Die Sagtevrugte-produsentetrust (SPT) het die Minister van Landbou en Grondsake gevra om 'n wetlike heffing per hektaar op kernvrugte, steenvrugte, tafel- en gedroogde druiwe om vrugtevlieë te help bestry.
Kragtens seksie 10 van die Wet op die Bemarking van Landbouprodukte kan 'n groep wat regstreeks deur 'n probleem, soos vrugtevlieë, geraak word, 'n geskrewe versoek tot die Minister rig om wetlike maatreëls in te stel.
Die SPT tree op namens Steriele Insektegniek Afrika wat deur verskeie nasionale produsente-organisasies besit word. Die heffing sal gebruik word om Mediterreense vrugtevlieë te bestry.
Die bedryf stel voor dat 'n heffing van R200/ha op steenvrugte, tafel- en gedroogde druiwe ingestel word met 'n heffing van R125/ha vir kernvrugte. As dit goedgekeur word, sal die heffing apart van huidige wetlike maatreëls wees.
Belanghebbendes kan geskrewe voorstelle voor 13 Februarie by die Nasionale Landboubemarkingsraad indien sodat die raad sy aanbevelings vir die Minister kan afhandel.
28 Januarie 2009