AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4440
-90,00
SOYA
05 Des
-
10350
-32,00
SUNS
05 Des
-
10680
-132,00
WEAT
05 Des
-
6675
-41,00
WMAZ
05 Des
-
4966
-98,00
YMAZ
05 Des
-
4800
-108,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Wynuitvoerder stel standaard

Al hoe meer eise word aan Suid-Afrikaanse landbouprodukte gestel om in wêreldmarkte mee te ding.

Een van Suid-Afrika se voorste wynmaatskappye het onlangs 'n driekuns behaal deur gelyktydig alle belangrike gehalte- en veiligheidsertifiserings te ontvang en só hul kompeterende voordeel, veral op die uitvoermark, te verbeter.

Om in wêreldmarkte mee te ding, stel al hoe meer eise aan Suid-Afrikaanse landbouprodukte ten opsigte van gehalte en voedselveiligheid.

Om aan dié streng internasionale standaarde te voldoen, verg meer as net 'n paar vinnige kosmetiese veranderinge, sê bestuurslede van Westcorp Internasionaal op Vredendal. Dié maatskappy is een van Suid-Afrika se voorste uitvoerders van wyn en die eerste maatskappy in die land wat gelyktydig vir die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) se ISO 9001:2000-gehaltebestuurstelsel, die SABS se 10330 HACCP (Hazard Analysis of Critical Control Points) -sertifisering vir voedselveiligheid en die Britse Kleinhandelskonsortium (BRC) se standaard vir voedselveiligheid en gehalte beoordeel is, en dit daarna ontvang het.

Westcorp Internasionaal het in 2002 tot stand gekom ná die samesmelting van die Vredendal- en Spruitdrift-Wynkelders en is een van die grootste wynprodusente in die land.

Koste en harde werk om dié sertifiserings te verwerf ten spyt, glo hulle die voordele maak alles die moeite werd.

"In só 'n groot opset soos ons s'n laat dit 'n mens veilig voel," sê me. Marinda Swanepoel, gehaltebestuurder.

"Deur dié stelsels gee ons vir kopers die versekering dat ons produk aan gehalte- en veiligheidstandaarde voldoen, in higiëniese toestande vervaardig is, dat ons werkers regverdig behandel word en dat ál hierdie dinge gereeld gemonitor word," sê mnr. Fanie Augustyn, wie se taak as bemarkingsbestuurder daardeur makliker gemaak word.

Aan die bemarkingskant bespaar die sertifiserings hulle ook baie tyd. "Invoerders weet wat die sertifiserings beteken, dus bring hulle nie gedurig mense wat die kelder wil inspekteer nie," sê Augustyn.

Volgens mnr. Len Knoetze, keldermeester by die Spruitdrift-kelder, word wyne makliker in Brittanje gelys met dié sertifiserings.

Om te verseker dat die stelsel volhoubaar en prakties uitvoerbaar is, moes elke personeellid van WestCorp Internasionaal op die een of ander manier tydens die implementering van die standaarde 'n bydrae lewer.

Daardeur kry hulle op 'n verantwoordelike wyse 'n konstruktiewe aandeel in hul eie toekoms deur gerusstelling oor bestellings en toekomstige werk, sê die bestuurslede.

Deur die voortdurende opleiding van werkers in groepe en kompetisies tussen die groepe, waarin werkers hulleself en hul kollegas moes beoordeel, het hulle verseker dat die werkers by die proses betrokke raak.

"Op dié manier het hulle verantwoordelikheid aanvaar vir die standaarde en verstaan hulle presies waar hulle inpas," sê Swanepoel. Knoetze sê 'n verdere voordeel van goed ingeligte en opgeleide werkers kom na vore tydens die ouditproses: "Die ouditeurs loop na enige man toe en vra vrae — hulle kyk nie net nie."

Die implementering van gehalte- en veiligheidstelsels bring groot veranderinge mee, sê mnr. Pieter Verwey, keldermeester by die Vredendal-kelder. "Dit vereis 'n totale verandering in denke."

Knoetze sê hoewel daar baie "papierwerk" is, is die meeste daarvan goed wat in elk geval gedoen is en nou net geformaliseer word. Dit is nie meer kennis wat "in 'n ou se kop" sit nie. Omdat alle inligting aangeteken word, is dit ook makliker meetbaar.

En dít het hulle gedwing om prosedures gereed te kry, sê Swanepoel, maar voeg by dat dit nie 'n rigiede proses is nie.

Swanepoel sê die veiligheid- en gehaltestandaarde is byvoorbeeld nie absoluut rigied nie, en hulle het juis dié buigbaarheid ingespan om 'n stelsel te ontwikkel wat hul omstandighede pas.

"By ander maatskappye kan daar byvoorbeeld een persoon in beheer van die hele gehalte- en veiligheidstelsel wees. Ons glo dit moet 'n praktiese stelsel wees. Ons het 'n koördineerder, maar omdat elke afdelingshoof verantwoordelik is vir sy afdeling, maak ons seker dat dit nie bloot 'n papierstelsel word nie."

Westcorp se hele stelsel om gehalte- en voedselveiligheid te verseker, is op die maatskappy se rekenaarnetwerk geleë, en elke afdelingshoof hou sy eie deel op datum. Dit is 'n stelsel wat hulle vir hul eie omstandighede ontwikkel het en wat groei namate veranderinge plaasvind. Die stelsel is dinamies en veranderinge word aangebring ná raadpleging met ander afdelingshoofde.

Westcorp se bestuurspan meen hoewel die sertifiseringsproses aan die begin na 'n groot opdraand lyk, is dit die moeite werd. Hulle gee ook die volgende raad aan kelders wat nog deur die proses moet gaan:

  • Knoetze sê die vestiging van goeie vervaardigingspraktyke, soos netheid en kelderhigiëne, is die beste beginpunt. "Die kelder moet skoon wees. Eerste indrukke is blywend, en ouditeurs daag sonder waarskuwing op."

  • Alle werkers moet hul steun gee aan die proses en verstaan waarom dinge gebeur.

  • Maatskappye wat nie van plan is om die stelsel in stand te hou nie, mors tyd en moenie eens daarmee begin nie.

  • Swanepoel sê 'n goeie bestuurstelsel verg spanwerk, maar dit verskaf prosedures en kanale vir kommunikasie.

  • Die sertifiseringsproses sal koste meebring omdat daar dikwels werk aan die kelder en ander geboue gedoen moet word.

  • Daar ís kortpaaie, maar hulle verseker nie welslae of 'n volhoubare stelsel nie.

  • Omdat HACCP- en BRC-oudits elke jaar gedoen moet word, is daar geen ruimte om dinge net vir die mooi te doen nie.

    Mnr. Jimmy van der Merwe van Qualiticians, wat Westcorp Internasionaal in die ouditproses bygestaan het, glo organisasies moet aangespoor word om nie die vinnigste of kortste pad te volg net om sertifisering te kry nie. "As dit maklik was, sou die verbruiker geen voordeel hieruit kry nie, wat 'n bespotting van standaarde in die algemeen meebring."

    Ál die standaarde en sertifiserings geld die vervaardiging van wyn, en nie die produksie van druiwe nie. Die veiligheid en gehalte van druiweproduksie en die oesproses word verseker deur wingerdboere se nakoming van die reëls van geïntegreerde wingerdproduksie en bestaande parsreëls.

    Fokus op gehalte

    As mnr. Joshua Fourie, Westcorp Internasionaal se nasionale verkoopsbestuurder, sy sin kry, sal Westcorp-wyne "soos Coke op elke winkelrak" beskikbaar wees.

    Volgens hom is hulle reeds in 95 % van alle Suid-Afrikaanse supermarkte gelys.

    Dit is maar die helfte van die storie, want die maatskappy voer sowat 40 % van sy wyn uit; hoofsaaklik na Brittanje. Hul Gôiya- en Namaqua-handelsmerke is albei onder die top-25-verkopers daar. Hulle voer ook wyn uit na Duitsland, Swede, Nederland, Denemarke, Amerika, Japan, Hongkong, Nieu-Seeland en 'n hele paar Afrikalande, en die fokus bly op verhoogde uitvoer.

    Mnr. Abrie Botha, voorsitter van Westcorp Internasionaal, glo dit is moontlik om hul aandeel in die binnelandse en buitelandse mark te vergroot. "Die potensiaal word heeltemal onderskat. Ons moet nog die uniekheid van die streek bemark."

    Mnr. Len Knoetze, keldermeester by Spruitdrift waar Westcorp se rooi wyn gemaak word, sê dié gebied se grootste potensiaal is vir Shiraz en Chardonnay.

    In dié stadium is 80 % van die wyn wat Westcorp Internasionaal produseer, wit, en 20 % daarvan rooi. Dié verhouding gaan volgens Botha op die duur verander na 70 % wit wyn en 30 % rooi wyn.

    Daarom is veranderinge reeds in hul 224 aandeelhouers se wingerde sigbaar, sê Knoetze en mnr. Pieter Verwey, keldermeester by die Vredendal-kelder. Die gebied se kultivarsamestelling het verander na edelkultivars. "Van die tradisionele soorte, soos Frans, Claret blanc en Riesling, is besig om te verdwyn en die meeste nuwe aanplantings is Shiraz en Cabernet sauvignon."

    Wat gehalte betref, val die klem deesdae ook sterk op dít wat in die wingerd gebeur. Wingerdboukundiges werk saam met die boere om te verseker dat druiwe van goeie gehalte die kelder bereik. Die kelder het vier wingerdboukundiges wie se verantwoordelikheid dit is om die boere met raad te dien en die wense van die mark en die keldermeester aan die boere deur te gee.

    21 Mei 2004

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.24
    +1.7%
    Rand - Pond
    21.19
    +0.7%
    Rand - Euro
    18.20
    +0.6%
    Rand - Aus dollar
    11.74
    +0.3%
    Rand - Jen
    0.13
    +1.5%
    Goud
    1,796.61
    -0.1%
    Silwer
    23.00
    -0.7%
    Palladium
    1,923.00
    +1.2%
    Platinum
    1,020.50
    +0.1%
    Brent-ruolie
    85.57
    -1.5%
    Top-40
    69,203
    +1.4%
    Alle aandele
    75,353
    +1.4%
    Hulpbronne 10
    75,086
    +1.4%
    Industriële 25
    92,312
    +0.8%
    Finansiële 15
    15,864
    +3.0%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Fantastiese reisende kok wil jou lewe bietjie geur...
    Opregte, eerlike, liefdevolle advontuurlustige siel, wat hou van die natuurlewe, kosmaak, visvang en die buitelewe. Romantiese aande om te dans saam iemand wat my siel en hart...
    Altyd sonnig en vol pret
    Altyd sonnig en vrolik. Intelligent met n groot sin vir humor. Groot hart. Jy sal altyd glimlag of lag met my in die omtrek
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot