AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Wynbedryf moet ‘vorentoe bons’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Druiwe van 2020 se belowende wynoes. Foto: Vinpro
Druiwe van 2020 se belowende wynoes. Foto: Vinpro
Die covid-19-pandemie en gevolglike inperkingsmaatreëls het sonder waarskuwing die wêreld vir die wynbedryf op sy kop gekeer, maar dit is nou tyd om nie net terug te bons nie, maar vorentoe.

Die covid-19-pandemie en gevolglike inperkingsmaatreëls het sonder waarskuwing die wêreld vir die wynbedryf op sy kop gekeer, maar dit is nou tyd om om nie net terug te bons nie, maar vorentoe. Só het mnr. Rico Basson, bestuurshoof van Vinpro, gister (4 November) tydens ’n inligtingsessie by Klein Joostenberg buite Stellenbosch gesê.

Basson het gesê dat die wynbedryf tans met ander kwessies as net die onsekerheid wat met die pandemie gepaard gaan, gekonfronteer word. ’n Tekort aan glas, probleme by die hawens en die invoer van insette is van die strukturele probleme wat die bedryf tans kniehalter.

Hy het gesê die bedryf het egter nou ook die geleentheid om gehalte en die mengsel van kultivars te oorweeg en bespreek. “Dit is ook tyd om reguit oor sekere dinge te wees, want ons het ’n neiging om aan te hou om ons eie teleurstelling te veroorsaak.”

Hy het wynplase aanbeveel om teen 1 Januarie te verseker dat 90% van hul oes aan ’n produk of kontrak toegewys is om te voorkom dat hulle moet wonder oor wat met dié druiwe sal gebeur.

Hy het gesê terwyl hy nie gekant teen die produksie van generiese produkte is nie, moet die produseerders daarvan besef dat hulle in die uitvoermark met Spanje se produkte sal meeding en waarskynlik sal sukkel om geld uit dié mark te maak. “Indien jy nie daaraan slaag nie, skep jy ’n surplus en begin jy weer onder.”

Die toestand waarin die wynbedryf hom tans bevind, het hom laat dink aan die Marshall-plan waarvolgens Amerika ná die Tweede Wêreldoorlog vir Wes-Europa oor ’n aantal jaar gehelp het om te herstel. “Ek dink ons bevind ons in dieselfde situasie, want daar is dinge wat ons op kort termyn moet bestuur, soos probleme by die hawens, maar dan is daar ook dinge soos die herbou van die hawens, herplanting en transformasie wat op medium- tot lang termyn aangepak moet word.”

Sal die bedryf herstel?

Sal die bedryf herstel? Ja, dit sal. “Ek is iemand wat verkies om die silwer randjie te sien. Die verliese was groot. Ons het R10 miljard tot R12 miljard ten opsigte van brandewyn, wyn en wyntoerisme verloor. Die wyntoerismebedryf het 4 000 werksgeleenthede verloor. ’n Aantal ondernemings het hul deure gesluit. Die herstel kan tot vyf jaar duur, maar ek wil hê dat dit binne twee jaar moet plaasvind.”

Die herstelpad sal egter nie maklik wees nie en sal volgens hom die hele bedryf se samewerking verg. “Die vraag is nie of ons kan terugbons nie, maar eerder vorentoe. Ons moet baie eerlik met mekaar wees oor wat ons moet ophou doen sodat ons nie dieselfde foute herhaal nie.”

Hy het gesê dat terwyl daar goeie dinge in die bedryf gebeur, is daar ook ander kwessies soos transformasie waarmee daar nog nie genoeg vordering gemaak is nie. “Daar is ook dinge wat ons anders kan doen. Ek dink ons kan ons hulpbronne meer optimaliseer.”

Hy het gesê die bedryf moet sy sterkpunte met meer vertroue bemark en openhartig oor sy swakpunte wees. Om dit te doen, het Vinpro vier strategiese uitkomste geïdentifiseer wat hy binne die volgende vier jaar wil bereik, naamlik volhoubaarheid as kernbeginsel vir al sy bedrywighede, ’n gevestigde en begeerlike posisie in die globale mark, ’n lojale en groeiende plaaslike mark, en ’n getransformeerde en verantwoordelike waardeketting.

“Transformasie moet nie net op eienaarsvlak gebeur nie, maar regdeur die waardeketting. Daar moet ook introspeksie wees oor hoe ons onsself kan reguleer om wyn verantwoordelik te verkoop en skade te verminder.”

Waarde en gehalte

Hy het gesê die plaaslike mark sal waarskynlik na dieselfde vlakke as voor die pandemie herstel. “Daar is egter vrae rondom waarde en gehalte. Die waarde van wyntoerisme word onderskat. Dit is uiters waardevol vir ons 400 klein wynplase. Ons het besef die plaaslike wyntoeris is ’n baie waardevolle kliënt.”

Hy het gesê daar sal slim te werk moet gaan met die beperkte geld wat die bedryf tot sy beskikking het om sy teenwoordigheid in die globale mark te vergroot. “Ons moet ook maniere vind om kleiner, groeiende maatskappye hierby te betrek.”

Volhoubaarheid verwys volgens hom nie net na klimaatsverandering en maatskaplik-ekonomiese elemente nie, maar ook na sakemodelle en gesprekke rondom volhoubaarheid van die wingerde. “Tensy ons topgehalte plantmateriaal en herinvestering het, sal die bedryf nie kan voortbestaan nie. Wins is belangrik en kontantvloei is selfs belangriker.”

Hy het gesê veel meer verbruikers- en marknavorsing moet gedoen word. “Ons moet dit jaarliks doen, want as ons nie ons verbruikers en markte verstaan nie, sal ons nie weet hoe om hulle te benader nie.”

Volgens hom moet daar ook op die ontwikkeling van menslike hulpbronne en die uitbou van vennootskappe en samewerking gekonsentreer word.

* Hou Landbou.com dop vir nog berigte oor dié sessie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot