AFGRI
BEAN
01 Des
-
9350,4
96,40
CORN
01 Des
-
4553
45,00
SOYA
01 Des
-
10435
134,00
SUNS
01 Des
-
11000,2
-93,80
WEAT
01 Des
-
6875
90,00
WMAZ
01 Des
-
5133
2,00
YMAZ
01 Des
-
4971
-24,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Word 'n Afrika-speler en voed hongeres

Wees versigtig vir 'n onrealisties rooskleurige prentjie van Afrika se koopvermoë.

Boere wat goedkoper vars produkte in lande noord van Suid-Afrika wil produseer waar miljoene mense na bekostigbare voedsel smag, moet versigtig wees vir 'n onrealisties rooskleurige prentjie van Afrika se koopvermoë, waarsku dié varsproduk-uitvoerder.

Moontlikhede bestaan dat vars produkte, soos groente en vrugte, in sekere Afrikalande só goedkoop geproduseer kan word dat dit selfs teen 'n wins na ander Afrikalande en wêrelddele uitgevoer kan word.

Só sê dr. Johan van Deventer, besturende direkteur van die maatskappy Freshmark, wat daagliks vars groente en vrugte lewer aan meer as 400 Shoprite-winkels in Suid-Afrika en ook in 12 Afrikalande. Hy sê voorbeelde van sulke boerderye bestaan reeds in lande, soos Zambië, Kenia en Tanzanië. Hulle is egter relatief klein, gemeet aan wêreldstandaarde — en selfs ook aan Suid-Afrikaanse standaarde.

Werklik kommersiële boerderye in Afrika is gewoonlik ingestel op uitvoer na, byvoorbeeld, die Europese Unie (EU), en verkoop 'n kleiner persentasie plaaslik in die land self. Afrika het genoeg goedkoop arbeid, duisende hektare vrugbare grond wat onbewerk lê, en water van hoë gehalte is in oorvloed beskikbaar. Die klimaat is ook in die algemeen gunstig in baie dele.

Wat egter ontbreek is geordende markte, infrastruktuur, ondersteuningsdienste en kundigheid — iets wat Suid-Afrikaanse boere met hul uitstekende ervaring, kundigheid en bestuursvernuf kan verskaf.

Daar is oral groot informele markte wat vars produkte beskikbaar stel, maar wat dikwels soek na volhoubare voorsiening van plaaslike goedkoper vars produkte om mee handel te dryf. Van Deventer meen dit is nou die tyd vir die plaaslike varsproduktebedryf om in te klim met kommersiële boerderye op groter skaal.

Maar hy waarsku ook dat boere nie onder 'n wanindruk moet kom dat enige groente en vrugte oral in Afrika geproduseer en verkoop kan word nie. Boere moet waak daarteen om 'n verkeerde beeld te vorm van die eiesoortige behoeftes en koopkrag wat op die vasteland bestaan. Afrika het baie honger mense en hulle is oor die algemeen baie arm, wat hul koopkrag beperk tot basiese produkte.

'n Beperkte hoër inkomstegroep bestaan wel vir produkte, soos sampioene, baba-groentes, tafelseldery en eksotiese pampoensoorte. Dit regverdig egter meestal nie grootskaalse boerdery nie — tensy dit op die uitvoermark gerig is. Hy sê die grootste mark vir vars produkte noord van Suid-Afrika se grense is vir basiese produkte, soos kool, aartappels, piesangs, appels, uie, tamaties, boontjies, rissies, sitrus en blaargroentes. Die mark vir eksotiese vars produkte wat ingevoer moet word omdat dit meestal nie in dié lande verbou word nie, veral vrugte, is beperk weens die hoë pryse.

Vars produkte wat van Suid-Afrika na die meeste Afrikalande uitgevoer word, is soms onbekostigbaar vir 'n groot persentasie mense, want dit kan tot drie keer meer kos as wat soortgelyke produkte in Suid-Afrika sou kos weens invoerbelasting en vervoerkoste. Ingevoerde vars produkte is dus in die meeste Afrika-state 'n onbekostigbare luukse, sê Van Deventer.

Dit kos tans sowat R40 000 aan vervoerkoste om 'n 28-pallet-koeltrok van Kaapstad na die noorde van Zambië te stuur. Dit sal sowat R35 000 kos om 'n soortgelyke vragmotor vanaf Johannesburg daarheen te stuur. Dit is bykans R2/kg, en op 'n 10 kg sakkie aartappels dus R20 aan vervoerkoste alleen. Om na lande verder noord uit te voer, sal natuurlik nog baie duurder wees. Invoerbelasting kan wissel tussen 5% en 30 %. Heffings, permitgeld en ander koste moet nog bygetel word, asook die koste van die produk self.

Die vraag is waar lê die antwoord?

"Bring die vars produkte na dié mense deur dit self in daardie lande te produseer — so na as moontlik aan die verbruiks- en verkoopspunte," sê Van Deventer. Hoewel Afrika baie honger mense het, is regerings in die algemeen nie baie geneë dat te veel vrugte en groente uit Suid-Afrika of ander lande na hul lande vloei nie, want dit laat geld uit daardie lande vloei om die vars produkte soontoe te bring. Die Afrika-regerings wil eerder hê die vars produkte moet in die lande self verbou en gekweek word, omdat dit goedkoper aan hul mense beskikbaar gestel kan word, werk skep en bydra tot algemene welvaart en sake-infrastruktuur.

Dit is dus logies dat hoe nader die vars produkte aan die Afrika-markte en punte van verbruik en verkope geproduseer kan word, hoe goedkoper kan dit aan die mense verskaf word en hoe beter raak winsmoontlikhede vir die boer. Omdat goedkoop arbeid en plase, volop water en uitstekende klimaattoestande in sekere dele van Afrika so geredelik beskikbaar is, sou dit in baie gevalle moontlik wees om vars produkte só goedkoop daar te kweek dat dit selfs teen 'n wins na ander markte — waar die koopkrag baie sterker is — uitgevoer kan word, sê Van Deventer.

Die verbruik van vars produkte in Afrika kan baie verhoog word indien dit op groter skaal en goedkoper as nou geproduseer kan word. Die afsetmark is beskikbaar, maar die besteebare inkomste redelik laag. Boere moet dus produseer wat die verbruikers wil hê en kan bekostig. Volgehoue voorsiening en bekostigbare pryse is egter die belangrikste. Sakemoontlikhede vir innoverende kommersiële boere wat sou oorgaan daartoe om vars produkte in Afrikalande in vennootskappe met plaaslike inwoners en boere daar te produseer en goedkoop aan die plaaslike mense beskikbaar te stel, lyk eintlik baie rooskleurig, sê hy.

Daar is egter slaggate waarop gelet moet word en boere sal eers deeglik hul huiswerk moet doen, maar as mense nuut, vars en innoverend dink en doen, en 'n realistiese blik op Afrika en sy markmoontlikhede behou, kan hulle welslae behaal op dié vasteland.

Van Deventer se groep is eerstehands betrokke om die produksie van vars produkte in 12 Afrikalande te bevorder deur tegniese en bemarkingsinligting, asook groeiprogramme vir lewering.

Sowat 130 boere in dié lande lewer reeds vars produkte aan die groep daagliks. Sakeverhoudings is reeds opgebou, en sulke boere lewer tot 80 % van plaaslike behoeftes — waarvan groente die grootste deel uitmaak. Daar kan selfs aan verwerkingsmoontlikhede van vars produkte in ander Afrikalande gedink word, meen Van Deventer.

Hy sê nadat die koloniale owerhede sowat vier dekades gelede uit die Afrikalande pad gegee het, het die meeste formele supermarkgroepe tot niet gegaan. Die winkelgroep Shoprite is egter nou besig om daardie leemtes in talle Afrikalande te vul deur supermarkte en winkels te open wat in alle opsigte vergelyk kan word met dié in Suid-Afrika. Die groep het reeds op Madagaskar en Mauritius inbeweeg, en onderhandelinge is met ander regerings aan die gang vir die opening van meer winkels op die Afrika-vasteland.

30 Julie 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.64
-2.4%
Rand - Pond
21.60
-4.0%
Rand - Euro
18.53
-3.4%
Rand - Aus dollar
12.02
-2.8%
Rand - Jen
0.13
-4.2%
Goud
1,801.86
+1.9%
Silwer
22.57
+1.7%
Palladium
1,917.50
+1.6%
Platinum
1,044.50
+0.7%
Brent-ruolie
86.97
+3.1%
Top-40
68,868
+0.4%
Alle aandele
75,020
+0.3%
Hulpbronne 10
75,989
+3.5%
Industriële 25
92,168
+1.9%
Finansiële 15
15,274
-6.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enige opregte blanke dames
Ek is n eerlik, lojale en n opregte wit man sonder fieterjassie. Wat jy sien is wat jy kry. Gee nie voor wat ek nie is.
JMJenny
Ek is n diereliefhebber. Baie uitgaande en ook baie gemaklik. Ontsettend positief. Iemand met n negatiewe houding moet my asb nie nader nie. Ontsettend lojaal
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot