AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Wyn-revolusie in die Weste

Boere wat al dekades lank druiwe vir kelders produseer, het op klein skaal self begin wyn maak.

Boere wat reeds dekades lank duisende tonne druiwe vir koöperatiewe kelders produseer, het 'n paar jaar gelede op klein skaal self begin wyn maak. 'n Paar van hulle vertel van hul entoesiasme vir wyn, planne om almal op die plaas by dié proses te betrek én hul streek deur wyntoerisme te bemark.

Van groot druiwe-opbrengste weet die wingerdboere van die Olifantsrivier alles — in hul wingerde kan 'n mens immers by een stok staan en 'n mandjie vol pluk. Hulle is "grootgemaak om massa te lewer" en die wynmakery aan die koöperatiewe kelders oor te laat.

Dit het verander. Die ou koöperatiewe kelders van Vredendal, Spruitdrift, Lutzville, Klawer en Trawal is omvorm tot maatskappye, van hulle het saamgesmelt, miljoene rande is bestee om kelders te verbeter en daar is begin om druiweprodusente vir gehalte te vergoed.

Die veranderinge en die sukses wat die kelders in die buiteland en in wynkompetisies behaal het, het wingerdboere se sluimerende begeerte om te sien watter wyn van húl druiwe gemaak kan word, na vore gebring.

Benewens die drang om wyn van gehalte te produseer, sê mnr. Napoleon (Nappies) Stoumann, voorsitter van die Olifantsrivier Produsente-wynmakersvereniging, hoop hulle ook om by te dra tot die erkenning van die Olifantsriviervallei as 'n streek wat goeie wyn produseer. "Ons wil wegbeweeg van die stookwyn-stigma wat so swaar op ons rus — eendag praat ons nog van die Olifantsrivier-wynlande."

Hulle is goed op pad om hul droom te verwesenlik. Mnr. Beyers Truter, wynmaker van formaat en mentor van menige jong wynmaker, is een van die mense wat meen daar gaan nog groot dinge uit die streek kom. Truter sê daar is veral potensiaal om rooi wyn met 'n uitstekende kleur en geur te maak van druiwe uit wingerde wat op die Olifantsriviervallei se kenmerkende rooi Karoogrond groei.

Hy sê die boere daar is ook baie bewus van die belangrikheid van die regte wingerdbou- en besproeiingspraktyke — alles sake wat welslae in die kelder verseker.

Wingerdboupraktyke het aansienlik verbeter en daar is 'n bewuswording van beter wyn, sê mnr. Jeff Joubert, wingerdboukundige van VinPro op Vredendal, onder wie se aanmoediging en hulp vele boere begin wyn maak het. "Die proses om produsente se denkwyse te verander van produksie vir rabat- of stookwyn na wyn van gehalte, is aan die gang. Die boere kry uitstekende steun van die kelders se wynmakers. Húlle weet as die boere self wyn maak, begin hulle die wynmaker se probleme in die kelder beter verstaan."

So uiteenlopend soos die wingerdboere en hul vroue wat die wyne maak, só verskil hul wyne en die filosofieë daaragter.

Stoumann was die pionier-wynmaker. In 1997, toe mnr. Erich Schlün&z nog wynmaker by Spruitdrift Kelder was, was hy die mentor toe Stoumann Wyne, net buite Vredendal, se eerste wyn, 'n Cabernet Sauvignon, gemaak is. 'n Shiraz, Muskadel en Vin de la tortue — 'n rooi versnit van 60 % Cabernet, 30 % Shiraz en 10 % Pinotage — het bygekom. Deesdae verwerk die Stoumanns 8,5 ton rooi druiwe en maak hulle 2 000 bottels wyn per kultivar per jaar.

Hoewel heelwat van die Olifantsrivierse wingerdboere die keldertegnologie-diploma by die Landboukollege Elsenburg verwerf het, was hulle jare lank skugter om wyn te maak. Joubert meen Stoumann se sukses het ander wingerdboere aangespoor om ook te begin wyn maak.

Soos alle ander produsente-wynmakers, lewer Stoumann steeds aan die koöperatiewe kelder. Oor wynmaak praat hy met 'n passie. "Vir my gaan dit oor 'n liefde vir wyn en die wynmaakproses. As jy eers begin het, wil jy aanhou. Elke jaar verskil. Dit is wat dit so interessant maak."

Maar, waarsku hy, dit is 'n geweldig duur speletjie, en beslis nie 'n manier om vinnig ryk te word nie.

" 'n Liefde vir die wingerdstok is maar die rede waarom 'n mens die druiwe tot 'n eindproduk wil deursien," is hoe mnr. Bertu de Lange van Houmoed, Vredendal, sy passie vir wynmaak verduidelik. Vir sy vrou, Lina, is dit lekker om hul eie wyn aan gaste voor te sit en te vertel hoe dit gemaak is.

Sy is 'n voorste wynmaker in die klein kelder waar jaarliks sowat 'n ton elk Pinotage, Shiraz en Merlot gemaak word.

Vir Bertu het die wynmakery 'n ander uitdaging gebring, naamlik om te probeer om soveel moontlik van die keldertoerusting self te maak. "Ek werk graag met my hande. Boonop probeer ons bespaar omdat die wynmakery nog 'n stokperdjie is."

Ook die De Langes is vol lof vir die hulp wat hulle van Joubert ontvang het. Hy meen die hele oefening is vir die groot kelders 'n aanwins. "Dit was dalk waarom Jeff ons so aangemoedig het; om te demonstreer dat 'n massadraer nie gehalte gee nie."

Die De Langes het nie illusies oor die proses nie. "Dit is jare se ondervinding om 'n mooi wyn te maak. Omdat die druiwe nie elke jaar dieselfde is nie, moet 'n mens se boekhouding goed wees, jy moet weet hoe jy daar uitgekom het."

'n Kombinasie van die ou en nuwe wêreld beloof elke bottel wyn van die Oubenheim Landgoed buite Vredendal. Geen ydele belofte, want in die kelder word ouwêreldse metodes van wynbereiding ingespan, terwyl die nuutste tegnologie in die wingerd gebruik word. "Ons berei ons wyn in oop kuipe in die klassieke styl volgens die tradisionele Franse metode; van druiwe uit wingerde wat deur middel van 'n gerekenariseerde drupstelsel met presisie besproei word," sê mnr. mnr. Philip Viljoen.

Eintlik sit hy net 'n tradisie voort deur sowat 30 jaar nadat sy oupa en pa hul wynmakery op die plaas gestaak het, in hul ou kelder wyn te maak. Oubenheim is die enigste geregistreerde landgoed in die Olifantsrivierstreek.

Die eerste wyn wat Viljoen gemaak het, was 'n Merlot en 'n Pinotage in 2002. Vanjaar beplan hy om 'n Shiraz by die reeks te voeg en volgende jaar 'n Cabernet sauvignon.

Elke etiket in die Oubenheim-reeks kom van 'n spesifieke blok wingerd. Wyne is klassiek, volrond en word in klein eikehoutvaatjies verouder en het prominente aromas en geure as gevolg van lae drag, bereidingsmetodes en minimale filtrasie.

Sy ambisie is om rooiwyn van gehalte te maak, wyn wat 'n plek sal vind in die boonste segment van die mark. Dit is nie 'n vergesogte droom nie. Hy mag op 26 die jongste van die produsente-wynmakers wees, maar by die 2003 Michelangelo Internasionale Wynkompetisie het hy reeds die aandag van die internasionale beoordelaars getrek toe hy 'n silwer medalje vir sy 2002 Oubenheim Merlot verower het.

Op Wilgenhof, een van die oudste plase langs die Olifantsrivier, het mnr. Gideon en me. Vere van Zyl, die huidige eienaars, wynmakery geïdentifiseer as 'n manier om 'n handelsmerk te vestig en iets na te laat aan hul kinders en werkers.

Hulle het met 'n Merlot en 'n Shiraz begin, en ná een van vele proesessies met vriende 'n Merlot-Shiraz-versnit, die Wilgenhof Stalwyn, bekendgestel.

Parstyd is rugbreektyd op Wilgenhof. Hulle proe die druiwe, kyk na die pitte en wanneer die druiwe reg is, word dit vroegoggend met die hand gesny.

Die Van Zyls botteleer en plak etikette met die hand, hoofsaaklik om die plaaswerkers betrokke te kry en veral vroue op reëndae besig te hou. "Nou hoef hulle nie by die huis te sit nie, én hulle kan geld verdien. Op die duur wil ons die plaaswerkers hul eie wyn leer maak, en dit onder hul eie etiket verkoop vir 'n bonus."

Die Van Zyls se entoesiasme oor hul wyn, die eindproduk van 'n proses wat in die wingerd begin, is aansteeklik. "Dit is waarom dit so lekker is om ons eie wyn te maak; die trots om die eindproduk te sien. 'n Mens laat vir jou kinders nie net grond of 'n boerderybesigheid na nie, maar ook 'n handelsmerk."

Vandat hulle hul eie wyn maak, besef hulle nou hoekom 'n wingerd op 'n sekere manier behandel moet word. "Die groot ding is in die wingerd. Dis mos waar jy jou wyn maak; deur drag te beperk, reg te snoei en te besproei."

Ná die keldertegnologie-kursus op Elsenburg wou Gideon 'n boer word, nie 'n wynmaker nie. Nou kan hy die twee kombineer. Hy sê hulle produsente-wynmakers leer steeds baie van mekaar en steun maar swaar op Joubert se kundigheid.

Tussen Vredendal en Lutzville gaan mnre. Johan Rossouw en Willie Brand van Cape Rock se wynmakery nie bloot 'n stokperdjie wees nie. Hulle het in 2001 begin om rooi kultivar- en versnitwyne van Cabernet Sauvignon-, Pinotage-, Ruby Cabernet-, Merlot-, Roobernet ('n Suid-Afrikaans ontwikkelde kruising tussen Pontac en Caber-net Sauvignon)- en Shiraz-wingerde op die plaas Hendrienasrust te maak.

Hul eerste wyn was 'n unieke versnit met onder andere Pinotage en Roobernet — twee Suid-Afrikaans ontwikkelde kultivars. Hulle het dit in groot maat verkoop. Dit is gevolg met nog 'n versnit van Ruby Cabernet, Roobernet, Pinotage en Shiraz. Met jong wingerde wat in produksie kom, wil hulle vanjaar meer Cabernet Sauvignon maak.

Brand sê die Olifantsrivierstreek het ongelukkig daarvoor bekend geword dat dit nie wyn van gehalte kan produseer nie. Tog dink hy daar is baie potensiaal, selfs vir 'n nuwe streek, die Liebendalstreek, wat nader aan die see, en dus koeler is.

Hy sê noudat hulle self wyn maak, besef hulle waaroor dit gaan. "Eintlik het die wynmakery ons ouens leer boer. As ons eers begin witwyn maak, sal ons regtig probleme sien . . . en waardering kry vir wat die wynmakers in die kelder doen."

Hoewel die meeste van die produsente-wynmakers probeer om die gebruik van landbouchemikalieë te beperk, is dit net mnr. Klaas Coetzee van die Matzimkama Wynkelder, buite Vanrhynsdorp, wat organiese wyn maak.

Soos Stellar Wynkelder, buite Trawal, die enigste ander organiese kelder in Namakwaland, benut Coetzee die voordele van 'n siektevrye klimaat en die afgesonderdheid van die gebied.

Hy glo nog in tradisionele wingerdbou- en wynmaakmetodes. Met 'n "kompostee", swawel en koper hou hy sy klein wingerd siektevry.

Sy gemiddelde oes, besproei met brak boorgatwater, is sowat 12 ton per jaar.

Matzikama Wynkelder is klein — hy maak sedert 2001 net 1 600 bottels Shiraz per jaar. Druiwe word met die hand gepars om 'n mooi rooi kleur te behou. Net natuurlike gis en 'n minimum swawel word gebruik.

Vanjaar wil Coetzee ook Cabernet Sauvignon maak. As wingerdboukundige by Klawer Wynkelder was wingerdbestuurspraktyke nog altyd vir hom uiters belangrik. Hy glo dat die streek die potensiaal het om van Suid-Afrika se beste rooiwyne te maak. "Die boere kort net motivering en opvoeding om wyn wat in 'n prysklas val waarvoor jy 'n premie kry, te maak. Ons het onlangs eers rooi kultivars begin vestig, ons blokke is nog jonk. Ek glo dat ons wyne meer intens en voller sal raak namate die stokke ouer word."

Ook hy dink nie die groot kelders hoef be-dreig te voel deur die klein kelders nie. "Hulle is beslis nie in dieselfde mark nie."

Wyn van oorsprong . . . Koekenaap!

Mense lag oor Koekenaap, of hulle ken iemand wat daar bly. As dit van mnr. André en me. Chrisna Cornelissen van Jondu en mnr. Riaan en me. Nadine Smuts van Keukenhof Wyne afhang, sal mense binnekort anders oor Koekenaap begin dink.

Die streek is geseën met 'n besonderse terroir: Rooi Karoogrond, 'n koel klimaat met baie misweer en 'n suidwesteluggie wat somerdae vroeg-vroeg afkoel — alles faktore wat dié streek se potensiaal vir koelweer-kultivars, soos Sauvignon blanc, Sémillon en Pinot noir, vergroot.

Smuts, wie se 2003 Cabernet sauvignon (brons medalje) vanjaar reeds die beoordelaars se aandag by die Suid-Afrikaanse Jongwynkampioenskapsbyeenkoms getrek het, het van 1997 af op klein skaal begin “speel, en in 2001 sy eerste vat Cabernet Sauvignon gemaak. Die volgende jaar het hy 'n vat Merlot gemaak en in 2003 altesame 1 300 liter Cabernet en Merlot.

"Ek maak nie versnitte nie. As 'n kultivar iets werd is, moet dit op sy eie bene kan staan." Smuts sê hy wou daardie holruggeryde gesegde, naamlik dat goeie wyn in die wingerd gemaak word, en alle teorieë wat hy op landboukollege geleer het, aan homself bewys. "In die wingerd spits ons ons toe op somerloofpraktyke om die stok so goed moontlik aan lig bloot te stel en die verlies van geure as gevolg van verdigting te verhoed. Ek gaan vanjaar begin om beheerde vogstremming toe te pas omdat gehalte gekoppel is aan drag en water een van ons duurste hulpbronne is."

Ten spyte van die streek se potensiaal, besef hy dat hulle 'n agterstand het. " 'n Wynbewustheid moet hier ontwikkel word. Dit kom nie so natuurlik soos in Stellenbosch of die Paarl nie."

Keukenhof Wyne is lid van Lutzville Wingerde — 'n kelder wat die afgelope paar jaar goeie skakeling tussen hom en sy lede handhaaf en gevolglik goeie wyne maak. Boonop het die maatskappy volgens Smuts die pad na selfbemarking verfyn ten spyte van moeilike bedryfstoestande.

Cornelissen, wat in 2002 sy eerste Cabernet Sauvignon gemaak het, oorweeg dit al vir jare om self wyn te maak. Sy vrou, Chrisna, en Joubert kon hom egter eers in 2002 oorreed om dit te doen. "Wyn is die enigste ding wat ons tot eindproduk kan voer."

Cornelissen was in 1991 die eerste boer wat rooi druiwe in die Koekenaap-omgewing geplant het.

Hy erken egter dat hulle nog veel te leer het. "Ons is grootgemaak om in groot maat te lewer. Gehalte was sekondêr. In die laaste jare het ons besluit om op gehalte te fokus."

Volgens me. Chrisna Cornelissen het ook hulle geleer die wyn word in die wingerd gemaak. "Nou besef ons hoekom wynmakers so kla. Dit is 'n goeie leerskool vir elke boer om 'n bietjie wyn te maak."

Bemarking die knoop

Die produsente-wynmakers is dit eens dat die bemarking van wyn uit die Olifantsrivierstreek een van die grootste uitdagings is. Mnre. Johan Rossouw en Willie Brand sê dit is nie 'n probleem om wyn te maak nie. "Die probleem is om 'n afset te kry en deurlopende gehalte te lewer."

Vir mnr. Klaas Coetzee van die Matzikama-wynkelder lê die probleem in hul grootte. "My kelder is te klein om aan supermarkte te lewer en die boetiek-wynwinkels verkoop nie so baie wyn op 'n slag nie. Ons klein outjies se hulpbronne is maar beperk."

Omdat hulle maar onlangs begin het om wyn te maak, moet hulle nog heelwat toerusting vir hul kelders aankoop. Soos mnr. Napoleon Stoumann van Stoumann Wingerde, meen hy hul heil lê in wyntoerisme.

Coetzee se kelder is langs mnr. Buys Wiese se bekende vetplantkwekery, wat nogal aftrek kry in die Namakwalandse blommeseisoen. " 'n Gastehuis vir die blommetyd met wyn- en keldertoere sal goed werk."

Stoumann wil die mense wat sy wyn koop, betrokke kry en opvoed oor wingerd en wyn. " 'n Mens wil dit net doen as jy 'n visie vir die streek en 'n passie vir die produk en die proses het." Goeie wyn sal volgens hom nie alleen toeriste betrokke kry nie; klein wynmakers moet ook bereid wees om met entoesiasme persoonlike aandag te gee.

Mnr. Gideon en me. Vere van Zyl van Wilgenhof het heelwat persoonlike bemarking gedoen. Hulle het mense genooi en hul wyn se storie vertel en dit bekend gestel. Hulle stel ook nou baie meer belang in wyn en wil meer proe en vergelyk. "Ons kyk ook met ander oë na bottels en etikette."

20 Februarie 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.25
+1.7%
Rand - Pond
21.14
+0.9%
Rand - Euro
18.21
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.73
+0.4%
Rand - Jen
0.13
+1.5%
Goud
1,796.07
-0.1%
Silwer
23.06
-0.4%
Palladium
1,914.00
+0.7%
Platinum
1,026.00
+0.6%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,257
+1.5%
Alle aandele
75,421
+1.5%
Hulpbronne 10
75,272
+1.7%
Industriële 25
92,434
+0.9%
Finansiële 15
15,828
+2.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot