AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9667,4
67,40
CORN
03 Feb
-
4543,6
-56,40
SOYA
03 Feb
-
9291,6
-38,40
SUNS
03 Feb
-
10111
-250,00
WEAT
03 Feb
-
6688,6
-39,40
WMAZ
03 Feb
-
4240
-47,00
YMAZ
03 Feb
-
4381
-40,00

Weer kelder druiwe-oes

Ongure weer het die tafeldruif-oes vanjaar met bykans 6% laat afneem en boere moet nou seker maak hulle plant die regte kultivars.

Weens ongure weer is die tafeldruif-oes vanjaar met bykans 6% af van 53 632 551 (4,5kg) kartonne na 50 544 972 kartonne.

Mnr. Michael Laubscher, voorsitter van die Tafeldruif-vereniging, wys daarop dat die Noord-Kaap die ergste ryp in 50 jaar in Oktober beleef het sodat produksie van 4 091 181 kartonne verlede jaar na 4 073 257 kartonne vanjaar gedaal het.

In die Hexrivier-vallei, waar dit gelyk het asof daar ’n rekord-oes op pad was, is produksie ook van 18 349 865 kartonne na 16 852 889 af as gevolg van haelskade in Desember en kwaai reën in Januarie. “Gebaseer op oesskattings in die streek het boere tussen 20% en 25% skade gely as gevolg van ongunstige klimaatsomstandighede. Produksie daarenteen in vergelyking met verlede jaar is 10,5% af,” vertel hy.

Produksie is as gevolg van ongunstige weer ook af van 16 097 965 kartonne na 15 118 967 kartonne in die Oranjerivier en van 12 369 514 kartonne na 11 378 803 in die Bergrivier. Dit het net in die Olifantsrivier-area van 2 724 026 kartonne na 3 121 056 kartonne gestyg vanweë produksie-uitbreiding.

Laubscher sê dat daar nou ’n duidelike differensiasie in pryse tussen nuwe en ou kultivars in die uitvoer-mark gesien kan word. Hierdie verskil is nog nie so duidelik in die plaaslike mark te sien nie, maar pryse oor die algemeen is baie laer in die plaaslike mark vir druiwe as oorsee.

Die prys vir rooi pitlose druiwe is byvoorbeeld tot ’n 35% hoër as vir wit en swart kultivars met pitte. Waar ’n karton Crimson Seedless oorsee vir R110 sal verkoop, sal boere gelukkig wees om meer as R65 per karton vir ou kultivars soos Barlinka en en Dauphin te kry. “Jy kan nie meer boer met ou variëteite nie,” het hy gesê.

Laubscher het egter ook gewaarsku dat boere moet seker maak dat hulle die regte kultivars plant: Die help nie jy plant ’n nuwe variëteit, maar dit gee probleme soos byvoorbeeld vrot of dat korrels bars nie. Maak seker jy plant iets wat in jou area sal werk.”

Hy sê dat mark uitbreiding tans die grootste uitdaging vir die bedryf is. Meer as 70% van Suid-Afrika se uitvoerdruiwe word tans na Noord-Europa en die Verenigde Koninkryk uitgevoer. Sowat 5% gaan na die Midde-Ooste en 8% na Suid-Oos-Asië. Die bedryf het so paar jaar terug toegang tot Thailand verloor en Laubscher hoop dat die bedryf met die hulp van die Regering hierdie en nuwe markte sal kan oopmaak.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.14
-0.3%
Rand - Pond
20.93
-0.2%
Rand - Euro
18.69
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
1,022.94
-0.2%
Palladium
1,683.39
+0.8%
Goud
1,913.85
+0.1%
Silwer
23.48
+0.0%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,681
+0.1%
Alle aandele
79,852
+0.1%
Hulpbronne 10
74,583
-0.1%
Industriële 25
102,805
+0.2%
Finansiële 15
16,575
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hardwerkende man wat hou van die natuur en besig wees.
Ek is n pappa van 4 kinders (2 seuns en 2 dogters). Hou baie van die buite lewe en geniet dit baie om te dans. n Aand uit is net so nodig soos n Sondag middag op die bank. Vat...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot