Dit het implikasies vir die plaagbekampingsprogramme van Suid-Afrikaanse wingerdkundiges, meen navorsers van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, die Universiteit Stellenbosch (US) en die Landbounavorsingsraad (LNR) wat die studie onderneem het.
Die knopmyt (Colomerus vitis) is ’n wêreldwye wingerdplaag. Die volwasse knopmyte is net 0,1 mm tot 0,2 mm groot en te klein om met die blote oog gesien te word. Hul eiers en larwes is selfs kleiner.
Die hoofnavorser van die studie, dr. Davina Saccaggi, wat gedurende die dekade lange navorsingsprojek by die departement se diagnostiese dienste vir plantgesondheid werksaam was, werk deesdae vir Citrus Research International.