AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Weer sal gehalte van vrugte bepaal

Buitengewone weerstoestande gaan 'n invloed hê op die oesgrootte en vruggehalte van die vrugtebedryf.

In die meeste van die streke in Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal waar sitrus en subtropiese vrugte gekweek word, gooi die ongewone weerstoestande van die afgelope paar maande ook 'n wolk oor die kristalbal vir 2004.

Buitengewone weerstoestande, soos 'n gebrek aan reën en onstabiele temperature in van die produksiegebiede vir sitrus en subtropiese vrugte, gaan 'n invloed hê op die oesgrootte en vruggehalte van die onderskeie bedrywe.

Me. Christa Scholtz van die Suid-Afrikaanse Mangokwekersvereniging op Tzaneen sê die 2004-seisoen lyk belowend, maar daar is ook rede tot kommer.

Eerstens stel die drag van die kultivar Tommy Atkins teleur en kan dit selfs meebring dat van die boere in die Onderberg-gebied vanjaar nie sal uitvoer nie. Die redes vir die swak drag is onbekend. In die meeste produksiegebiede het dit taamlik min gereën in die voor-seisoen, wat kan bydra tot die besonder goeie gehalte van die vrugte wat wel beskikbaar is.

Volgens skatting sal die huidige oes se volume laer wees met gepaardgaande hoër pryse as dié van verlede jaar. Die volume wat plaaslik verwerk (gedroog en versap) word, sal waarskynlik vanjaar toeneem weens die goeie pryse wat sulke vrugte verdien.

Meer aandag word vanjaar aan die koördinering van uitvoervolumes gegee en in dié verband werk die kwekersvereniging nou saam met die ander lande wat mango's na Europa uitvoer.

Indien hierdie aksie beteken dat minder mango's vanjaar uitgevoer word, sal daardie volume moontlik na die plaaslike mark oorgedra word, wat sal beteken dat van die vrugte wat vir die plaaslike mark bestem was, vir verwerking aangebied sal word, sê me. Scholtz.

Mnr. Derek Donkin, bestuurder van die Suid-Afrikaanse Avokadokwekersvereniging, sê danksy die "aan" jaar sal 2004 se produksie waarskynlik dié van 2003 (9 miljoen kartonne van 4 kg elk) oortref. Die 2004-produsentepryse behoort vergelykbaar met dié van die 2003-seisoen te wees.

Dit is egter onseker wat die invloed van die droogtetoestande in die meeste produksiegebiede op die opbrengs sal wees.

Die avokadobedryf koördineer steeds die uitvoer na Europa met die ander produksielande, naamlik Israel, Spanje, Peru, Chili, Mexiko en Kenia. Die kwekersvereniging is ook in gesprek met hierdie lande om 'n finansiële bydrae te lewer tot die generiese bemarking van avokado's in Europa, sê mnr. Donkin.

Mnr. Gerrit Booyens, hoofbestuurder van Sitrus Suid-Afrika, sê die sitrusbedryf het met sowat 70 % gegroei van die 45 miljoen kartonne (15 kg) wat in 1997/98 uitgevoer is tot die 70 miljoen kartonne wat verlede jaar (2003) uitgevoer is.

Die bedryf sal graag wil voortbou op die afgelope twee jaar se styging in volume en prys. Die bedryf doen alles in sy vermoë om uit die sikliese agterstand te kom waarin die wisselkoers hom die afgelope twee jaar gedompel het.

Weens die droogte in van die produksiegebiede is 'n styging in die totale volume van vanjaar se oes egter heeltemal onwaarskynlik. Die droogte het ook 'n voordelige gevolg. Dit is dat die gehalte van verlede seisoen se vrugte van die beste in jare was. In hierdie vroeë stadium lyk dit asof die goeie vruggehalte van verlede jaar vanjaar herhaal kan word, sê Booyens.

Mnr. Philip Lee, bestuurder van die Suid-Afrikaanse Makadamiakwekersvereniging, sê dié bedryf verwag vir 2004 nie 'n veel groter oes as die 3 400 ton neutkerne wat in 2003 gelewer is nie.

Die belangrikste redes daarvoor is die eienaardig droë weer in September en Oktober, waarin hitte en koue mekaar afgewissel het in die belangrike stadiums vir blomvorming en vrugset. In hierdie toestande kan die oes dalk 3 400 ton tot 3 800 ton neutkerne wees.

In 2003 het die boere R38 per kilogram neutkerne gekry, wat 15 % minder was as die pryse vir die 2002-seisoen. Die pryse vir 2004 behoort effens beter te wees omdat die wêreldprys gestyg het en nou hoër is as $10 per kilogram, sê Lee.

Piesangs reeds minder

Droogte in die vernaamste piesangverbouingsgebiede het reeds die afgelope ses maande tot 'n afname in produksie gelei.

Mnr. Wikus Joubert, bestuurder van die Piesangkwekersvereniging van Suid-Afrika, sê die weersomstandighede sal hoofsaaklik bepaal of hierdie ses maande na 'n jaar of selfs 'n langer tydperk verleng gaan word. "Dit is nie bloot 'n tekort aan water wat die piesangboere kwel nie. Dié wat nog water het, kan steeds besproei, maar die hitte en die humiditeit speel `n groot rol in die produksieproses," sê Joubert.

Goeie nuus vir die bedryf is die feit dat die produksiekoste met 'n invoerkomponent saam met die rand-wisselkoers gestabiliseer het en in sekere gevalle het pryse, soos dié van brandstof en kunsmis, effens gedaal. Lone bly die grootste enkele koste-item vir die piesangprodusent en dit het beslis 'n nadelige invloed op die winsgewendheid van die bedryf.

Volgens bestellings vir piesangplante wat by kwekerye geplaas is, wil dit voorkom of boere heelwat gaan plant as dit genoeg sou reën. Die vermoede bestaan dat boere heelwat bestaande aanplantings sal vervang wat in die droogte beskadig is.

Die piesangbedryf het pas 'n nuwe 18 kg-karton in gebruik gestel. Hierdie karton hanteer makliker, pas goed in by die vervoer- en rypmaak geriewe en voldoen nou boonop aan internasionale standaarde.

Die afgelope jaar (vanaf September 2002 tot September 2003) het piesangproduksie met 16 % gedaal en die produsenteprys het met 23 % gestyg, maar hierdie prysstyging moet in perspektief gesien word. Die gemiddelde produsenteprysstyging oor die afgelope vyf jaar was 6 % met sekere van dié jare waarin pryse inderdaad gedaal het, sê Joubert.

9 Januarie 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot