suidelike Halfrond se vereniging van varsprodukte-uitvoerders hul kommer hieroor uitgespreek.
Logistieke koste vir vrugte-uitvoerders in Brasilië het die afgelope jaar met 50% gestyg, en dit kan na verwagting in die komende jaar verdriedubbel, het mnr. Luiz Roberto Barcelos, direkteur van Abrafrutas, die Brasiliaanse vereniging van produsente en uitvoerders van vrugte en afgeleides, gesê.
“Dit is ’n baie hoë koste wat ons moet betaal om ons produkte op die Europese mark te kry en ons weet nie hoe die volumes sal lyk teen die hoë koste wat ons nou moet betaal nie.”