AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Wit Zoeloe wys vir boere waar geleenthede lê

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Landbouweekblad
Ter illustrasie. Foto: Landbouweekblad
Hy en sy broer was die enigste wit kinders wat in ’n modderhut gewoon en tussen die Zoeloes van Mzinga grootgeword het. Nou deel GG Alcock sy insig in die swart kopersmark met boere.

Die informele mark vir vars produkte is nie so informeel as wat mens dink nie en allesbehalwe ongeorganiseerd, sê mnr. GG Alcock, bemarkingsadviseur en outeur van die boek Kasinomics.

Hy het op ’n onlangse Aartappels SA-vergadering tydens die Vivo-boerebemarkingsdag vertel hoe ’n jong vrou van Limpopo daagliks 6 000 vetkoeke teen R1 stuk verkoop uit haar kosstalletjie naby Park-stasie in Johannesburg. “Haar wins beloop van R2 500 tot R3 000 per dag en sy verskaf werk aan vyf mense.”

Met nog voorbeelde soos hierdie het Alcock vir boere gesê boere moet besef dat dit hul produkte is wat in hierdie markte verkoop word. “Ons het ’n persepsie van krotbuurte vol werkloosheid en armoede wanneer ons aan die township-ekonomie dink en eintlik is dit geskoei op middelklasgesinne wat in vierslaapkamerhuise met netjiese erwe en heinings woon.”

Neigings in townships

Hy het daarop gewys dat die neiging in townships verskuif het na huise waar vier of minder mense woon – 75% van Suid-Afrika se huishoudings bestaan uit vier mense en dít, sê Alcock, is belangrik, want mense in formele huise bestee nie meer al hul energie en hulpbronne om reën en koue uit te hou nie, hulle het nou geld om op hulself te bestee. “Hulle bestee op luukshede soos skoonheidsprodukte en uiteet.”

Bemarkingskanale

Hy het gesê boere moet daarteen waak om nie die geleenthede vir direkte bemarking in hierdie sektor mis te loop nie. Wat hom betref, is die belangrikste hiervan die informele groothandel. Dit is winkels soos Soweto Cash & Carry waar talle kleiner informele superette of soos hy dit noem, spazarette, hul aankope doen.Hy het gesê hierdie sektor verteenwoordig R160 miljard se kruideniersaankope per jaar, terwyl die formele sektor van bekende kettingwinkels omtrent R350 miljard s’n verteenwoordig. “Terwyl die formele sektor teen omtrent 3% per jaar groei, groei hierdie sektor egter tans teen 9%. Dis hierdie mense met wie julle moet praat.”

Alcock het gesê dit maak nie sin vir ’n boer om elke klein spazaret te nader en direk aan hulle te probeer bemark nie, maar soos wat boerderye direk aan kettinggroepe bemark, kan dit hulle baat om direk met van die informele groothandelaars soos Soweto Cash & Carry te praat. Dié groothandelaar verskaf byvoorbeeld weekliks voorraad aan meer as 2 500 spazarette in Soweto. Daar is ander soortgelyke groothandelaars in alle townships, sê Alcock.

Die tweede belangrike mark vir boere om te verstaan is die informele kitskosmark. Alcock noem dit kasikos. Dit is die vrou wat vetkoeke uit haar kosstalletjie by Park-stasie verkoop of die man van Orlando in Soweto wat elke dag 600 brode en 85 sakkies aartappels koop vir die 2 400 kwartbrode met warm skyfies wat hy as kôtas verkoop. Óf die vrou wat elke week 1 000 hoenders teen R45 stuk aankoop en gaarmaak om dit teen R100 per hoender met skyfies, aartappelslaai of pap te verkoop.

Daar is 50 000 sulke stalletjies sê Alcock en saam verkoop hulle R90 miljard se wegneemetes per jaar. “Mense koop nie by hierdie stalletjies omdat dit goedkoop is nie, maar omdat hulle dit verkies. Daarom is die eienaars van die stalletjies baie gesteld op die gehalte van hul produkte.”

Gesofistikeerde verspreidingsnetwerk

Daar is ook ’n gesofistikeerde verspreidingsnetwerk van bakkiekarweiers wat vars produkte van markte na kopers vervoer. “Hierdie ‘bakkiebrigade’ werk soos Uber. Straatsmouse koop hul produkte op die mark en kry die bakkie-ouens om hul goed te vervoer na hul afsetpunte,” het Alcock gesê en verduidelik dat hierdie karweiers in die meeste gevalle aan ’n tipe assosiasie behoort.

Hy het boere en markagente aangeraai om met assosiasies kontak te maak en ’n verhouding te begin bou. “Dit is belangrik om hierdie mense te leer ken en hul rol in hierdie ekonomiese sektor te verstaan. Dit is ’n hele verspreidingsnetwerk wat klaar bestaan.”

Boere wat die vergadering bygewoon het, meen daar kan beter bemagtiging plaasvind as landbou-organisasies geld op markontwikkeling in hierdie sektor belê en só ruimte skep vir nuwe toetreders pleks daarvan om bloot opkomende boere te finansier. Verteenwoordigers van Aartappels SA het aangedui dat dié organisasie reeds ver gevorderd is in gesprekke met belanghebbendes in die informele sektor en dat boere binnekort die vrugte daarvan sal pluk.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
+0.7%
Rand - Pond
21.05
+1.1%
Rand - Euro
18.15
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,771.82
+0.2%
Silwer
22.19
-0.3%
Palladium
1,856.14
-1.1%
Platinum
991.00
-0.9%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom leer my ken dan besluit jy self
Ek is n introvert maar sodra jy my leer ken maak ek oop. Is n natuurmens wat alles in buite lewe geniet. Eerlikheid is bitter belangrik daar sonder werk niks
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot