AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

W

Met die gladde skil, knalrooi pêreltjies en talle gesondheidsvoordele is die granaat inderdaad 'n verleidelike vrug. G'n wonder die wêreldmarkte ding so lekker mee nie.

Met die gladde skil, knalrooi pêreltjies en talle gesondheidsvoordele is die granaat inderdaad 'n verleidelike vrug. G'n wonder die wêreldmarkte ding mee om dié vrug se hand nie.

Wanneer die skoen begin knyp, vereis die spreekwoord mos van 'n boer om 'n plan te maak. Heelparty boere sien die plan in granaatvorm: Die oeroue vrug waarvan daar 'n boom in bykans alle tuine staan.

Dié tradisionele vrug is egter uitgedos in 'n splinternuwe gewaad en onder haar rooi wange skuil stroopsoet, sappige en boonop pitlose pêrels wat gelaai is met voedingstowwe, vitamiene en antioksidante. En soos dit 'n ware nooi betaam, ding die verskillende markte in die Noordelike Halfrond soos wafferse vryers mee om haar die hof te maak.

Mnr. Fanie Neethling, 'n wingerdboer van die plaas Rheboksfontein naby Malmesbury, het verlede jaar 'n winsgewende alternatief vir wyndruiwe gesoek. Die idee vir granate het by sy broer, Neels, ontstaan. Neels het sedertdien al 20 ha gevestig.

"Ek wou nie tradisionele vrugte kweek nie, want ek het nie die kennis nie. As ek dan iets anders moet leer, wil ek sommer alles nuut doen," sê hy.

Fanie Neethling is ook die voorsitter van AlternaFruit se kwekersvereniging vir granate en vye. Dié vereniging het die baanbrekerswerk vir die granaatbedryf gedoen. Verskeie ander groepe het intussen ook die kommersialisering van dié vrugte begin ondersoek.

Mnr. Johan van Niekerk, besturende direkteur van AlternaFruit, verwelkom die mededinging. "Mededinging is goed vir enige bedryf. Daar is reeds 'n paar groepe wat kompetisie vir ons kan wees. Party is kwekerye wat diversifiseer, en ander is uitvoeragente wat hul produkreeks wil uitbrei. Hier en daar het die vye ook kompetisie, maar veral wat die granate betref, moet ons besef ons is nie alleen in die bedryf nie," het Van Niekerk by die vereniging se produsentedag gesê.

Hy meen die mark laat genoeg ruimte vir mededingers om aan supermarkte te verskaf wat nie deur AlternaFruit bedien word nie. Dié maatskappy se oogmerk is dan ook om produsentebelange te bevorder en om navorsing, die aanplantingsbeleid en wêreldwye bemarkingstrategie van die groep te bestuur om só 'n bedingingsmag te skep.

Neethling is een van sowat 60 kwekers wat onlangs 'n paar hektaar granate en/of vye geplant het. Die leerkurwe is steil en die uitkoms onseker, sê hy.

"Ons weet nog nie wat die voordele is nie. Ons stel belang, want dit is 'n nuwe vrug en 'n nuwe mark en dit behoort ons 'n goeie inkomste te gee."

Neethling het verlede jaar in September 10 ha granaatboompies 3 m by 4 m uit mekaar geplant. Daar staan tans 140 ha granaatbome in vyf streke van die land - die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Karoo, Suid-Kaap en noord van die Vaalrivier. AlternaFruit het 'n verdere170 ha goedgekeur wat vanjaar geplant sal word, maar gemeet aan die groeiende markvraag begin Van Niekerk wonder of 1 000 ha genoeg sal wees.

Sowat 135 ha vye is reeds geplant en nog 75 ha boompies sal vanjaar in die grond gesteek word.

"Ten minste die volgende twee seisoene gaan die plaaslike mark alles absorbeer wat ons kan produseer. Ons probeer eers ons lesse hier leer voor ons die buiteland aanpak," sê Van Niekerk.

In Januarie het boere wat reeds vye aan 'n supermark gelewer het, sowat R32/kg daarvoor ontvang. Die plaashekprys vir granate was vanjaar R20/kg vir die mooiste vrugte. Dié wat vir verwerking bestem was, het sowat R15/kg behaal.

"Granate het uit 'n lang slaap ontwaak. Onlangse mediese verslae toon die gesondheidsvoordele van die vrugte: Dit kan help met die vermindering van hartaanvalle, kanker en spysverteringsprobleme. Die vrugte het ook vier of vyf keer meer polifenole as lemoene of tee," sê dr. Fathi Abd El Hadi van Netafim.

Volgens hom is die voordele van granate die hoë voedings- en gesondheidswaarde. Die glinsterende vrugte is propvol anti-oksidante, vitamiene en yster.

'n Ander besliste voordeel is die eenvoudige groei- en ergonomiese praktyke wat die plant vereis. Die granaatboom is 'n medium-verbruiker van lae-kwaliteit water wat maklik aanpas by verskillende grondsoorte en klimaatverandering. Dit is selfbestuiwend.

Neethling sê die grootste uitdagings aan 'n granaatboerdery is boordbestuur en die ontwikkeling van markte.

"Ons is nog onkundig met die boerderymetodes. Granate kos ongeveer R65 000 per ha om te vestig en die grootste uitdaging is om die regte kultivars te kies. Net die tyd sal leer of ons die regte keuses gemaak het."

Nog 'n slaggat is die granaat se dik skil. Soos met 'n lemoen verg dit eers 'n bietjie moeite voor die eter by die beloning - die soet, robynrooi pêrels - uitkom.

Hoewel die skil ook 'n beslommernis by verwerking kan wees, lyk dit nie asof die Amerikaners daarvoor omgee nie. Daar word 'n hoë premie op granaatsap as gesondheidsproduk eerder as smaaksensasie geplaas. Die Yanks verpulp die hele vrug - skil en al - en maak 'n antioksidant- en vitamienryke drankie daarvan.

'n Ander probleem wat omseil moet word, is die hoë produksiekoste. Arbeid, insekdoders en plaagbestryders kos 'n aardige bedrag, maar die wêreldwye neiging is om vrugte en groente meer organies te verbou.

Fathi sê granate floreer in koel winters en warm somers. Die plant het 'n hoë toleransie vir droogte en koue. Die boom sal by uiterse koue van tot -11 grade C oorleef, maar in sulke toestande nie vrugte dra nie.

Neethling het sy granate in swaar kleigrond geplant. Sy grootste bekommernis is insekte.

Die granate loop deur onder dieselfde plae as ander vrugteboorde. Hoewel die ekonomiese invloed nog nie bepaal is nie, kan Mediterreense en Natalse vrugtevlieë, aalwurms, sagtedopluise, valskodlingmotte, blaaspootjies en bolwurms die vrugte beskadig.

Voordat hy in September sy bome aangeplant het, het Neethling die grond in April laat diep ploeg en daarna die pH- en fosfaatinhoud reggestel. Die Swartlandse kleigrond is redelik suur en Neethling het kalk bygevoeg om dit meer alkalies te maak.

Hy het 'n dubbellyn-drupbesproeiingstelsel wat volgens vogmeters besproei. Die granate kry elke twee weke water. Die kleigrond het natuurlik 'n goeie voghou-vermoë wat help.

Die boomtakke is aan 'n paal vasgemaak om veral windskade te beperk.

"Die takke met dorings se sweepslag in die wind kan die vrugte krap. Ons het windlanings oorweeg, maar dit gebruik te veel water."

Van Niekerk het by die produsentedag gesê tot 30 % letsels vir eerstegraadse vrugte word aanvaar. Mettertyd kan die uitvoermark selfs so min as 10 % letsels vereis.

Dieselfde dorings wat die vrugte so kan verniel, is net so geniepsig op die arms en hande van die plukker. Een geluk is die bome dra hul vrugte aan die buitekant, wat die aanslag darem effe minder maak.

Neethling beveel aan dat werk aan die bome gedoen word met handskoene of selfs plastiekskerms om die takke weg te druk.

"Arbeid is nodig vir die plantproses, snoei, opleiding, uitdun van vrugte en by die oes daarvan."

Hy sê die boompies behoort al in hul derde jaar te produseer, maar sal eers op vyf of ses jaar in volle produksie wees. Navorsing toon die opbrengs kan tot 30 ton per hektaar wees.

Die granate word van middel Maart tot middel April geoes - gerieflik kort ná die parstyd.

Boordsanitasie kan nie genoeg beklemtoon word vir die verbouing van granate nie. "Vrot vrugte en takke aan die boom en op die grond skep 'n broeiplek vir goggas en vrugtevlieë. Insekte wat die boom pla, is dieselfde as vir ander vrugte, net in ander tye. Aalwurms behoort nie hier 'n probleem te wees nie, maar boere moet bedag wees daarop. As voorkomingsmaatreël kan die grond berook word."

Hy meen granate sal gewild bly danksy die gesondheidswaarde en nie die unieke smaak daarvan nie.

"Dit gee my moed. Dit is nie net 'n gier nie. Granate se gesondheidswaarde word hoër aangeslaan as rooiwyn wat anti-oksidante betref."

Oor organiese granate is Neethling versigtig.

"Kom ons kry eers die basiese reg. Ons moenie te gou 'n nis binne 'n nismark probeer skep nie."

Geleenthede in die wereldmark

Suid-Afrika se granaatproduksie is nie eens 'n kolletjie op die wêreldradar nie. Volgens dr. Fathi Abd El Hadi, 'n Israeliese vrugtekenner wat tans by Netafim werk, is daar internasionaal groen, rooi en swart granaatsoorte beskikbaar. Die vrugte se grootte wissel van 300 g tot 'n gewigtige 1,5 kg.

Indië is met sowat 500 000 ton die grootste granaatproduserende land in die wêreld. Iran (382 000 ton) en Tunisië (60 000 ton) is volgende op die lys.

Die Spanjaarde het sowat 2 700 ha granaatboorde wat altesaam 35 000 ton vrugte lewer. Hier kos granate sowat 950 euro per ton en 74 % van die voorraad word na ander Europese lande (meesal Frankryk en Europa) uitgevoer.

In Australië beoog 'n enkele produsent om 1 000 ha van die paradysvrugte te plant. Hy is ten volle gemeganiseerd en gebruik ook drupbesproeiing.

Kalifornië het ongeveer 6 000 ha granate en die produkte wat hulle daarvan maak, behaal ongelooflike pryse. Een bottel sap (450 ml) kos $3,60. Die Amerikaanse bedryf het van $1,6 miljoen in 2003 tot $2,6 miljoen in 2004 gegroei.

Suid-Afrika behoort eersdaags sowat 300 ha granate te hê - skaars genoeg om in die binnelandse vraag te voorsien.

Israel en Egipte het almal voorgespring om granate na Europese lande uit te voer. Die uitvoerhekke het intussen in ander lande ook oopgeswaai en die produksieseisoen is netjies oor die wêreld versprei.

Dr. Fathi, soos hy in Suid-Afrika genoem word, sê Suid-Afrika, Suid-Amerika en Australië is vanweë hul ligging ideaal vir die aanplant van granate.

Volgens hom kan produsente regoor die wêreld gerus nog granate plant, want hoe meer bewus tradisionele en nuwe verbruikers van die gesondheidswaarde van die produk raak, hoe groter sal die vraag daarna wees.

Hy voorsien nie probleme met die wêreldmark vir die volgende 10 tot 15 jaar nie.

Landbouweekblad, 25 Mei 2007

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.03
+0.1%
Rand - Pond
20.93
+0.8%
Rand - Euro
18.72
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.14
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,018.82
+0.8%
Palladium
1,669.18
-0.0%
Goud
1,954.48
+0.2%
Silwer
24.46
+2.0%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,668
-0.1%
Alle aandele
79,864
+0.1%
Hulpbronne 10
74,939
-0.3%
Industriële 25
102,543
+0.0%
Finansiële 15
16,553
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
As jy nie probeer nie sal jy nooit weet nie...¹
LOVE my honde en my kinders. My siels vriende is vir my baie belangrik. Ek steur my nie aan drama nie. Haat shopping centres met ń passie. Alryd aan die kook, bak en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot