Die vrugtebedryf werk nog onverpoos om weer die uitvoerdeur na Thailand te laat oopswaai, maar tot dusver vergeefs. Burokratiese rompslomp het Suid-Afrikaanse vrugteboere beroof van die geleentheid om produkte na Thailand te stuur.
Volgens mnr. Peter Dall, vrugteboer van Villiersdorp, vrugtekonsultant en voormalige voorsitter van die Sagtevrugteprodusentetrust, sal dit tot vyf jaar duur voor Suid-Afrika weer marktoegang tot Thailand kan kry.
"Dit was blote formaliteit dat alle lande wat na Thailand uitvoer, heraansoek daarom moes doen. Die Suid-Afrikaanse Regering is twee keer gevra om die aansoek in te dien, maar het
dit nie gedoen nie," het Dall op die Overbergse vrugte- en wynekspo op Villiersdorp gesê.
Suid-Afrika het verlede jaar marktoegang na Thailand verloor. Dié land was 'n belangrike mark vir tafeldruiwe en sitrus. Hy het 'n beroep op die Regering gedoen om meer betrokke te raak om marktoegang vir uitvoerprodusente te beding. Die hangende handelsooreenkoms met China moet so gou moontlik onderteken word.
Lees die volledige artikel in Landbouweekblad se 7 November 2008 uitgawe.
3 November 2008