Vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens
(SAID) is aksyns 'n
maklike, goedkoop manier om
'n groot klomp belasting in te
vorder, maar vir kelders, wat die meeste
van dié belasting betaal, is dit miljoene
rand wat oorbetaal word sonder dat hulle
iets in ruil daarvoor ontvang.
Aksyns is wêreldwyd 'n fiskale belasting,
'n manier om inkomste vir regerings
te genereer, maar ook regerings se poging
om die gebruik van alkohol en tabak te ontmoedig.
Trouens, mnr. Trevor Manuel, Minister
van Finansies, het onlangs in sy begrotingsrede
opgemerk dat verhogings in
die aksyns op alkohol en tabak nodig is om
"verbruiksgewoontes" van dié produkte te
temper.
Volgens die Suid-Afrikaanse Wynbedryfinliging en -stelsels (Sawis) het die
Suid-Afrikaanse Regering in 2006 meer as
R3 miljard aan aksyns en belasting op toegevoegde
waarde (BTW) op wyn en sterk
drank verdien. Produsente-inkomste vir
daardie jaar was R2,61 miljard.
Dr. Johan van Rooyen, hoof uitvoerende
beampte van die Suid-Afrikaanse Wynbedryfsraad,
sê in die lig daarvan behoort die
Regering die wynbedryf met navorsing,
die versameling van bestuursinligting,
transformasie en die bevordering van wynbemarking
in die buiteland te ondersteun.
"Die bydrae wat aksyns tot die Regering
se inkomste lewer, bied 'n regverdige basis
om aansienlik meer geld in die bedryf terug
te ploeg."
Op die vlak van produsentekelders is
daar 'n ander knelpunt. Mnr. Abrie Botha,
voorsitter van VinPro en Namaqua Wines,
meen die manier waarop aksyns op wyn
gehef word - op die verpakkingsvolume
eerder as op die waarde (lees die bygaande
berig "Rand en sent") - plaas proporsioneel
'n groter las op kelders wat groot volumes
wyn teen laer pryse verkoop.
Sy maatskappy betaal reeds R45 miljoen
per jaar aan aksyns. Dit is 'n bedrag wat,
volgens hom, beslis 'n verskil aan die uitbetaling
aan boere maak.
Die verhoging in aksyns kom ook op 'n
tydstip van verdiepende finansiële druk op
druiweboere. Botha sê die nuutste aksynsverhoging
van 7,3% op natuurlike wyn en
11% op sterk drank bring die totale verhoging
in aksyns die afgelope vyf jaar op
onderskeidelik 105% en 72% te staan. In
dieselfde tyd het die gemiddelde druiweprys met meer
as 30% gedaal.
Mnr. Herman Fourie, 'n senior bestuurder
in die ouditeursfirma Pricewaterhouse-
Coopers se afdeling vir doeane en aksyns en
buitelandse handel, sê die meeste Europese
lande hef aksyns op 'n volumegrondslag.
In teorie kan die grondslag waarop aksyns
op wyn gehef word, sekerlik na 'n ad
valorem-grondslag verander word. Dit sal
egter 'n gemotiveerde aansoek van die ganse
wynbedryf aan die SAID se doeane- en
aksynsafdeling en die Kommissie vir InternasionaleHandelsadministrasie
(Itac) verg.
As dit slaag, kan die proses om 'n afsonderlike
tariefpos te skep, drie maande tot nege
maande duur, sê Fourie.
Hy dink nie die betaling van aksyns sal
van kelders na ander verkopers van wyn
en brandewyn verskuif word nie. Eweneens
sal die wynbedryf sy saak by Itacmoet
gaan motiveer as hy reken belastinggeld
kom hom vir bedryfsaksies toe.
Die kelders is egter nie die enigste verloorders
as dit by aksyns kom nie. Die
Provide-projek, wat deur die Departement
van Landbou en sy Wes-Kaapse eweknie
gefinansier word, ontleed die uitwerking
wat verhogings in aksyns op die
land se ekonomie het. Volgens
berekeninge wat in 2006 deur
dié projek se span ekonome
gemaak is, sal 'n verhoging van
10% in aksyns die volgende uitwerking
hê:
die bruto binnelandse produk.
waarde van R99 miljoen.
sal verlore gaan, die
meeste daarvan halfgeskoolde
en ongeskoolde werkers uit die
bruin bevolking van die Wes-
Kaap.
aartappels, groente en sagtevrugte
sal toeneem.
landbou sal met R65,99 miljoen
daal en waarde toegevoeg tot
die nie-landbousektore met
R969,98 miljoen.
Die verhoging in die aksyns
op wyn en sterk drank is nie
heeltemal 'n eensydige regeringsaangeleentheid
nie. Mnr.
Riaan Kruger, uitvoerende
hoof van die Suid-Afrikaanse
vereniging vir die eienaars van
drank-handelsmerke (Salba),
spreekbuis vir die vervaardigers
en verspreiders van drank,
sê die drankbedryf tree jaarliks
met die Regering oor aksyns in
gesprek.
"Die verstandhouding is dat
as teikens van belasting van
23%, 33% en 43% op onderskeidelik
wyn, moutbier en
sterk drank bereik is, sal daar
verder net inflasiegerigte verhogings
wees. Ons besef ons sal
nie aksyns afgeskaf kry nie. In
ons gesprekke met die Regering
probeer ons verseker dat aksyns
nie só hoog is dat dit verkope
beperk nie."
Manuel is klaarblyklik aan
Salba se kant op dié punt. Tydens
die SA Wynbedryfsraad se
Vryheidsdaglesing verlede jaar
het hy gesê hy het simpatie met
die wynbedryf se standpunt dat
aksyns op wyn "buitensporig"
is. Hy het egter ook gewaarsku
dat ministeriële simpatie dikwels
nie 'n teenwig vir die gewigtige
advies van fiskus-amptenare
bied nie.
Rand en sent
Die verhogings in aksyns vir die 2008/'09-belastingjaar sluit in 12c (7,3%) op 'n bottel
wyn van 750 milliliter, 5c (7%) op 'n blik bier van 340 milliliter en R2,17 (11%)
op 'n bottel sterk drank, soos brandewyn, van 750 milliliter. Dit bring die aksyns op
wyn op R1,84 per liter te staan. Op sterk drank beloop die aksyns nou R67,72 per
liter absolute alkohol en op vonkelwyn R5,63 per liter.
Dit beteken dat die verkoper van 'n bottel wyn van 750 milliliter wat R20 kos, byna
7% daarvan aan belasting moet afstaan, teenoor die 0,5% wat die verkoper van 'n
bottel wyn van R260 moet betaal.
Die aksyns op alkoholiese drank word verhoog in ooreenstemming met die Regering
se beleidsbesluit om die teiken te bereik van 'n totale belastinglas (aksyns en
belasting op toegevoegde waarde) van 23%, 33% en 43 op onderskeidelik wyn,
moutbier en sterk drank.
Landbouweekblad, 21 Maart 2008