AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Benut moderne genetika in diereteelt

Dis belangrik om byeenkomste soos die Vleisbeesskool by Aldam by te woon en die modernste genetika in diereteelt te benut, sê 'n Aussie-kenner van genetika.

Benutting van die modernste genetika in diereteelt is onontbeerlik vir vordering in enige vleisbeeskudde, sê een van Australië se voorste genetikakenners, mnr. Alex McDonald.

Hy is een van die sprekers op die jaarlikse Vleisbeesskool by Aldam wat van 15 tot 17 Oktober deur die Lewendehawe Registrerende Owerheid (LRF), Breedplan en Landbouweekblad aangebied word.

McDonald se spesialiskennis pas goed in by die skool se hooftema, "Groei en Doeltreffendheid". Hy werk by die Landboubesigheids-navorsingsinstituut waar hy met die beesgenetika-uitvoeragentskap en tegnologie- en voorligtingsdienste gemoeid is.

Hy sê dit is belangrik om byeenkomste soos die Vleisbeesskool by te woon, want daar kry telers die geleentheid om te hoor wat in ander lande aangaan, in hierdie geval boonop ’n land met ’n soortgelyke klimaat en produksiestelsel. McDonald was betrokke by die ontwikkeling van Breedplan gedurende die 1980’s.

In Australië gebruik die voorste beesboere ’n wye verskeidenheid genetiese tegnologie om genetiese vordering te versnel. Dit sluit Breedplan se benaderde teelwaardes en indekse in. Hy gaan hierdie metodes breedvoerig op die Vleisbeesskool verduidelik, asook die beste manier om groei en doeltreffendheid te meet.

Verskeie ander buitelandse en plaaslike kenners gaan groei en doeltreffendheid onder oë neem en ook praktiese demonstrasies oor beesboerdery hou.

Die Vleisbeesskool se hoofborge is Pick n Pay, Molatek, Zoetis, Land Bank, Unistel, Taltec, Sparta, BKB, RPO en Rudd Skaal. Die prys vir al drie dae, wat verblyf en etes insluit, is R6 360. Mense kan nou reeds op www.stockmanschool.co.za registreer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
-2.2%
Rand - Pond
21.04
-0.7%
Rand - Euro
18.86
-1.1%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
973.45
-5.0%
Palladium
1,623.16
-2.8%
Goud
1,865.24
-2.5%
Silwer
22.38
-4.6%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Wie wil saam met my die mooiste liedjies skryf?
Spotane, vrolike geaardheid, sin Vir humor. baie positiewe persoon. Betroubaar en eerlik. Sien die mooi in die lewe raak. Gun die son oor almal skyn. Hou van dans.🌟...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot