AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Wieta vir sterker wynbedryf

Wynboere het onlangs sterk kapsie gemaak teen veral vakbondleiers wat dien in die raad van Wieta, die organisasie wat etiese handel in die wynbedryf bevorder.

Hou die vakbondleiers wel ’n bedreiging in of is hul teenwoordigheid eintlik in belang van die bedryf? Van die belanghebbendes praat reguit.

Ongunstige publisiteit en vraagtekens oor die verteenwoordigers in die raad van Wieta skrik nie wynboere af om die organisasie te ondersteun nie. Volgens me. Linda Lipparoni, die organisasie se uitvoerende hoof, groei lidmaatskap tans so sterk dat Wieta in die laaste maand nóg 20 onafhanklike diensverskaffers moes laat oplei om plase te oudit. Voorheen was vyf genoeg.

“In die verlede het ons ’n paar aansoeke per maand gekry, maar nou word ons amper elke maand met honderd oorval. Lidmaatskap het oor die afgelope jaar van 150 tot 544 gegroei en daar is tans 88 wynhandelsmerke wat met die Wieta-seëls mark toe is.”

Veranderinge aangebring
VinPro het wel verlede jaar ’n moratorium geplaas op sy betrokkenheid by die kode, maar dis intussen opgehef nadat sekere veranderinge aangebring is.

Een van die redes hoekom sekere wynprodusente vir Wieta lig loop, is vanweë die verteenwoordiging van vakbonde en nie-regeringsorganisasies (NRO) in  die raad van die vereniging. In koerantberigte is spesifiek verwys na mnr. Nosey Pieterse, wat ’n groot rol gespeel het in die arbeidstaking wat in November verlede jaar die WesKaap geruk het.

Mnr. Rico Basson, uitvoerende hoof van VinPro, meen egter hierdie vrese is oordrewe aangesien die bestuur goeie verteenwoordiging van produsente  het. Bestuurslede is ook nie by magte om kodes te verander nie en het nie toegang tot die private inligting van lede nie.

Hy wys daarop dat die Wieta-kode ’n tegniese komitee het wat deurlopend kyk na die verfyning van die kode. Die finale goedkeuring word by wyse van konsensus by die Wieta-raad verkry. Die raad bestaan uit ’n 50/50 verdeling van arbeid en die wynprodusente. Die wynprodusente word verteenwoordig deur twee verteenwoordigers van VinPro, ’n primêre produsent, Salba (die drankhandelsmerkvereniging) en Wosa (generiese wynbemarkingsliggaam).

Die werkers word verteenwoordig deur Centre for Rural and Legal Studies en Women on Farms (twee NRO’s), asook die vakbonde Bawusa (Bawsi Agricultural Workers’ Union of South Africa) en Fawu (Food and Allied Workers’ Union).

“Ons was ongelukkig omdat ons gemeen het produsente word nie goed genoeg verteenwoordig nie omdat daar nie ’n gedragskode vir raadslede en hul organisasies was nie. Verder omdat die Wieta-kode nie heeltemal in ooreenstemming met Suid-Afrikaanse wetgewing was nie – van die vereistes was hoër as wat die wet spesifiseer.

“In reaksie is die kode in ooreenstemming met arbeidswetgewing gebring en word nou ook krediet gegee vir sosiale bydraes van boere, soos bewaarskool en gesondheidsgeriewe. Die raad se produsentekant is ook aangepas om meer verteenwoordigend te wees en ’n gedragskode is in Mei opgestel wat op 25 Junie deur alle raadslede onderteken is.

“As ’n raadslid of sy instansie nou ’n kode oortree, soos om aan ’n onwettige staking deel te neem of die bedryf se naam beswadder, sal daar teen daardie individu opgetree word,” verduidelik Basson. Lipparoni voeg by dat Wieta alle belanghebbendes aanmoedig om geskille binne hul geledere te probeer oplos voor hulle na die media hardloop.

“Wieta kan nie as ’n bemiddelaar optree nie, maar ons kan mense na ander alternatiewe bemiddelingsprosesse verwys om by probleme in te tree.”

Basson meen ook dat die teenwoordigheid van vakbonde en NRO’s op die Wietaraad eerder as ’n sterk punt pleks van ’n swak punt gesien word: “Die kode sou nie geloofwaardig wees as dit net uit produsenteverteenwoordigers bestaan het en daar geen verteenwoordiging van die werkers was nie.”

Ander voordele
Basson en Lipparoni is opgewonde oor die potensiële impak wat Wieta op die wynbedryf kan maak. Volgens Lipparoni kan dit as ’n gedugte teen-argument vir ongunstige publisiteit dien. “Hoe meerwynprodusente aan Wieta behoort, hoe beter.

Wanneer NRO’s of soortgelyke instansies in die toekoms ongegronde aantygings teen die bedryf maak, sal ons met syfers kan staaf dat die meerderheid boere wel aan arbeidsvereistes voldoen. Op die oomblik is dit egter nie moontlik nie, want ons het nie genoeg lede nie.”

Sy voeg by dat Wieta ook ’n proses volg om alle aantygings oor moontlike wetsoortredings onafhanklik op te volg en waar nodig regstellende optrede op plase aanbring.

Omtot Wieta te behoort is aansienlik goedkoper as om tot van die internasionale kodes te behoort. Dit bied kleiner produsente ook die geleentheid omdaaraan te kan deelneem. Wieta-lidmaatskap is R500 per jaar en die ouditkoste is tussen R4 000 en R8 500 na gelang van die grootte van ’n plaas. Die plase word een keer in drie jaar ge-oudit. Vinpro het ook aangedui dat hy bereid is om produsente met R2 500 te subsidieer om oudits te doen.

Een kode?
Wat Wieta verder anders as al die ander internasionale kodes maak, is dat dit op Suid-Afrikaanse omstandighede gegrond is en steeds internasionale erkenning geniet. Dit is in ooreenstemming met die Ethical Trade Initiative (www.ethicaltrade.org) se standaarde waarby die meeste van die groot supermarkgroepe, soos Tesco en Marks & Spencer, geaffilieer is. Dit geniet ook die ondersteuning van dieWes-Kaapse departement van landbou wat onlangs R1 miljoen vir die proses bewillig het.

Volgens Basson affilieer Wieta tans by die gelykwaardigheidsproses van die Global Social Compliance Programme (GSCP), ’n organisasie wat etiese vereistes wil versoen en die duplisering van oudits voorkom.

“Hierdie program sal Wieta ’n internasionale gradering gee, sodat die standaarde met ander internasionale kodes vergelyk kan word. Die etiese programvan die vrugtebedryf, Siza (Sustainability Initiative of South Africa), het onlangs ’n goeie gradering by die GSCP gekry.”

Verder is Wieta en Siza besig om te onderhandel sodat boere wat met vrugte en wyn boer, net vir die oudit van een kode hoef te betaal, vertel Basson. “Die idee is dat boere wat reeds aan die vereistes van een van die kodes voldoen, net ’n geringe bydrae tot lidmaatskap aan die ander een sal hoef te betaal.”

Basson meen dit is jammerdat daar soveel bohaai oor die samestelling van die raad vanWieta gemaak word, terwyl die fokus eerder op die gunstige impak van Wieta as inisiatief moet wees. Vir hom is Wieta ’n wonderlike storie van hoe die wynbedryf besig is om huis skoon te maak.

Wat sê hulle?
Mnr. Nosey Pieterse van die vakbond Bawusa (Bawsi Agricultural Workers Union of South Africa) wat ook in Wieta se raad dien: Ek vind dat vakbonde sowel as boere optimisties is oor Wieta. As jy deel is, beteken dit dat jy aan die minimum vereistes van die sektorale vasstellings voldoen.

Boere moenie die vakbonde se deelname aan Wieta as ’n bedreiging sien nie. Ons moet eerder as vennote vir verandering gesien word. Ek het onlangs met ’n lid van Wieta oor werkerskwessies onderhandel. Ek is vriendelik op die plaas ontvang en ons is in ’n goeie gees uitmekaar, maar die onderhandelinge was moeilik. Wieta help dus om baie van die konflik uit onderhandelinge te haal.

Mnr. Johan de Wet, voorsitter van die Du Toitskloof-kelder: Die mense wat op die Wieta-paneel sit, is nie verteenwoordigend genoeg van produsente nie – die meeste van hulle het geen finansiële belegging in die wynbedryf gemaak nie, hulle dra geen boerdery- of bedryfsrisiko’s nie en lewer geen finansiële bydrae tot die bedryf nie. Verder is daar mense op die paneel wat vir die produsente etiese kodes voorskryf, maar self oneties optree deur stakings aan te vuur, die bedryf in die media swart te smeer en werksgeleenthede tot niet te maak.

Du Toitskloof-wynkelder, met al 22 sy produsente, behoort reeds die afgelope nege jaar tot Fairtrade (’n stelsel wat goeie standaarde waarborg). Ons Fairhills-projek is tans die grootste Fairtrade-projek ter wêreld en bevoordeel meer as 850 mense. Dit kos ons ’n hoop geld per jaar om daartoe te behoort, maar ons onderskryf eerder internasionale akkreditasie en etiese kode as Wieta waar mense wat nie die welstand van die bedryf op die hart dra nie, op die paneel sit.

Me. Su Birch, uitvoerende hoof van Wosa (Wines of South Africa): Sonder ’n etiese kode is Suid-Afrikaanse uitvoer in gedrang. Wieta is ’n internasionaal aanvaarde kode wat spesifiek ontwerp is vir Suid-Afrika se unieke produksieomstandighede. Verder word dit ondersteun deur vakbonde – dit mag dalk onderhandelinge moeiliker maak, maar dit gee die kode meer geloofwaardigheid.

* Uit Landbouweekblad, 16 Augustus 2013

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.97
-0.7%
Rand - Pond
19.74
-1.6%
Rand - Euro
17.51
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.66
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,658.01
-0.1%
Silwer
18.84
-0.3%
Palladium
2,228.64
+3.6%
Platinum
870.47
+0.5%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
57,188
-0.4%
Alle aandele
63,567
-0.4%
Hulpbronne 10
60,135
+3.9%
Industriële 25
77,110
-1.8%
Finansiële 15
13,770
-2.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
I Just love my life..... What about you....
I am a Lady with strong values in life. What you see is what you get. A plain Jane. Love the outdoor and try to make the best of each day. Elke nuwe dag is net geleen vir ons....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot