AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Vrugteboere het 'n gedugte vennoot

Hierdie Overbergse vrugteboer gebruik mikro-organismes om grondvrugbaarheid op te bou en verskeie plae hok te slaan.

Hy verskaf 'n resep vir die maak van 'n besonderse tee van kompos en gee wenke oor hoe om dit te gebruik.

Dit is ironies dat talle boere geld bestee om mikro-organismes te bestry, terwyl 'n nuwe geslag boere wat biologies boer alles in die stryd werp om dié organismes se groei aan te moedig ten einde meer volhoubaar te boer.

Een van die boere wat mikro-organismes as 'n vennoot eerder as 'n bedreiging sien, is mnr. Jako Pieterse, bestuurder van die vrugteplaas Karweyderskraal, Hermanus. Dié bergplaas van meer as duisend hektaar het onder meer vrugteboorde van 58 hektaar - hoofsaaklik appels, pere, pruime en sagte sitrus.

Só oortuig is hy van die waardevolle rol wat mikrobes in gesonde boerderypraktyke speel dat hy die grootste dryfkrag agter die stigting van die studiegroep vir volhoubare vrugte- en wingerdverbouing was. Reeds binne enkele maande ná die stigting in Mei verlede jaar het meer as honderd lede aangesluit.

Maar waarom die skielike besorgdheid oor mikro-organismes? Die blote gedagte aan bakterieë, swamme en ander organismes laat vele boere nog na die spuitkan gryp uit vrees vir siektes wat hul oes kan verwoes. Dit is nie noodwendig waar nie, sê biologiese boere nou namate nuwe inligting oor die wel en weë van mikrobes bekend raak.

Pieterse sê vernietigende plae kan uitbreek waar die toestande uit balans is en mikro-organismes wat siektes veroorsaak die oorhand oor voordelige mikro-organismes kry. Waar die natuur in balans is, help mikro-organismes om plante gesond te hou.

Gesonde plante word voortgebring deur gesonde grond. Deur die gebruik van anorganiese misstowwe en gifstowwe teen hoë vlakke word voordelige mikro-organismes in die grond vernietig. 'n Kleiner verskeidenheid mikro-organismes, waarvan die meerderheid skadelik is, bly agter.

Hulle is verantwoordelik vir die talle van die probleme wat hedendaagse boere het. Insekte kan plante identifiseer wat onder stres verkeer. Hulle val eerder dié plante as gesonde plante aan. Dit is die natuur se manier om van swak plante ontslae te raak. Só word probeer om net dié wat geneties gesond is, te laat voortbestaan.

Deur gunstige mikro-organismes in die grond terug te plaas, kan die balans herstel word. Uiteindelik kry die "goeie" organismes weer die oorhand oor die "slegte" organismes wat nou betrokke is by grondgedraagde plae en siektes, soos bloedluis, Phytophthora en fusarium. Insekte wat 'n papie- of eierfase in die grond het, soos kalander en vrugtevlieg, word ook aangeval, met die gevolg dat hulle nie die plante bogronds erg teister nie.

Bakterieë en swamme bou ook grondtekstuur, verhoog deurlugting en verbeter waterindringing. Grondverdigting het danksy mikrobiese werking sodanig op Karweyderskraal afgeneem dat Pieterse in sommige boorde 'n ysterpen tot op 'n diepte van een meter sonder enige inspanning kan induk.

Hy beskou dit as 'n goeie praktyk om mikrobes van voedingstowwe te voorsien sodat hulle kan oorleef en floreer. Sowat 20 liter humiensuur per hektaar word vir dié doel in die herfs toegedien - net voor hy na-oes-bemesting toedien.

'n Ander voordeel van mikrobes is dat hulle keer dat voedingstowwe uitloog. Minder misstof word dus gebruik. Deur bloot mikrobes in die vorm van kompostee toe te dien, kon hy die afgelope vier jaar sy stikstoftoediening met byna 70 % verminder. Hy beskou kompostee as deurslaggewend in sy strewe na gesonde vrugtebome en vrugbare grond (lees "Maak tee vir plante" op bl. 14).

Die eerste ding wat nuwe toetreders tot biologiese boerderymetodes moet doen, is om die bestaande praktyke te herevalueer om die impak daarvan op mikro-organismes vas te stel, sê Pieterse.

Hyself het talle veranderinge op Karweyderskraal aangebring. Eerstens het wateroplosbare misstof geleidelik die plek van die korrelsoorte begin inneem. Misstof word nou teen lae konsentrasies en meer dikwels deur die besproeiingstelsel toegedien om dit minder skadelik vir die organismes te maak. Dit het bykomende voordele, soos vrugbaarder knoppe en groter blare, tot gevolg gehad, sê hy.

Die gebruik van vooropkoms-onkruiddoders is gestaak weens die uiters nadelige uitwerking daarvan op mikro-organismes. Slegs Roundup word as onkruiddoder gebruik - hoogstens twee bespuitings per jaar en alleen in gevalle waar die onkruid uitermatig hoog groei. Die dooie onkruid vorm dan 'n digte mat onder die vrugtebome. Deur dit met kompostee te bespuit, word kompos as't ware op die plek gemaak.

Pieterse sê dit lyk of daar minder onkruid is sedert hy kompostee begin gebruik het.

"Solank besproeiingskedulering reg gedoen word, sal onkruid nie die vrugteboom nadelig raak nie. Inteendeel, ek glo dit is eerder tot voordeel vir die bome. Alle plante kry immers die meeste van hul voedingstowwe uit die lug. Slegs 'n klein gedeelte word uit die grond opgeneem. Danksy fotosintese bevat plante meer voedingstowwe as wat hulle uit die grond opgeneem het. Wanneer sulke plante van hul blare verloor of vrek, word hierdie plantmateriaal deur mikro-organismes afgebreek en as voedingstowwe vir ander plante beskikbaar gestel."

Volgens hom dra dié proses by tot meer voedingstowwe in die grond. Die onkruid ding dus geensins met die vrugtebome mee vir die beskikbare voedingstowwe nie. 'n Verdere voordeel van onkruid is dat dit grondverdigting teenwerk en as 'n habitat en voedingsbron vir 'n groot verskeidenheid organismes dien. Onkruid kan nadelig wees vir eenjarige gewasse, soos groente, omdat bogenoemde proses langer duur as die tydperk wat die gewas in die grond is.

Minerale loog minder uit waar kompostee saam met vloeibare kunsmis deur die besproeiingstelsel toegedien word. Trouens, 'n opbou van minerale vind in die grond plaas. Só, byvoorbeeld, is die fosforvlak baie vinnig opgebou.

Die gedagte het gevolglik by Pieterse opgekom dat sproeibemesting saam met kompostee gebruik kan word om die mineraalstatus van sy grond reg te stel. Met behulp van kundiges word die optimum vlakke van makro- en mikro-elemente bepaal. Hy poog nou om hierdie optimum vlakke te bereik sodat sy grond chemies sowel as biologies in balans is. Vir alle elemente, met die uitsondering van kalsium en koper, het hy reeds die optimum vlak en selfs hoër bereik.

Die tabel gee sy bemestingprogram vir appels weer. Die waardes word uitgedruk in kilogram voedingstowwe toegedien per ton vrugte geoes. Byvoorbeeld, as 'n oes van 50 ton per hektaar verwag word, word 2,4 kg stikstof x 50 ton, dit wil sê 120 kg stikstof per hektaar, oor die hele seisoen toegedien.

Die stikstofgebruik het met net minder as 70 % afgeneem. Die toediening van fosfaat is gestaak omdat dit reeds op die voldoende vlak is.

Pieterse sê volgens kundiges word 0,7 kg stikstof, 0,18 kg fosfaat en 1,7 kg kalium uit die grond onttrek vir elke ton appels wat geoes word. In die geval van pruime is dit 1 kg stikstof, 0,17 kg fosfaat en 2,5 kg kalium. Die bemestingsprogram vervang dus net dit wat deur die oes verwyder word. Benewens dié drie elemente word kalsium en ander mikro-elemente toegedien.

"Ek is daarvan oortuig dat wanneer my boorde se mineraalstatus naby aan optimaal is, daar nie 'n oes-afname sal wees as ek na organiese verbouingsmetodes sou oorskakel nie. Ons is al klaar besig om die behoefte aan misstof jaarliks te verminder," sê hy.

Pieterse het nog nie baie ondervinding met blaarbespuitings nie. Tog het hy opgemerk dat kompostee Xanthomonas en bruinroes by pruime onderdruk. Hy ondervind egter nog probleme met bloeiselversenging. By appels onderdruk kompostee fusarium en meeldou. Laasgenoemde is moeiliker as fusarium om te bestry. Veral as die bome geil groei, kan dit groot probleme veroorsaak.

In die somer word gepoog om 70% van die blaaroppervlakte te benat. Dit kom op 1 500 liter water per hektaar neer. Ten einde tyd te spaar, wil hy redelik vinnig deur die boorde ry, maar hy wil die tee nogtans teen 'n redelike lae druk toedien. Om dié probleem te oorkom, is bykomende spuitkoppe op die spuitkar aangebring. Hy ry teen 4,2 km/h en gebruik 24 spuitkoppe.

Daar is heelwat veranderlikes wat 'n invloed op die sukses van blaarbespuitings kan hê, soos die toedieningsapparaat, die filtergroottes, die persentasie blaarbedekking en die dosis per hektaar. Die kostedoeltreffendste manier om kompostee toe te dien, moet nog gevind word, sê hy.

"Ál meer boere is ontnugter deur stygende produksiekoste en 'n groter afhanklikheid van gifstowwe. Boere kan hierdie neiging binne twee jaar omkeer deur biologiese boerderymetodes te volg.

"As 'n mens eers die teorie verstaan, maak dit volkome sin. 'n Beter en gesonder produk word geproduseer sonder om die grond in die proses uit te put. Namate die grondtoestande verbeter, verbeter die lewenskrag van die gewasse onder verbouing ook," sê Pieterse. Sulke plante is beter in staat om die druk van plae te weerstaan. Saam met die laer behoefte aan misstowwe, is groter wins die noodwendige gevolg.

"Wie sou slegs enkele jare gelede kon dink dat sulke klein organismes sulke groot moontlikhede inhou?"

27 Mei 2005

Maak tee vir plante

Kompostee word gemaak deur 'n spesiale komposmengsel vir 'n paar uur in water te week terwyl lug daardeur borrel. Die eindproduk bevat 'n reeks voedingstowwe en 'n groot verskeidenheid mikro-organismes, waaronder bakterieë, swamme, protozoa en nematodes. Die meerderheid nematode-spesies is uiters heilsaam vir die grond.

Kelp, humiensuur, melasse en enkele ander stowwe word volgens elke boer se voorkeure bygevoeg om die vermeerdering van die organismes te bespoedig. Lug word deurgeborrel om die organismes van die kompos af te trek en in die oplossing te hou. Die organismes benodig ook baie suurstof om te vermeerder. Indien daar nie genoeg suurstof is nie, sal die mengsel sleg ruik en sal die skadelike organismes vermeerder.

Hoewel mnr. Jako Pieterse nog nie volkome daarmee tevrede is nie (hy wil graag meer swamme in sy boorde hê), berei hy die kompostee deur die volgende bestanddele by 1 000 liter water te voeg:

  • 30 liter Bio-earth-kompos (R6,50/liter), wat spesiaal vir kompostee gemaak word.

  • 3 liter kelppoeier (R5/liter).

  • 3 liter Seagro (R15/liter).

  • 3 liter humiensuur (R17/liter).

  • 300 ml sonneblomolie.

    Die totale koste om 1 000 liter kompostee te maak, beloop R300. Teen 'n toediening van 100 liter per hektaar beloop die koste van 'n enkele toediening R30 per hektaar. Die gebruiklike nege toedienings per seisoen kos dus R270 per hektaar. Dit word maandeliks van September tot Mei gedoen.

    Die kapitaalbelegging wat nodig is om die toerusting vir die maak van die tee te koop, beloop R15 000 tot R25 000. Volgens Pieterse vergoed die voordele reeds binne die eerste jaar vir dié koste.

    27 Mei 2005

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.22
    +1.9%
    Rand - Pond
    21.09
    +1.2%
    Rand - Euro
    18.13
    +1.0%
    Rand - Aus dollar
    11.72
    +0.5%
    Rand - Jen
    0.13
    +1.7%
    Goud
    1,795.50
    -0.2%
    Silwer
    23.03
    -0.6%
    Palladium
    1,912.00
    +0.6%
    Platinum
    1,023.00
    +0.3%
    Brent-ruolie
    85.57
    -1.5%
    Top-40
    69,190
    +1.4%
    Alle aandele
    75,376
    +1.4%
    Hulpbronne 10
    75,167
    +1.6%
    Industriële 25
    92,274
    +0.7%
    Finansiële 15
    15,860
    +3.0%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Fantastiese reisende kok wil jou lewe bietjie geur...
    Opregte, eerlike, liefdevolle advontuurlustige siel, wat hou van die natuurlewe, kosmaak, visvang en die buitelewe. Romantiese aande om te dans saam iemand wat my siel en hart...
    Altyd sonnig en vol pret
    Altyd sonnig en vrolik. Intelligent met n groot sin vir humor. Groot hart. Jy sal altyd glimlag of lag met my in die omtrek
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot