AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Wie maak die meeste geld met wyn?

Kultivars wat die hoogste inkomste per ton lewer, verdien nie noodwendig die hoogste opbrengs per hektaar nie.

Rooiwyndruiwe het in 2003 dubbel die inkomste per ton as witwyndruiwe gelewer. Die hoogste prys vir 'n wit kultivar vergelyk met die laagste vir rooi kultivars. Kultivars wat die hoogste inkomste per ton lewer, verdien nie noodwendig die hoogste opbrengs per hektaar nie.

Wynkelders in die Wes-Kaap is die winsgewendste van almal in die land, terwyl die Worcester-streek se boere die meeste per hektaar verdien, sê mnr. Frans Weilbach, spesialisvennoot in die wynbedryf van die firma PricewaterhouseCoopers.

Dié firma het pas 'n prestasiemetingsopname vir produsentekelders in die Suid-Afrikaanse wynbedryf vrygestel - die eerste in sy soort wat produsentekelders omvattend ontleed het.

Die opname dek die 2003-wyndruifoes vir produsente-kelders, wat tradisioneel druiwe van sekere groepe produsente tot wyn verwerk en bemark. Landgoedere en private kelders is tans nog nie betrek nie.

Uit 58 produsente-kelders in die land het 54 uit al die druiwe-produserende streke deelgeneem - 'n deelname van meer as 90 %. Druiwe wat deur dié kelders gepars is, verteenwoordig meer as 75 % van alle wyndruiwe wat in 2003 gepars is.

Weilbach sê van 2003 se bevindinge is dat die kelders in die Wes-Kaap die winsgewendste is, en hoewel hulle gemiddeld die hoogste prys per ton druiwe betaal, verdien boere in die Worcesterstreek gemiddeld die meeste per hektaar.

Groot hoeveelhede plaas verkooppryse onder druk en dit is makliker vir 'n kleiner kelder om 'n betreklik kleiner oes teen hoër pryse te bemark. Dit is belangrik as in ag geneem word dat sedert die 2002-oesjaar 'n styging van 74 % in die voorraadvlakke van produsente-kelders voorkom.

'n Prestasiemetingopname vir wynlandgoedere en private kelders word ook in 2005 vrygestel.

Van die 940 000 ton wat in 2003 deur die 54 kelders gepars is, is 7,1 miljoen hektoliter wyn gemaak. Vyftien ton druiwe per hektaar is van 63 000 ha wingerd geoes, en die gemiddelde opbrengs per ton was 759 liter.

Die kultivarsamestelling van die 2003-oes toon dat produsentekelders gemiddeld steeds meer wit as rooi druiwe pars, maar dit is besig om te verander. Sedert 2000 het rooiwyndruiwe feitlik verdubbel in verhouding tot die totale tonnemaat wyndruiwe wat gepars is.

Die rede is 'n toename in die vraag na rooiwyn en die gepaardgaande styging in pryse. Aan die einde van die 1990's is heelwat witwynkultivars met rooiwynkultivars vervang.

Hoewel rooiwynproduksie styg, dui die jongste plantneigings van bykans ewe veel rooi- en witwyndruiwe daarop dat produksie sal egaliseer.

Die plaaslike wynbedryf fokus ál meer op edelkultivars. Cabernet Sauvignon loop voor, met Shiraz die rooi kultivar wat die vinnigste toeneem. Hoewel Cabernet Sauvignon by produsentekelders die grootste oppervlakte onder rooiwyndruiwe beslaan, lewer dit 'n laer opbrengs per hektaar, en is dit derde op die lys van ton gepars naas Pinotage en Shiraz. By wit kultivars is Chenin blanc die algemeenste in die plaaslike wynbedryf.

Markaanvraag stimuleer groter aanplantings van edelkultivars. Daarmee saam verhoog verbeterde verwerkings- en wingerdboukundige tegnieke die gehalte van die hele wynpoel, en die deel van die wynpoel wat tot goeie wyn verwerk kan word, groei.

Sowat 70 % van die oes word tot goeie wyn verwerk, wat bykans verdubbel het in die afgelope dekade.

Produsentekelders verwerk gemiddeld 17 333 ton druiwe tot 131 590 hektoliter wyn, wat op 'n verhaling neerkom van 759 liter/ton. Wit kultivars maak 721 liter/ton, en rooi kultivars 768 liter/ton daarvan uit. Hoewel rooiwyndruiwe 19,4 % van die totale tonnemaat wyndruiwe gepars verteenwoordig, maak dit uiteindelik net 18,4 % van die totale opbrengs uit omdat dit 'n laer literverhaling per ton lewer.

Die meeste produsentekelders bemark hul wyn in groot maat. Die bedryf voer algeheel 'n derde van sy drinkwyn uit, waarvan 71 % in verpakte formaat. Omdat produsentekelders net 16,7 % van hul wyn verpak, is hul aandeel in uitvoer 30 %.

Edelkultivars verdien die hoogste pryse per ton. Die voorste geldmaker onder rooi kultivars is Cabernet Sauvignon, gevolg deur Merlot en Shiraz. Chardonnay en Sauvignon blanc is die wit kultivars wat die meeste geld maak.

Rooi kultivars behaal deurgaans 'n hoër netto opbrengs per ton as wit kultivars. Die hoogste prys vir 'n wit kultivar is gelyk aan die laagste wat vir rooiwyndruiwe aangebied word. Teen gemiddeld R3 296/ton het rooiwyndruiwe in 2003 steeds meer as dubbel die inkomste per ton as witwyndruiwe verdien, wat teen gemiddeld R1 405/ton verhandel.

Rooiwyndruiwe lewer gemiddeld net sowat 8,6 ton/ha teenoor die gemiddelde 18,1 ton/ha vir wit druiwe. Weens die verskil in verhaling (ton/ha) verdien wit en rooi kultivars uiteindelik baie na aan dieselfde bedrag per hektaar. Dit wys dat kultivars wat die hoogste inkomste per ton lewer, nie noodwendig die hoogste opbrengs per hektaar verdien nie.

'n Korrelasie bestaan skynbaar tussen 'n laer opbrengs per hektaar en kultivars met 'n hoë inkomstepotensiaal, waarskynlik weens gehaltebeheer.

Uit 'n kelderperspektief het 'n ton druiwe in 2003 gemiddeld vir alle produkte 'n bruto opbrengs van R2 371,59 in die mark behaal.

Kelders finansier in die algemeen 'n groot deel van hul totale bates met vreemde kapitaal. Dit is gevind dat die eienaars se bydraes (aandelekapitaal, reserwes en ledefondse) maar sowat 22 % van die totale finansieringsbehoefte beloop. As aanvaar word dat die algemene bedryfsnorme vir 'n gesonde bedryfskapitaal- en vuurproefverhouding van 2:1 en 1:1 ook op die wynbedryf van toepassing is, vaar produsentekelders swakkerig.

Kelders toon 'n bedryfskapitaalverhouding van net 1,16:1. As die groot voorraadkomponent buite rekening gelaat word, staan die vuurproefverhouding op net 0,40:1.

Die ondersoek is streekgewys gedoen, asook opgedeel in produsentekelders wat minder as 10 000 ton, 10 000 ton tot 25 000 ton, en meer as 25 000 ton druiwe verwerk. Die netto opbrengs van die verskillende soorte wyndruiwe word in die tabel hiernaas aangetoon.

Klein-Karoo

Die sewe produsentekelders se gesamentlike 2 793 produserende hektare lewer gemiddeld 13,8 ton/ha. Die 38 637 ton druiwe wat verwerk word, beloop 4,1 % van die produsentebedryf se totale produksie in ton. Hiervan maak wit kultivars 89 % uit. Die gemiddelde verhaling per ton beloop 770 liter en die kelders produseer saam net minder as 30 miljoen liter wyn.

Met 'n eiekapitaalverhouding van net 18 % is dit die streek wat die meeste eksterne finansiering gebruik.


Noordelike gebiede

Dit is die Oranjeriviergebied, dele van die Vrystaat, en die Olifantsriviergebied. Sowat 'n kwart van alle wingerd in Suid-Afrika is in dié streek, insluitend sowat 14 900 ha van die sewe deelnemende kelders. Dit maak 24 % van die produsentebedryf uit. Die gemiddelde verhaling van 22,6 ton/ha is die hoogste in die wynbedryf, wat maak dat 36 % van die bedryf se totale produksie uit dié streek kom.

Die noordelike kelders het in 2003 sowat 336 000 ton druiwe gepars en verwerk teen 'n verhaling van 773 liter/ton tot 2,6 miljoen hektoliter, wat meer as 'n half miljoen hektoliter meer is as die naashoogste streek.

Die kelders pars die meeste druiwe per kelder met gemiddeld meer as 48 000 ton elk.

'n Vyfde van alle bates in dié streek word deur die keldereienaars self gefinansier en die res deur drie vyfdes bedryfslaste en een vyfde langtermynverpligtinge.

Die eiekapitaalverhouding van 23 % is die naashoogste onder die vyf streke, en net die Wes-Kaap het met 25 % 'n beter verhouding.


Wes-Kaap

In dié oudste wynstreek word 22 700 ha deur 13 produsentekelders verwerk. Lae verhalings is 'n kenmerk en gemiddeld word net 7,24 ton/ha geoes om 'n totaal van 165 000 ton te lewer. Die meer as 1,1 miljoen hekoliter gepars, gee 'n gemiddelde verhaling van 689 liter/ton - die laagste van die vyf streke. In totaal dra die Wes-Kaap sowat 16 % tot die kelders se totale produksie by.

Produsentekelders in dié streek se totale bates van R700 miljoen word sowat 25 % deur langtermynverpligtinge, 50 % deur korttermynverpligtinge en die res deur eie geld gefinansier.


Worcester

Sewentien produsentekelders is in dié streek. Sowat 270 000 ton druiwe is in 2003 gepars van wingerde wat sowat 22 % van die totale produserende hektare verteenwoordig. Teen 'n gemiddelde verhaling van 780 liter/ton - die hoogste in die hele wynbedryf - is 2,1 miljoen hektoliter wyn gemaak. Die streek is verantwoordelik vir sowat 30 % van die totale produsentekelderbedryf se wynproduksie. Vreemde kapitaal finansier 81 % van die totale bates.


Kleiner kelders

Die 23 kelders wat in 2003 minder as 10 000 ton gehanteer het, verteenwoordig 43 % van die totaal. Die kleiner volume druiwe wat per kelder gehanteer word, veroorsaak dat hulle net 16 % van die bedryf se druiwe verwerk. Hul 15 340 ha verteenwoordig 24 % van die totale bedryf.

Sowat 152 000 ton druiwe is deur dié groep gepars waarvan 1 170 000 hektoliter wyn gemaak is. Die gemiddelde verhaling van 771 liter/ton is heelwat hoër as die middelgrootte kelders se gemiddelde, en effens laer as die groot kelders s'n. Dié groep se gemiddelde verhaling van 9,9 ton/ha is die laagste van die drie groeperings en 5 ton/ha minder as die bedryfsgemiddelde.

Keldereienaars in dié groep finansier 23 % van hul ondernemings.


Middelgrootte kelders

Dié groep, wat 10 000 ton tot 25 000 ton druiwe verwerk, bestaan uit 25 kelders en pars 46 % van die totale oes. Meer as 50 % van die 62 670 ha onder druiwe gaan aan kelders in dié groepering. Die 33 000 ha lewer teen 'n gemiddelde verhaling van 12,41 ton/ha, meer as 407 000 ton druiwe. Meer as drie miljoen hektoliter word saam geproduseer teen 'n verhaling van 739 liter/ton.

Sowat 50 % van die kelders hanteer 10 000 ton tot 15 000 ton, 30 % van 15 000 ton tot 20 000 ton, en 20 % van 20 000 ton tot 25 000 ton. Die gemiddelde is 16 300 ton/kelder. Eienaars finansier 22 % van die totale bates.


Groot kelders

Die 11 % van die produsentekelders wat meer as 25 000 ton pars, produseer net meer as 40 % van die totale bedryf se produksie. Kelders in dié groep pars gemiddeld 62 883 ton druiwe, 10 keer soveel as die gemiddelde van die klein groep. Hoewel produserende hektare in dié groep net 23 % van die totaal is, verwerk hulle 380 000 ton teen 'n gemiddelde verhaling van 26 ton/ha. Die gemiddelde literverhaling is 776 liter/ton.

In die algemeen rapporteer die groter kelders 'n laer koste per ton. Net minder as een vyfde van alle bates word deur aandeelhouers gefinansier. Dit is die enigste groep waar reserwes nie die hoofbron van eie kapitaal uitmaak nie.

10 Desember 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.22
+1.9%
Rand - Pond
21.09
+1.2%
Rand - Euro
18.13
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.72
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+1.7%
Goud
1,795.50
-0.2%
Silwer
23.03
-0.6%
Palladium
1,912.00
+0.6%
Platinum
1,023.00
+0.3%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,190
+1.4%
Alle aandele
75,376
+1.4%
Hulpbronne 10
75,167
+1.6%
Industriële 25
92,274
+0.7%
Finansiële 15
15,860
+3.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Fantastiese reisende kok wil jou lewe bietjie geur...
Opregte, eerlike, liefdevolle advontuurlustige siel, wat hou van die natuurlewe, kosmaak, visvang en die buitelewe. Romantiese aande om te dans saam iemand wat my siel en hart...
Altyd sonnig en vol pret
Altyd sonnig en vrolik. Intelligent met n groot sin vir humor. Groot hart. Jy sal altyd glimlag of lag met my in die omtrek
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot