AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Wisselkoers vlieg in wynsalf

Die wynbedryf staan voor groot uitdagings as die rand sterk bly, sê leiers in dié bedryf.

Ten spyte daarvan is daar heelparty opwindende uitdagings en rede tot optimisme.

Die sterk rand plaas Suid-Afrikaanse wynuitvoerders se mededingingsvermoë sterk onder druk, sê dr. Willem Barnard, besturende direkteur van KWV Beperk.

Dit gaan moeilik wees om mededingend te bly indien die rand sterk bly, veral omdat koste aanhoudend styg. "Die wisselkoers is min of meer dieselfde as twee jaar gelede, maar koste het gemiddeld teen 7 % tot 8% per jaar gestyg."

'n Verdere verwagte bedreiging van die sterker rand is dat dit invoer na die Suid-Afrikaanse mark kan verhoog, met groter mededinging op die winkelrakke.

Tog is daar veel rede tot optimisme. Volgens Barnard was die 2003-oes gehaltegewys een van die bestes tot nog tot. "Die opbrengs was goed en ons het genoeg wyn van gehalte gemaak — voordele wat ons in die mark sal ondersteun. As die wisselkoers ons net beweegruimte gee, sal ons ons uitvoerprestasie kan handhaaf."

Hoewel die totale uitvoervolume van Suid-Afrikaanse wyn — hoofsaaklik wyn van hoë gehalte in glas verpak en met kurk verseël — van 1994 tot 2002 van 20 miljoen tot 220 miljoen liter toegeneem het, meen Barnard daar is steeds geleentheid om Suid-Afrikaanse wyn sterker in die buiteland te bevorder.

"In die meeste markte is Suid-Afrika steeds 'n taamlik klein deelnemer met heelwat beweegruimte."

Barnard het ook die soeklig geplaas op 'n enkele interessante neiging in die wynmark.

"Skroefdoppe raak oral al hoe aanvaarbaarder. Dit het 'n kostevoordeel en die risiko van skade aan die inhoud van die bottel is kleiner."

Ook die sogenaamde bokswyn is deesdae gewilder onder verbruikers, veral in Skandinawiese lande, bloot omdat die gehalte van wyn wat só verpak word, baie verbeter het, sê Barnard.

Shiraz, in die styl wat dit in Suid-Afrika gemaak word, vind nuwe aanklank onder internasionale wyndrinkers. 'n Goeie voorbeeld is Laborie se Jean Taillefert-reeks wat teen R200 per bottel vinnig uitverkoop het. Met die bekendstelling van die KWV se nuwe reserwereeks kultivarwyne op die Londense internasionale wyn- en spiritualieë tentoonstelling vroeër vanjaar is die maatskappy ook in 'n goeie posisie om munt te slaan uit die sterker aandrang van die verbruikerspubliek om die spesifieke kultivar te ken wat hulle koop.

Verder heers daar groot opgewondenheid oor die bemarkingsmoontlikhede wat KWV se tien jaar oue brandewyn se onlangse aanwysing as die beste brandewyn in die wêreld inhou.

Vanjaar sal ook die jaar wees dat KWV se maande lange onderhandelinge met swart bemagtigingsgroepe gestalte gaan kry. Barnard voorsien dat 25,1% van die maatskappy-aandele in swart eienaarskap gaan wees.

Die nuwe jaar gaan dissipline verg en uitdagings bring, veral as die rand sterk bly, sê mnr. André Steyn, direkteur van korporatiewe sake by Distell.

"Ons is redelik optimisties dat ons ons volume-doelwitte sal bereik, maar as gevolg van die sterk rand sal ons waardedoelwitte aangepas moet word."

Hoewel dit Distell se benadering is om op oorsese markte op lang termyn handelsmerke te bou en hul produkte in prysklasse te posisioneer waar bevredigende markte moontlik is, kan die sterk rand veral skade doen en oorlewing moeilik maak vir maatskappye wat hul uitvoer op prys gebaseer het.

" 'n Mens sien nog nie tekens van die sterk ekonomiese oplewing wat algemeen in Suid-Afrika verwag word nie, maar dit duur gewoonlik 'n paar maande voordat die uitwerking van lae rentekoerse na die wynbedryf deursypel."

Ten spyte van die verwagte ekonomiese oplewing voorspel hulle dat minder wyn in Suid-Afrika verkoop sal word, maar dat die mark vir premiewyne sterk sal groei."Goeie geleenthede is in Skandinawië, Indië, Amerika en Kanada raakgesien."

Nog 'n Distell-suksesverhaal is die deurbraak wat met Amarula in Amerika gemaak is. Distell het ook heelparty geleenthede in Afrika geïdentifiseer en is besig om in dié markte in te beweeg.

Die volgehoue gewildheid van Suid-Afrikaanse brandewyn het Distell gedwing om planne te maak om in die vraag te voorsien deur plaaslike stookwyn te verkry in plaas daarvan dat dit, soos verlede jaar, nodig was om in te voer.

'n Opwindende projek waarin wingerd gevestig word om druiwe vir uitsluitlik stookwyn te lewer, is langs die Oranjerivier van stapel gestuur.

Hy sê wingerdboupraktyke sal drasties verskil van dié vir natuurlike wyn. "Dit is 'n hoëproduksie-, laekapitaaluitleg-wingerd wat gou 'n kontantvloei sal toon en sowat 500 werksgeleenthede sal verskaf."

Die wingerd is gevestig en 'n oes word reeds in die eerste jaar ná aanplanting verwag.

Bemagtiging gaan in 2004 versnel en 'n groter deel van die wynbedryf word, sê Steyn. "Daar is 'n groeiende besef dat alle hulpbronne gebruik en ontwikkel moet word en daarby vereis die regulatoriese omgewing dit."

9 Januarue 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie
Goeie sin vir himor, baie eerlik, hou van die bosveld dan die see en wil net mens wees. en lewe nie alleen oud word Nie.
Passievolle lewenslustige omgee persoon.
Passievol en lewenslustige. Weet hoe om die lewe te geniet. Die lewe is hopeloos te kort vir drama. Bou die toekoms wat ek vir myself wil he. Baie om te bied aan die regte...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot