AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Wind in blaaie van granate

Die belowende granaatbedryf is nog in sy kinderskoene en die baanbrekers moet alleen skoolgeld betaal. Vir dié boer is windbestuur deel van die antwoord.

Die koms van die Suid-Afrikaanse granaatbedryf is soos 'n nuwe baba begroet: Groot opgewondenheid het geheers oor die nuweling en groter drome is gekoester vir die toekoms. Nou het die jongeling die peuterstadium bereik en die tandekry-probleme

het begin, maar dit plaas nie 'n demper op die toekomsverwagtinge nie.

Die eerste granaat-oes was verlede jaar.

Vanjaar het sowat 16 ton granate van Alternafruit ('n produsenteklub met sy basis in die Paarl) hul weg na winkelrakke gevind. Hiervan het amper 14 ton na Woolworths

gegaan. Vir die Wes-Kaapse mark word die vrugte volgens twee groottes geklassifiseer, naamlik 250 g tot 350 g en 351 g tot 400 g.

Teen 'n plaashekprys van R7 per vrug, oftewel R23/kg (sowat drie tot vier granate) is die kans goed dat dit die lonendste gewas op die mark is. Die tweedegraadse vrugte is aan Geist ('n onderneming wat vrugte opsny en verpak) verkoop teen sowat R20/kg - dit is skaars R2 minder as die verdienste op mooi vrugte.

"Dit sal in die toekoms verander. Tweedegraadse vrugte sal seker so die helfte van die beste vrugte verdien; die prysverskil sal nie so klein wees nie," sê me. Andrea van der Westhuizen van Alternafruit.

Buitelandse potensiaal

Sy sê die potensiaal van die buitelandse mark is aansienlik groter as die plaaslike mark. Sy skat die maatskappy sal in die toekoms tot 80% van die land se granaatproduksie

uitvoer. Mnr. Johan van Niekerk, Alternafruit se besturende direkteur, sê uitvoerproewe het gewys die oorsese markte is bereid om tot R100 vir 'n 4 kg-boksie (of R25/kg) te betaal - en dan is dit nie eens eersteklasvrugte nie.

"Plaaslike supermarkte het nie die vermoë om volumes te skuif nie. Daarom ondersoek ons die potensiaal in Engeland, Europa en Rusland. Op die oomblik sal sowat 40% na Brittanje gaan en dieselfde hoeveelheid na Europa."

Tans het verbruikers nog nie kultivarvoorkeure nie en die prys is dieselfde vir die verskillende kultivars. "Dit gaan tyd kos voor die beter eetgehalte van die Indiese kultivars, soos Kesari en Arakta, ook 'n prysverskil beteken. Die winsgewendheid gaan dus nou bepaal word deur die opbrengs per hektaar wat ons kan uitvoer," sê Van Niekerk.

Die Indiese kultivars word effe vroeër geoes en Israeliese kultivars, soos Wonderful, kom eers later aan die beurt. Die mark het dus albei nodig, want Wonderful kan tot 50 ton/ha meer lewer. Selfs as die winter die laaste derde van die oes vang, sal boere nog geld maak.

Groeipyne

Boere, soos mnr. Johan Everson van die plaas Welgemeend naby Wolseley, ervaar egter nou eerstehands die groeipyne van die bedryf. Granate is al met groot sukses in die Noordelike Halfrond verbou, maar nog nooit op eie bodem nie. Soos met kinders grootmaak, is daar (nog) nie 'n suksesresep nie. Boere moet dus probeer, fouteer en weer probeer om die ideale metode te vind.

"Dit is 'n plant uit die Noordelike Halfrond en hy moet eers gewoond raak aan sy nuwe ekosisteem. Sy kop is nog nie reg nie," sê Everson met die tong in die kies. Mnr. Philip Bothma, tegniese adviseur by Alternafruit, stem saam. Die Israeli's en die Indiërs meen hulle het granaatproduksie vervolmaak, maar nou moet die regte resep vir Suid-Afrika gevind word, sê hy.

Een van die groep se voorrangsake is om die tydperk wat dit duur vir granaatbome om volle produksie te bereik (sowat vier jaar) te verkort. Bothma meen dit kan gedoen word deur die regte kultivars vir bepaalde klimaatsomstandighede en oestye te plant.

Grondvoorbereiding, bemesting en besproeiing moet ook in ag geneem word, terwyl oplei- en snoeistelsels ook 'n rol speel. "Jy kan nie met granate boer as jy nie pale en draad wil insit nie, want dan gaan jy te veel probleme met wind hê."

"Die geheim is windbestuur"

Op Everson se plaas is die suidoostewind 'n doring in die vlees. Nie net belemmer dit groei nie, maar die swaar granate wat aan ligte takkies hang, swaai maklik rond en doen krap- en skaafmerke op. Hy sê kos, water en "wind maal 'n honderd keer" is kritieke faktore vir 'n granaatboer.

Met dié dat die wynbedryf 'n kwaai insinking beleef,was dit vir Everson amper 'n verligting toe hy 'n blok wynwingerd op sy plaas kon uittrek. Nie net wou hy plek maak vir die granate nie, maar die ou pale het ook nuttig te pas gekom vir sy plan om die Kesari-granaatbome (struikagtige plante) volgens 'n wingerdopleistelsel op te lei.

Hy span die eerste draad op 300 mm (waar die drupper-pypie ook vasgemaak word), die tweede op 700 mm, die derde op 1,4 m en die bo-draad op 2 m. "Ons het mos lere en pluksakke en kan só boer. Daar is baie plek daar bo. Ek gaan in elk geval daar gif en alles spuit, hoekom kan ek nie daar bo oes nie? As die wind 'n boom die hele tyd beweeg, groei hy in dikte. As hy stewig gehou word, groei hy in lengte. Dit is waarom my bome so hoog is, want dit word vasgehou en kan dus boontoe groei. Die geheim is windbestuur."

Sy bome is in November twee jaar oud en reik reeds meer as 2 m in die lug. Dit is sowat 3 m x 4,5 m van mekaar geplant. "Die teorie is dat ek 'n plat boom, soos 'n heiningmuur, met goeie belugting wil maak. Dit moet opgroei en bo 'n sambreel maak," verduidelik Everson.

Betaal insetkoste vinnig

Dit sal ook verdigting, wat kompetisie veroorsaak en ook die oes bemoeilik, voorkom. Hy doen baanbrekerswerk met die opleistelsel, wat hy as 'n kruising tussen die opleistelsels vir wingerd en vrugtebome beskou. Hy span ook twee losserige drade langs die bome. Dit word oopgerek of opgetel sodra die boom stewig genoeg is sodat dit op twee vlakke horisontaal kan vertak. Everson erken dit sal die insetkostes die hoogte laat inskiet, maar sê as hy teen R25/kg - R25 000/ton - 'n bykomende ton vrugte kan wen 'n jaar voor volle produksie, is die hele opleistelsel in 'n japtrap afbetaal.

"Hoe vinniger jy jou tonne inkry, hoe vinniger betaal jy jou insetkoste af." Hy meen ook dit is ideaal dat die vrug so ver as moontlik van die loot se punt hang, want dan swaai dit minder rond. "Ek reken ons sal dalk in die toekoms die helfte van die lang lote afsnoei."

Na verwagting sal die granate twee keer per jaar gesnoei moet word - 'n vormsnoei in die winter en 'n somersnoei waar al die dooie lote en ongewenste takke uitgesnoei word. Everson het die granate as bedryfsvertakking gekies omdat dit in 'n gunstige oestyd (ná sy wyndruiwe en Forelle-pere) val.

Die hoë wins was ook 'n trekpleister. "Oorsee oes boere maklik 40 ton/ha. As ons na die slegste moontlike scenario kyk van 'n prys van R10/kg en 'n opbrengs van 10 ton/ha klop dit steeds die meeste vrugte. Dit maak seker tien keer meer as die wyndruiwe in dié stadium."

Soortgelyk aan peerbome

Volgens hom was die vestigingskoste van die eerste 4 ha sowat R50 000/ha (hy voeg by dat hy heelwat gebruikte produksiemiddele, soos die wingerdpale, benut het). As alles na plan verloop, sal hy binne 'n jaar 7 ha onder granate hê.

Everson volg 'n werkwyse wat tot dusver vir hom goed gewerk het: Hy beskou die granaatbome as soortgelyk aan die

peerbome en doen alles dieselfde vir die twee gewasse, maar vir die granate gebeur alles twee maande later.

"Ek probeer so biologies as moontlik boer,maar dit is nie organies op papier nie. Die granaat is soos die peer 'n rooi vrug en moet dus eers kleur kry voordat dit geoes kan word. Ek meen jy gaan die granate op kleur pluk, soos 'n tamatie. Ek kan verkeerd wees, maar dit klop vir my in dié stadium."

Hy het veral probleme met blaaspootjie en 'n kewertjie wat die groeipunte vreet. Voorts sal hy ook spuit vir witluis, dopluis, vrugtevlieg en suptoria (swart kolle). Vanjaar het hy egter net blaaspootjie en die kewers bestry,want hy wou sien hoe die bome in natuurlike omstandighede reageer.

"Gebruik goeie water"

Net soos ander vrugtebome eis granaatbome sy pond vleis aan arbeid, want dit sal altyd met die hand geoes moet word. Een voordeel is dat die vrugte sommer in die boord in boksies verpak word. "Daar is nie 'n vreeslike koueketting nie. Ek meen die vrugte sal tot drie dae kan hou sonder dat jy nodig het om hulle te verkoel. Maar as jy dit begin verkoel, sal jy moet aanhou."

Everson, wat besproeiingstelsels ontwerp en verskaf, sê dit is moeilik om die plante se waterbehoefte uit die vuis te bepaal, want dit hang af van 'n aantal faktore. Tussen 4 000 m³ en 6 000 m³ water per hektaar per jaar is egter 'n goeie aanduiding. Met drupbesproeiing is dit effe minder - sowat 3 500 m³ per hektaar per jaar.

"Jy moet volgens jou wortelsone besproei," is sy raad. "Enige plant presteer beter met goeie water as met water van swakker gehalte. Die enigste gewas waarvan ek weet wat goed in brakwater leef, is beet."

"Nie vol fiemies nie"

In die algemeen is die bome nie vol fiemies - altans sover die produsenteklub se kennis strek - ten opsigte van grond en water nie. Welgemeend het nes die res van die Wolseley-omgewing spoelgrond, maar Everson se granaatbome staan hoofsaaklik in sandleem. Everson is nog nie heeltyds by sy boerdery betrokke nie, maar sien dit as 'n polis wat hy vir sy aftrede gekoop het.

"Ek leef nog nie uit die plaas nie, maar wil 'n lewe daaruit maak as ek so 55 is. Dis wanneer ek wil hê die plaas moet vir my gee, tot dan sal ek vir hom gee."

Met dié filosofie in die agterkop het hy ook die granaatbedryf betree. "Die vooruitsigte is tops, minstens tot in 2015. Maar dan moes ek al genoeg geld uit die gewas gemaak het om die bome te kan uittrek. Ons sal nie maklik kan voorbly as die Noordelike Halfrond se winterverbruik is soos die verbruik in die somer nie."

Landbouweekblad, 18 Julie 2008

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Net een lewe doen dit volheid
Ek soek na Liefde en harmonie, Ek is mal oor reís Lief vir golf speel en gym Om met vriende en Familie sosiaal te wees
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot