AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Lewende hawe voer botoon met Veeskool

akkreditasie
Verskeie kursusgangers het ook ’n kleinveeboerdery. Dus is die Aldam-veeskool aangepas om ook in bok- en skaapboere se behoeftes te voorsien.

Verskeie kursusgangers het ook ’n kleinveeboerdery. Dus is die Aldam-veeskool aangepas om ook in bok- en skaapboere se behoeftes te voorsien.

Bywoners van die Aldam-veeskool word bevoordeel danksy die kennis wat hulle van moderne boerderymetodes inwin. Vanjaar se tema – deelname aan die rooivleiswaardeketting deur middel van verbeterde bestuurspraktyke – gaan nóg meer mense bemagtig.

Indien ’n mens terugkyk na die temas en inhoud van die vorige agt Aldam-veeskole, sien jy die skool voldoen aan sy mandaat om die betrokkenes in die rooivleis-waardeketting nader aan mekaar te bring – van opkomende, kommersiële en stoetboere tot voerkrale, abattoirs en handelaars.

Die skool rus plaaslike lewendehaweprodusente toe met toepaslike kennis om internasionaal mededingend te wees, sê dr. Michael Bradfield, organiseerder van die Aldam-veeskool en hoof van Breedplan Suider-Afrika.

Die negende Veeskool word van 18 tot 20 Oktober by die Aldam-vakansieoord tussen Ventersburg en Winburg onder die vaandel van die Lewendehawe Registrerende Owerheid en Landbouweekblad gehou.

“Verlede jaar se tema van vleisgehalte en die behoeftes van die verbruiker het die toonaangewende belanghebbendes in die rooivleisbedryf die nodige insig gegee om te verstaan ons kan waarde tot ons produk toevoeg om so meer geld vir almal in die waardeketting te verdien,” sê Bradfield.

Vanjaar se tema – deelname aan die rooivleiswaardeketting deur middel van verbeterde bestuurspraktyke – gaan nóg meer klem lê op wat die lewendehawebedryf kan doen om meer professioneel te boer.

Kleinveeboere

Opnames het getoon ’n beduidende getal kursusgangers het ook ’n kleinveeboerdery. Die organiseerders het dus besluit om die skool aan te pas om ook in hul behoeftes te voorsien.

Hoewel die meeste van die hoofsprekers se lesings oor die algemeen oor rooivleisproduksie gaan, word sessies spesifiek vir skaap- en bokboere beplan. Bradfield sê die beste internasionale sprekers word weer na die Veeskool genooi, wat twee buitelandse kenners insluit.

Die een spreker is mnr. Don Schiefelbein, lid van ’n gesin van nege broers wat een van Amerika se grootste vleisbeesboerderye in die deelstaat Minnesota behartig. Dié boerdery is in 1955 begin en het mettertyd gegroei tot ’n reusagtige onderneming om plek vir die nageslag te skep.

Die ander buitelander is mnr. Jason Strong, hoof van die AA Company in Australië. Dit is een van die wêreld se grootste vleisbeesboerderye en dek die hele waardeketting, waaronder voer. Die Veeskool word ook deur talle plaaslike kenners van rooivleisproduksie versterk.

Benut potensiaal

Bradfield sê die Suider-Afrikaanse rooivleisbedryf moet sy volle potensiaal benut deur te verstaan hoe die res van die wêreld werk. Die plaaslike bedryf se voordele en leemtes moet geïdentifiseer word. “Verlede jaar se droogte was ’n wekroep vir die hele bedryf. Die groot voerkrale wat vleis begin uitvoer het, besef nou wat dit verg om internasionaal mededingend te wees. Dit is egter onmoontlik om sommer die internasionale mark te betree deur te dink jou vleis kan met hoëwaardesnitte van ander internasionale Westerse lande meeding,” sê hy.

Suid-Afrika sal eers ’n eenvoudige, maar doeltreffende, naspeurbaarheidstelsel in werking moet stel. “Die opvatting oor ons vleisgehalte moet ook verander word deur dit in terme van smaaklikheid en eetgehalte te verbeter. Hoewel plaaslike verbruikers dalk vertroue in ons rooivleis het, is dit nie noodwendig die geval met internasionale verbruikers nie.

“Die gejaag na ’n goedkoper produk deur ons eie handel moet ook end kry. Vleis is nie net ’n kommoditeit nie, maar moet as ’n hoëwaarde-produk beskou word. Indien ons internasionaal wil meeding, moet ons bereid wees om ’n groter bydrae tot navorsing en ontwikkeling te lewer. Die huidige bydrae plaas ons beslis in die kategorie van ’n ontwikkelende land en sal op lang termyn beteken dat ons in ’n groef vasval waaruit ons nie maklik sal kom nie. Inteendeel, ons is dalk reeds in ’n groef.”

Die jaarlikse blootstelling van die plaaslike rooivleisbedryf en veral veeboere aan die wêreld se voorste kenners, plaaslike leierboere en ander belanghebbendes, soos die handel, stel alle betrokkenes in die waardeketting in staat om ál meer waarde uit die rooivleisbedryf te kry.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.23
-0.2%
Rand - Euro
17.61
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,726.04
+1.5%
Silwer
21.05
+1.6%
Palladium
2,321.00
+4.3%
Platinum
934.50
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot