AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Wes-Kaap Jongboer van die Jaar: Uitnemendheid is ’n kultuur

akkreditasie
Netheid en akkuraatheid is ’n kultuur wat mnr. Alexander Gibson oral op Doornkraal vestig. “Die sementpale vir die nette is, na gelang van die wisselkoers, R35 000 per hektaar duurder as houtpale. Dit is egter makliker om die struktuur netjies op te rig en dit het ’n langer lewensduur as houtpale. Die sementpale is ook eenvormig, wat baie netjieser lyk.” Foto’s:  Johan van der Merwe tensy ander vermeld
Netheid en akkuraatheid is ’n kultuur wat mnr. Alexander Gibson oral op Doornkraal vestig. “Die sementpale vir die nette is, na gelang van die wisselkoers, R35 000 per hektaar duurder as houtpale. Dit is egter makliker om die struktuur netjies op te rig en dit het ’n langer lewensduur as houtpale. Die sementpale is ook eenvormig, wat baie netjieser lyk.” Foto’s: Johan van der Merwe tensy ander vermeld
Vir mnr. Alexander Gibson, die Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar, is geduld en geloof die waardevolste bates wat sy pa aan hom besorg het.

Mnr. Alexander Gibson, Agri Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar vir 2021, is aan die stuur van Doornkraal Agri, ’n boerdery wat in 2022 nagenoeg 100 000 grootmaathouers vrugte sal oes en verpak.

Hy erken dit is nie té vergesog om te dink dat hy die eerbewys ontvang het op die rug van sy oupa, en veral sy pa, se sukses nie. “Ek moes my eie bydrae en waardetoevoeging tot Doornkraal in oënskou gaan neem.

Dit was ’n moeilike, maar goeie oefening, want deur dié selfbesinning kon ek sien dat ek nie gesit en niks gedoen het nie. Daar ís waardetoegevoeg onder my leierskap, al is dit nog kort.

“Ek sou egter nie vandag naastenby suksesvol kon wees sonder die ondersteuning en leiding van my pa, die toewyding van die span bestuurders op die plaas, en my vrou nie.”

Doornkraal Agri se hoofpaklyn. Dit gaan een van die dae gedupliseer word om die by­komende 30 000 grootmaathouers wat die pakhuis in 2022 moet behartig, te sorteer en verpak.
Mnr. Alexander Gibson meen ’n kultuur in jou boerdery bepaal die mate van sukses wat jy gaan behaal.

Eerlike, harde werk

Net meer as 70 jaar gelede, net ná die Tweede Wêreldoorlog, het die seun van ’n Britse offisier – Alexander se oupa, mnr. Howard Gibson – ’n viswinkel op Ceres gekoop. Dit het binne enkele jare baie goed gegaan.

Die eerste familieplaas, Parys, is in 1952 gekoop en ’n paar jaar later het Doornkraal gevolg. Doornkraal is in 1990 aan mnr. George Gibson, Alexander se pa en die jongste van Howard se drie seuns, toevertrou toe die drie seuns besluit het om almal op hul eie te boer.

In daardie stadium was daar ongeveer 80 hektaar relatief onproduktiewe, verouderde vrugtebome op die plaas. “My pa en sy broers het by my oupa geleer van eerlike, harde werk.

In 1990 het my pa besluit sy doelwit in die lewe is om vrugtebome te plant en groot te maak.” Teen 1996 was baie van die aanvanklike boorde vervang en die aanplantings is uitgebrei tot sowat 150 hektaar.

Alexander sê sy pa het besef dat hy sy produk vir so lank moontlik in sy eie hande moet hou, veral deur die pakproses, om wins te verhoog. Hy het in 1996 sy eie pakhuis en koelkamers op die plaas opgerig.

Alle nuwe aanplantings is onder nette en teen ‘n ultrahoë stand. Die spasië­ring van bome wat vanjaar aangeplant word, is 1,25 m x 3,5 m. Volgende jaar sal dit teen 0,8 m x 3 m aan- geplant word. “Ons boet 10-20% opbrengs in, maar die somme klop danksy beter gehalte en minder arbeid. Die verhoogde vestigingskoste kan in die eerste ses jaar gedelg word as jy 300 ton in daardie tyd oes. Ons gaan volgende jaar 30 t/ha van ’n tweedeblad- Big Bucks Gala-boord op M9-onderstamme teen ’n spasiëring van 1,25 m x 3,5 m oes. Die somme gaan klop.”
Hoewel Doornkraal daarop gerig is om uitvoervrugte te verbou, word tot 35% van sy vrugte plaaslik bemark onder die Doornkraal Agri-handelsmerk. Uitvoervrugte word onder die Good Hope Fruit-handelsmerk uitgevoer, wat ’n handelsmerk is wat deur ’n konsortium sagtevrugte- en sitrusboere in die Wes-Kaap besit word.
Braeburn-appels is nie ’n gewilde kultivar nie omdat dit geneig is om lentisel-verval en bitterpit te kry. Dit is die soort probleem waarvan Gibson hou. “Ons wil die beste kultivars uitstekend produseer. Daar waar ander sukkel, moet ons oplossings kan vind.”

Ses jaar lange vuurdoop

In Desember 2009 het Alexander by sy pa aangesluit en hulle het aanhou uitbrei. In 2013 is ’n nuwe paklyn gebou om nuwe pakvermoë vir produksie-uitbreidings te skep.

Dit het die produktiewe boorde onder die Doornkraal Agri-vaandel op net meer as 600 ha appels, pere, nektariens en pruime te staan gebring. Alexander se vuurdoop op die plaas het egter in November 2012 gebeur toe boerderye in die Wes-Kaap tot stilstand geruk is deur gewelddadige protesoptrede.

Die uiteinde van daardie protesaksie was dat die minimum loon bykans verdubbel het van net meer as R60 per dag tot R105 per dag. Daarbenewens het hulle ’n nuwe plaas, Visgat, in Desember 2012 gekoop.

In November 2013 is ’n nuwe paklyn teen etlike miljoene rande geïnstalleer. Ná die moeilike 2012-’13-seisoen het die 2013-’14-seisoen goed gegaan.

Toe, op 15 November 2013, toe die vrugte al mooi groot aan die bome gehang het, het ’n haelstorm deur die Witzenbergvallei getrek wat 95% van hul oes verwoes het. Daarna was 2014 tot 2017 een van die ergste droogtetydperke in die vallei in 50 jaar.

Dit was só moeilik dat die Gibsons in 2016 vir die eerste keer sedert 1990 nie nuwe vrugtebome in die winter aangeplant het nie. Ná 2019 se oes kon hulle uiteindelik die haelskade van 2013 oorkom en vorentoe kyk.

In daardie ses jaar, met die groot uitgawes van ’n nuwe plaas en ’n nuwe paklyn, die duurder arbeid, die droogte en die haelskade wat ’n ongunstige uitwerking op produksie gehad het, het Alexander buiten die tegniese, praktiese sakelesse ’n waardevolle boerderyles by sy pa geleer: “Alles kom nie vanself nie, en voorspoed is nie ’n gegewe nie”.

“Die grootste bate wat my pa my in hierdie tyd gegee het, was geduld, nederigheid en geloof. Hy het nooit getwyfel nie, aangehou om planne te maak en die besteding en syfers haarfyn dopgehou.”

Net soos ’n kapitaalbelegging wat op lang termyn moet dividende toon, was dit die langtermyndoelwit met die belegging in ’n sterk, betroubare karakter, binne én buite die boerdery, wat vir Alexander die deurslag was in dié toets.

“Dit is ons doelwit om uitvoervrugte van uitnemende gehalte volhoubaar te verbou. Ek meen die enigste manier om hierdie doelwit jaar ná jaar te bereik, is om uitnemendheid ’n kultuur op die plaas te maak.”

Doornkraal het tans 12 bestuurders in diens en teen 2022 sal hy 17 hê. Daar is 250 heeltydse werknemers en meer as 1 000 tydelike werknemers tydens oestyd.

“As die leier van Doornkraal is die skep van ’n kultuur waartoe al dié werknemers verbind is, my plig. Ek moet dit regkry sonder om die bestuurders se inisiatief en passie vir hul werk uit te doof.

Daar is dus streng dissipline waaraan gehoor gegee moet word, maar ook ’n mate van onafhanklikheid vir die bestuurders. In hierdie proses het geduld en geloof die deurslag gegee, want alles gaan nie altyd reg loop nie.”

Tegnologie help met winsgewende besluite

Buiten die vestiging van ’n kultuur van uitnemendheid, is Alexander nie bang om hulpbronne in te span om besluitneming op die plaas akkurater en flink te laat geskied nie.

“Een van die produktiefste bydraes wat ek gemaak het, was om meer tegnologie in te span. Ek is dol oor tegnologie en het heelwat programmatuur gekry wat intydse besluitneming op die plaas doeltreffender maak.

Die QlikView-programmatuur, wat toegerus is met ’n selfoon-instrumentbladsy, kan vir my met die druk van ’n knoppie enige oes- en verpakkingsinligting intyds verskaf.

“Ek kan dus sien watter blokke tans geoes word, watter span hoeveel kratte geoes het, hoeveel kartonhouers van watter grootte en graad vandag gepak is, watter voorraad gepak is, watter ongepakte vrugte hier staan, en nog vele meer inligting.

“In oestyd, byvoorbeeld, kan ek die gehalte van enige blok wat tans geoes word, op my selfoon sien. Ek kan dan op daardie oomblik besluit watter vrugte vir watter mark gepak moet word.

Indien ’n sekere blok se vrugte effe kleiner is, maar baie goed verkleur het, kan ek tydens oes reeds ’n toewysingsbesluit neem. Dit bespaar baie tyd in die koelkamers en paklyne en dit verseker dat ons gehaltebestuur al in die boord begin.

Ons klante is dus meer tevrede, ons administrasie in die pakhuis is minder en pakkoste word verlaag omdat die regte toewysingsbesluite geneem is die dag toe die vrugte gepluk is. Dit is maar een voorbeeld van waar tegnologie die efficiencies verbeter, soos die Engelsman sê.”

Intelligensie uit data is die toekoms

Sy volgende stap is om die begrotings en finansiële syfers met die inligting wat QlikView uit die data ontwikkel, te verbind. “Ons data word reeds per blok opgeneem.

Ons oes per blok, in die pakhuis verwerk en pak ons per blok en daardie houers op die palette kry ’n verwysing na die spesifieke blok. Ons kan dus enige appel in Europa se gehalte en verdienste terugspeur na die blok waar dit geoes is.

Die toediening van insette in die produksieproses word ook haarfyn per blok aangeteken om aan uitvoerstandaarde te voldoen. Ons het dus al die data, dit moet net verwerk word. Dan sal ons intyds die winsgewendheid van alle blokke kan sien.

“Dit is waarheen ons mik, want dit sal produksie- en vervangingsbesluitneming beïnvloed en die doeltreffendheid om produksiemiddele toe te dien, verhoog deur te verseker ons verwyder die nie-winsgewende boorde.

Ons kan tans dié inligting bekom, maar dit verg baie tyd. Ons klem is dus nou daarop om die begroting en finansiële state in die QlikView-programmatuur te verwerk.

“Ek glo tegnologie bestaan om my prosesse op die plaas te vergemaklik en akkurater te maak. Ek kry tien keer meer uitgerig met my tyd as ek tegnologie ordentlik aanwend. “Ek dink nie pres. Cyril Ramaphosa is die enigste ou wat verlore gaan rondkyk as sy iPad wegraak nie.”

Die waarde van mededinging

Mnr. Alexander Gibson wou aanvanklik nie vir die jongboerkompetisie inskryf nie. “Dit is nie regtig die soort ding wat ons familie doen nie. Ek sal egter die kompetisie vir enige jong boer aanbeveel.

Die beoordelaars het my met die intrapslag gevra wat ek tafel toe bring, want ek het in 2009 hier aangekom en die tafel was reeds vir my gedek. Dit is die waarheid, en al was die vraag moeilik, was dit baie waardevol.”

Dit het hom gedwing om self te oordeel watter waarde hy tot die boerdery toevoeg. Hy het besef dat hy besig is om ’n kultuur te skep sodat sekere doelwitte in die boerdery bereik kan word, asook om hulpbronne in te bring sodat daardie kultuur kan floreer.

“Om terug te kyk oor die afgelope bykans 12 jaar en te sien hoe ons gevorder het, gee my gerusstelling dat die momentum ons in die regte rigting stuur.”

Die terugkaatsingproses het hom ’n oomblik laat stilsit om die boerdery, sy invloed daarop, asook die doeltreffendheid van sy besluite te beoordeel.

Volgens hom sou hy dit nie gedoen het as dit nie vir die kompetisie was nie. Sy vrou, Lindi, het hom oortuig om uit sy gemaksone te tree en in te skryf. “Ek is nou baie dankbaar sy het.”

Mnr. Alexander Gibson, saam met sy vrou, Lindi, en hul twee kinders, Alexia (3) en Alaiyah (1). Foto: Anel Nortier
Doornkraal Agri is ’n derdegeslag-vrugteboerdery van die Gibson-­familie in die vrugbare Witzenbergvallei buite Ceres in die Wes-Kaap. Foto: verskaf

LBW vra . . .

Mnr. Alexander Gibson

Wat is die beste boerderybesluit wat jy al geneem het?

Om werknemers op die plaas meer verantwoordelikheid en onafhanklikheid te gee om hulle te kan uitleef in wat hulle doen.

Die beste raad wat jy ooit gekry het?

Wees altyd bereid om by ander te leer. Moenie dink jy weet altyd die beste nie.

Wat is jou grootste probleem tans?

Die onvoorspelbare klimaatstoestande wat beplanning aansienlik bemoeilik.

Wat is die grootste geleenthede?

Voedselvoorsiening en werkskepping. Boere kan hierdie probleme in ’n groot mate oplos indien die regering hulle bystaan en bemagtig om dit te doen.

Wie is jou mentor en wat het jy by hom geleer?

My pa. Ek het alles wat ek vandag van boerdery weet by hom geleer. Dit sluit geduld en nederigheid in

Watter tegnologie gaan in die volgende tien jaar die grootste verandering in jou boerdery bring?

Die tegnologie wat vir my die noukeurigste inligting intyds kan verskaf, en wat my in staat stel om goeie besluite te neem.

Watter lesse het covid-19 jou geleer?

Die wêreld kan in ’n oogwink verander, maar voedselvoorsiening is noodsaaklik. As boere is ons regstreeks daarby betrokke.

Dit was goed om te sien dat boere as ’n noodsaaklike diens gesien word. Soms vergeet mense van ons, maar hierdie pandemie het vir almal gewys wat ’n belangrike rol boere in die wêreld speel.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.05
-0.5%
Rand - Pond
19.35
+0.2%
Rand - Euro
17.42
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.73
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,643.25
-0.0%
Silwer
18.86
-0.0%
Palladium
2,068.43
-0.2%
Platinum
864.11
+0.7%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,290
+0.3%
Alle aandele
63,626
+0.3%
Hulpbronne 10
56,215
-0.2%
Industriële 25
79,529
+1.4%
Finansiële 15
13,982
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons sien
Ek lewe vir die buitelewe en die bos. Ek hou van jag, visvang, herlaai en skiet. My uitkyk op die lewe is om altyd eerlik te wees. Ek geniet intelligente geselskap.
Ek wil weer in liefde glo
Ek is energiek, spontaan, lewenslustig, positiewe uitkyk op die lewe. Hou van buite lewe. Ek is ñ mense mens en is gek oor diere. Ek is saf van geaardheid maar baie ferm in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot