AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Wyn verouder lekker in koel plaasdam

'n Slim plan is deur 'n wynboer bedink om klimaatskade aan sy wyn in vate te voorkom.

Hy gooi die wynvate in 'n plaasdam waar die temperatuur konstant en suurstofvlakke

beheer kan word.

Soos 'n wafferse veldheer van ouds het nyweraar/wynmaker Kobus du Plessis van Havana Hills-faam naby Blouberg in die Kaap na die Riversdalse agter-Langeberg gekom, die potensiaal gesien en die elemente grootliks oorwin. Binne minder as vyf jaar word wenwyne daar geproduseer - maar nie sonder om as pionier eers enkele groot struikelblokke te oorkom in dié streek waar nog nie wingerd verbou is nie.

Met wynmaker Nico Vermeulen as geskoolde luitenant en Rudi Benn as plaasbestuurder is Du Plessis-hulle nie groentjies in die wynbedryf nie. Havana Hills is ál plaas in die geskiedenis van die plaaslike wynbedryf om agtereenvolgens vyf goue toekennings vir shiraz te ontvang.

Daarbenewens het hulle in 2004 die trofee vir die beste wyn in die land verower. Hulle het altesame 11 goue medaljes sedert hul toetrede tot die wynbedryf ingepalm.

Aan natuurskoon, soos waarvoor Wes-Kaapse wynplase wêreldwyd bekend is, ontbreek dit ook nie. Die golwende Langeberg met sy afwisselende pieke en valleie vorm die agtergrond vir die wingerde aan die noordelike hange wat sowat 500 meter bo seespieël geleë is. Dit is hoër as enige wynplaas in die Wes-Kaap.

'n Koel bries uit die suidooste waai soos klokslag smiddae oor watervalle en temper só die gewoonlik warm somerweer. Die kinkels en komme van die berg sorg verder vir mikroklimaatstoestande wat die verbouing van wyndruiwe bevorder. Tesame met 'n groot verskeidenheid grondsoorte wat mekaar kort-kort afwissel, word unieke toestande geskep vir die maak van wyn met 'n besondere karakter en kompleksiteit, sê Du Plessis.

So reg in die gees van die hernuwing van die plaaslike wynbedryf, sê hy "uniekheid" was presies waarna hy gesoek én gekry het. Hy kan sy geluk nie glo nie, veral omdat niemand anders vroeër al die potensiaal vir wynmaak daar raakgesien het nie.

Dié gebied is egter nie altyd volkome geskik vir wynmaak nie. Trouens, onverwagse hitte en koue het Du Plessis en sy span al onkant betrap.

Drie jaar gelede was daar nog nie genoeg verkoelingsgeriewe op die nuwe plaas nie. Een besonder warm dag het die rustige veroudering van die wyn in vate bedreig. Met die moontlike rampspoed wat meer sulke dae kon inhou, moes 'n plan gemaak word - vinnig en prakties soos dit 'n boer betaam. Met sy blik op 'n dam vol helderblink bergwater daar naby het die metode van 'n bekende Franse wynmaatskappy by hom opgekom. Dié dompel wynvate onder seewater.

Gegewe die dringendheid was dit al vinnige oplossing beskikbaar. Dit was egter 'n gesukkel van 'n ander wêreld om 100 swaar gevulde vate onder die water te kry. Hulle het bo bly dryf. Met behulp van 'n swaardiensnet om hulle in posisie te hou en namate die houtvate water absorbeer, het hulle gou na benede tot op 'n diepte van 9 m tot 10 m gesink. Hy gee toe 'n makliker manier vir die insit en uithaal van die vate moet nog gevind word, sê Du Plessis.

Die bestendigheid van 'n koel temperatuur is die grootste enkele voordeel van dié metode. Op daardie diepte bly die temperatuur konstant op sowat 15 ° tot 16 ° Celsius wat hy as die beste beskou.

Voorts word die wisselwerking tussen hout en wyn skynbaar ietwat aan bande gelê namate water die buitenste lae van die vate binnedring. Water en wyn sal nooit meng nie, verseker hy. Maar dat die wyn daarby baat vind, is seker. Hulle weet nie wat dit veroorsaak nie. Nogtans is iets baie aangenaams daaronder aan 't gebeur wat hulle reeds in die wyn optel. Sagter en ronder binne net 'n jaar is hoe Du Plessis die wyn opsom.

Enkele vate is ná 'n jaar gelig om vordering te monitor. Vergelykings is getref met soortgelyke wyn wat nie die waterbad ondergaan het nie. Dit is hoe hulle weet dat iets spesiaal met die wyn in die dam aan die gebeur is. Daar is besluit om nie al die wyn te botteleer nie, maar sommige vir nog 'n jaar onder die water te hou.

Daar word nou gretig uitgesien na die proesessie wanneer die vate in Mei ná twee jaar in die water uitgehaal word. Mikroskopiese ontleding is 'n moontlikheid om meer antwoorde op die fenomeen te kry. Dit is reeds seker dat die metode van wynveroudering permanent gebruik sal word. Wynkenners van oral oor is nuuskierig en wil kom kyk en proe.

Du Plessis sê wynmakers weet maar te goed dat suurstofbeheer in wyn 'n moeilike ding is. Te veel daarvan en jy loop gevaar dat oksidasie die wyn kan beskadig. Die vate in die water se suurstof is afgesny solank hulle vooraf volledig gevul en deeglik verseël word. Sou hulle besluit om suurstof bykomend te verskaf, kan dit gelang na die behoefte beheer word. Suurstofbeheer is dus nog 'n groot voordeel wat die waterbed inhou.

'n Vaste keldergebruik is om wyn so min moontlik te versteur deur die rondpompery van wyn te beperk. Trouens pompe is 'n skaars artikel in dié kelder. Instede daarvan word wyngevulde tenks eerder opgehys en dan toegelaat om vrylik volgens natuurlike gravitasie te dreineer. Onderwyl wyn ongesteurd in die dam lê, is daar nie versoekings om voortdurend en dikwels onnodig daarmee te karring nie tot tyd en wyl die uithaaldag aanbreek.

Du Plessis volg kultivarkeuses, verbouingspraktyke en keldertegnieke wat wegbeweeg van volumeproduksie ten gunste van die maak van edelwyne. Al het hy die omgewing geken, is grond deeglik ontleed voordat enige grond gekoop is. Hy soek die grond uit wat die beste by bepaalde kultivars pas. Dit geld veral vir nuwe klone en onderstokke wat by uitnemendheid by die soort grond en mikroklimaat aangepas is.

Daar is 'n wye verskeidenheid grondsoorte, soos skalietipes, vulkanies en ander wat soos Oakley lyk. Nog ander herinner sterk aan clovelly. Die lekkerte is dat hulle elke sowat 50 m kan verskil.

Dit is presies wat hy as wynmaker wil hê, sê Vermeulen. Dit dra ook by tot die kompleksiteit en uniekheid van die wyn. Die uiteenlopende grondsoorte bring mee dat meer boustene beskikbaar is vir die maak van goeie wyn. 'n Enkele grondsoort beperk jou tot een styl van wynmaak.

Maar nou kan hulle 'n ryke verskeidendenheid van smake en geure in 'n wyn byeenbring wat van eenderse kultivars, maar van verskillende grondsoorte afkomstig is. Voeg daarby die invloed van variasies verkry deur die wingerde teen hellings en skuinstes volgens die son te plant. Hulle het werklik baie moeite gedoen en elke aanplanting met sorg gekies, sê hy.

Die verskil in hellings veroorsaak dat druiwe op verskillende tye ryp word. Dit het die voordeel dat net klein hoeveelhede van 5 ton of 6 ton daagliks gepars hoef te word. Sommige hellings is so gekies dat hulle in die namiddae in skadu gehul is wanneer die son elders nog fel kan skyn.

Die verskillende witdruifkultivars op die plaas sluit in verdelho, viognier, novelle, semillon en sauvignon blanc (drie klone). Die rooi kultivars is carbernet sauvignon, merlot, shiraz, petit verdot en carbernet Franc. Die gekloonde materiaal sorg vir geure, soos groenrissie, tropies en selfs groen vye - almal verantwoordelik vir die groter kompleksiteit van die wyn wat daarmee gemaak word. Die skalietipe grond dra weer tot 'n metaalagtige smaak in die wyn by.

Bykans 20 ha is onder wingerd op grond wat nog nie voorheen bewerk was nie. Dit was nodig om sommige stokke met vlakker wortelstelsels te vestig. In 2003 is die eerste wyn gemaak wat hulle Virgin Earth high5 noem weens die kultivars wat gebruik word, naamlik carbenet, merlot, petot dou, carbenet Frank en 'n klein bietjie shiraz, wat alles daar verbou word. Die vierde oes word vanjaar ingesamel.

Hy glo dié deel van die streek in kwaai onderskat. Daar is baie voordele hier, die weerpatrone, goeie en genoeg water, en braak grond. Hier is nog nooit iets kommersieel verbou waar die wingerde nou staan nie. Gevolglik is die benaming "Virgin Earth" as die handelsmerk gekies.

Die gebruik van die woord "virgin" het Du Plessis in konflik met die flambojante Richard Branson van lugvaartfaam gebring. 'n Hofsaak is hangende want hierdie boer laat hom nie intimideer nie. Du Plessis sê die naam is op eie inisiatief geneem uit erkentlikheid vir die nuwe grond waarmee hulle werk en die uitmuntende eienskappe daarvan. Die regter moet besluit wie reg is of nie, en nie Branson en sy prokureurs nie. Hy sal die uitspraak aanvaar.

31 Maart 2006

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.24
+1.8%
Rand - Pond
21.18
+0.7%
Rand - Euro
18.20
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.75
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+1.5%
Goud
1,797.21
-0.1%
Silwer
23.07
-0.4%
Palladium
1,917.51
+0.9%
Platinum
1,023.00
+0.3%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,285
+1.5%
Alle aandele
75,425
+1.5%
Hulpbronne 10
75,053
+1.4%
Industriële 25
92,483
+1.0%
Finansiële 15
15,891
+3.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Fantastiese reisende kok wil jou lewe bietjie geur...
Opregte, eerlike, liefdevolle advontuurlustige siel, wat hou van die natuurlewe, kosmaak, visvang en die buitelewe. Romantiese aande om te dans saam iemand wat my siel en hart...
Altyd sonnig en vol pret
Altyd sonnig en vrolik. Intelligent met n groot sin vir humor. Groot hart. Jy sal altyd glimlag of lag met my in die omtrek
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot