AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Wynmakers moet bemark ook

Wynmakers kan dit nie meer bekostig om net wyn te maak en te hoop dat iemand anders dit namens hulle sal verkoop nie.

Wynmakers kan dit nie meer bekostig om net wyn te maak en te hoop dat

iemand anders dit namens hulle sal verkoop nie. Hulle moet toeganklik raak vir wyndrinkers en met oop ore en oë in die mark beweeg vóór hulle wyn maak, sê 'n plaaslike wynskrywer en -beoordelaar.

"Dwarsdeur die bedryf is almal besig om bemarkingsge-leenthede te skep, maar die wynmakers dink steeds hulle hoef net die wyn te maak; wynkopers sal vanself kom en hul kelderdrumpels deurtrap. Wynmakers wat wil oorleef, sal van die mark af moet terugwerk - nie van die kelder af vorentoe nie," het mnr. Michael Fridjhon, wynskrywer en -beoordelaar, onlangs gesê.

"Die meeste wynboere verlaat hulle steeds op uitvoermarkte waar groot verliese gely word. Wanneer gaan hulle kennis neem van die demografiese veranderinge in Suid-Afrika en meer aandag aan die binnelandse mark gee?"

Hy sê die inligting wat van banke, supermarkte en lewensversekeraars kom, is dat 'n groep welvarende mense uit nie-tradisionele dele van die samelewing na vore kom. Dit is mense met goeie salarisse wat vir huisverbande, kredietkaarte en lewensversekering in aanmerking kom en 'n potensiële mark vir plaaslike wyn is.

Daar is min wynkelders wat moeite doen om nuwe klante te werf en wyn meer toeganklik of beskikbaar aan hulle te maak. "Dikwels laat wynmakers die proelokaal of kraampie op wynskoue in die promosiemense se hande. Het kelders al ooit daaraan gedink om bymekaar te kom en wynklubs in groeipunte, soos Polokwane en Nelspruit, te vestig? En hoeveel wynkelders is daar wat soveel moeite soos De Toren doen om te verseker dat hulle die regte druiwe kry om wyn te maak waarvan die mark hou?

"Daardie belangrike skakel tussen gehaltewyn en toegang tot verbruikers word net nie gemaak nie. Die feit dat boere nie hul volle gewig ingooi nie, is seker die grootste knelpunt vir die Kaapse wynbedryf."

Fridjhon, wat voorsitter was van die span wat onlangs amper duisend wyne in Old Mutual se jaarlikse trofeewynskou beoordeel het, sê die wynproeë vir die publiek ná die skou en die boek wat gepubliseer word, help om die boodskap van goeie wyn aan verbruikers oor te dra, dog hulle kan dit nie alleen doen nie.

"In 'n besonder moeilike tyd in die wynbedryf is wynboere steeds nie betrokke genoeg nie. Dit was so maklik vir hulle van 1994 tot 2002, toe wynkopers letterlik die wyn by hulle kom haal het, maar dit het veroorsaak dat hulle nooit geleer het hoe taai verbruikersmarkte regtig is nie."

Een van die maniere om wyn meer toeganklik vir nuwe verbruikers te maak, is om kurkproppe en die nodigheid vir kurktrekkers te vervang met die gerief van skroefproppe, was die mening van mnr. Richard Kelley, Britse wynkoper en een van die beoordelaars op 'n terugvoeringsessie van die kompetisie in die Paarl.

Skroefproppe sal nie net meer mense laat wyn drink nie, maar kan verseker dat veral witwyn sy varsheid en vrugtigheid behou. Vir baie Suid-Afrikaners wat nog skroefproppe met Seebries en swak, goedkoop wyn assosieer, kan dit 'n bitter pil wees om te sluk, maar vir wynmakers, soos me. Vanya Cullen van Cullen Wines in Wes-Australië se Margaret-rivierstreek, wat al 'n klomp goeie wyn moes weggooi weens kurkkontaminasie, is die keuse eenvoudig. Daarom het die meeste Sauvignon blanc-wyne van Australië deesdae skroefproppe.

Mnr. Marc Kent, wynmaker van Boekenhoutskloof en een van die beoordelaars, sê daar was by een uit elke vyf wyne in die klas vir Sauvignon blanc probleme met oksidasie. "Dié probleme veroorsaak dat 'n wyn nie ernstig bejeën word nie," sê Fridjhon. Daar was oksidasieprobleme by twee van die 24 beste wyne in dié klas. Dit beteken dat die klant wat dié wyn teen 'n premieprys koop, teleurgesteld gaan wees. Hy het gevra of dié soort probleme by ander produkte, soos melk, verduur sal word.

Mnr. Jeff Grier, wynmaker van Villiera meen die mark is nog nie gereed vir skroefproppe nie en dat die media kan help om skroefproppe meer aanvaarbaar te maak. Me. Angela Lloyd, 'n beoordelaar, meen dis tyd dat wynmakers hul klante die wyn laat proe. "Moenie agter teorie wegkruip nie, laat jou klante die verskil proe. Dis nie wat ons skryf nie, maar wat hulle proe, wat die verskil sal maak."

'n Wynkoper meen die ouer geslag wyndrinkers is gemaklik met skroefproppe en dat dit die jonger geslag is wat nog aan die romantiek van kurk vasklou.

Hoewel Cullen saamstem dat emosies 'n groot rol speel, verdwyn die romantiek vinnig as jy 'n kurktrekker moet soek, die kurk verbrokkel en dan vind dat die bottel Chardonnay waarvoor jy duur betaal het, ondrinkbaar is weens kurkkontaminasie. "Die gehalte van kurk het die afgelope paar jaar baie verbeter, maar die beste kurk wat ons in Australië kan kry, is, volgens 'n kurkverkoper van Portugal, maar net graad 4.

"Ons kry nog nie die heel beste gehalte kurk nie en dis waarom ons vir witwyn na skroefproppe oorgeskakel het. Tot tyd en wyl ons van kurkgehalte verseker kan word of daar 'n beter prop na vore kom, sal ons skroefproppe aanbeveel. Skroefproppe skakel net eenvoudig daardie onverklaarbare variasie uit tussen verskillende bottels wat dieselfde behandel is"

Mnr. Philippe Bascaules, landgoeddirekteur van Chateaux Margaux in Frank-ryk, was egter versigtiger om kurk sonder meer te verdoem: "Ek dink skroefproppe kan gebruik word vir wyn van 'n gemiddelde gehalte wat vroeg gedrink kan word, maar omdat ons nog so min weet van die interaksie tussen wynveroudering en suurstof wat deur kurkproppe deurgelaat word, kan ons nie sonder meer skroefproppe opsit wanneer ons ons beste en verouderingswaardige wyne botteleer nie."

SA se heil lê by versnitte

Die gehalte van wit en rooi versnitwyne op Old Mutual se trofeewynskou vanjaar toon dat Suid-Afrikaanse wynmakers groot potensiaal vir dié kategorieë het.

Die wynmakers, wynkopers en wynskrywers van Suid-Afrika, Australië, Engeland en Frankryk, wat die beoordelaars in dié onlangse kompetisie was, meen uitstekende wit versnitte, met Grenache blanc, Viognier en Chenin blanc, en Semillon om die verouderbaarheid te verhoog, en rooi versnitte in die Bordeaux-styl of met Pinotage, kan hier gemaak word.

Mnr. Michael Fridjhon, organiseerder van die skou en voorsitter van die beoordelaarspaneel, sê Suid-Afrika het 'n klein groepie wynmakers wat ernstig is oor wit versnitwyne en net die beste wyne gebruik wanneer hulle versnydings doen.

Hoewel Shiraz weer die grootste kategorie was en vier goue medaljes verower het, was daar gemengde gevoelens oor dié kategorie. Me. Vanya Cullen, voorste wynmaker en -beoordelaar van Australië, sê die Shiraz-wyne wat sy geproe het, was gepak met "interessante vrugte en tannien" van jong, gesonde wingerde.

Aan die een kant beteken al die medaljes dat die jong aanplantings begin resultate lewer, maar aan die ander kant meen 'n plaaslike wynskrywer en -beoordelaar, me. Angela Lloyd, daar is wynmakers wat bang is hul wyn is nie "ernstig genoeg" nie, wat dikwels goeie vrugtigheid met te veel hout bederf.

Mnr. Richard Kelley, Britse wynmeester en wynkoper, en Lloyd was besonder beïndruk met wyn van skaars en ongewone kultivars, soos Cabernet franc, wat potensiaal as 'n enkelkultivarwyn toon, Sangiovese en Touriga Nacional. Lloyd meen Suid-Afrika het meer van die wyne se "interessante andersheid" nodig en dink daar moet meer moeite gedoen word om nuwe Italiaanse kultivars in te bring en hulle op die regte plekke aan te plant.

Van die kant van die beoordelaars is kommer uitgespreek oor hoë alkoholvlakke, die oormatige gebruik van hout en verspilde geleenthede. Me. Carrie Adams, wynkoper vir Norman Goodfellows in Johannesburg, sê sy is baie trots op die wyn wat hier gemaak word, maar bekommerd oor die oordrewe tannien en alkohol in veral die Shiraz-wyne wat sy geproe het. "Alkohol is 'n enorme verkooppunt. Ek het 'n klomp klante wat nie so baie alkohol wil hê nie. Mense kan nie 'n bottel rooiwyn oor middagete drink en weer gaan werk nie, of as hulle gaan uiteet, daarna huis toe ry nie."

Mnr. Michael Schuster, 'n Britse wynskrywer, sê dis moeilik om veel aan die alkoholinhoud van die wyn te doen, maar oor die hoeveelheid hout wat gebruik word, het wynmakers beheer. Hy stel voor dat wynmakers minder nuwe hout gebruik en seker maak dat hulle net houtvate van die beste gehalte koop.

Fridjhon was teleurgesteld dat meer wynmakers - en veral portprodusente - nie wyn ingeskryf het vir die skou se kategorie vir museumwyne, wat die verouderbaarheid van wyn ten toon stel, nie. "Ek kan nie verstaan dat wynmakers nie wil wys hoe goed hul wyn kan verouder nie. Die produsente van gefortifiseerde wyn kla dikwels dat niemand in hul wyn belang stel nie. Hulle behoort maklik 'n paar medaljes in die museumkategorie te wen en dit is 'n seker manier om erkenning te kry en die aandag op gefortifiseerde wyn te vestig. Ek kan nie glo dat wynmakers só 'n geleentheid laat verbygaan nie."

Hy het aanbeveel dat wynmakers omtrent 25 kiste van 'n baie goeie jaar in goeie verouderingstoestande hou, sodat daar genoeg wyn is om aan kompetisies deel te neem. Hy en van die ander beoordelaars meen daar is bepaald 'n mark, veral restaurante, vir ouer wyn. Lloyd het gesê dat die Stellenbosse landgoed Warwick reeds jare lank groot welslae behaal met latere vrystellings.

16 Junie 2006

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.99
+1.0%
Rand - Pond
20.30
+1.1%
Rand - Euro
17.55
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.36
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,749.64
+0.5%
Silwer
21.25
+1.5%
Palladium
1,840.50
-0.5%
Platinum
1,006.50
+1.4%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,816
-0.3%
Alle aandele
73,128
-0.3%
Hulpbronne 10
71,369
+0.8%
Industriële 25
88,068
-0.4%
Finansiële 15
16,117
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot