AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

LRF-Veeskool: Vooruitsigte vir opkomende boere verbeter

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sowat 220 mense woon die 2022 LRF Veeskool by. Foto: Charl van Rooyen
Sowat 220 mense woon die 2022 LRF Veeskool by. Foto: Charl van Rooyen
Daar is hulpbronne en ’n gewilligheid om opkomende boere te help groei, en dit blyk of die staat ook die bedryf se raad in dié verband ernstig begin opneem.

Opkomende boere staan nie alleen nie en moet oral raad vra om hul boerdery te verbeter. 

Só kan almal saamwerk om ’n beter Suid-Afrika te bou, het mnr. Cois Harman, eienaar van die besigheid Agri Start wat raadgewende dienste aan nuwe boere bied, op die jaarlikse LRF-Veeskool by Aldam gesê.

“Dis nie nodig om swaar te kry nie, want as een sukkel, kry almal swaar,” het hy bygevoeg. Wanneer iemand begin boer, moet hy of sy oor kennis, gehalte-vee en goeie voeding beskik.

“Ons moet met mekaar gesels en kennis uitruil. Benut elke geleentheid, soos die Veeskool, om ’n beter boer te word.”

Om ’n kommersiële boer te word, moet ’n opkomende boer al sy uitgawes kan dek, anders beland daardie boer in die moeilikheid. Hy moet sy plaas behoorlik bestuur en nie net naweke plaas toe gaan nie. Hy moet kennis van veesiektes hê om siektes en parasiete doeltreffend te bekamp. Dan maak hy seker al die diere oorleef. 

Kalfpersentasie en grond

Een van die probleme met kommunale boerdery is dat boere gemeenskaplike bulle gebruik. As dit ’n swak bul is, verloor hulle potensiële inkomste weens ’n lae kalfpersentasie en laegehalte-speenkalwers. Indien hulle saam ’n beter bul aanskaf, is hulle op die pad na verbetering.

Hy het opkomende boere aangeraai om ook raad by kenners te vra wanneer hulle grond koop. “Dit is die regte pad om te loop om die grondskuld te betaal. Praat met kommersiële boere om die regte raad op ’n gereelde grondslag te kry.”

Nog ’n belangrike aspek is om nooit ’n kontrak ongesiens te teken nie. ’n Boer moet eers raad by ’n regsgeleerde kry, anders is hy dalk gebind aan ’n kontrak waarmee hy nie tevrede is nie. 

Rekordhouding

Prof. Norman Maiwashe, hoofbestuurder van die Landbounavorsingsraad se instituut vir diereproduksie op Irene, Gauteng, het op die Veeskool gesê boere móét toegerus word met die nodige kennis oor onder meer rekordhouding, teling, voeding en veldbestuur.

Hy het gesê die staat se KyD-projek ondersteun reeds nagenoeg 8 000 boere, waarvan 95% in kommunale gebiede is en die res hul plase besit of huur.

Dis vir hulle moeilik om finansiering by banke te kry as hulle nie doelmatig rekord hou nie. Baie kommunale boere besit min diere – dikwels tien of minder – en moet gehelp word om hul boerderye uit te brei en te verbeter, byvoorbeeld om die huidige lae kalfpersentasie van gemiddeld onder 40% en so laag as 25% te verhoog. Hy sê hulle moet doelwitte stel oor hoe hulle wil groei.  

Staat luister

Maiwashe het gesê die regering en sy entiteite vorder in die kommersialisering van ontwikkelende veeboere. Hulle begin luister na boere en besef boerdery is nie vir die twyfelaars nie, maar ’n ernstige besigheid.

Deelnemers aan die KyD-projek ondergaan tegniese evaluering en heelwat van hulle het reeds daarin geslaag om die kalfpersentasie te laat styg. Meer as 500 van daardie boere word nou as volwaardige kommersiële boere beskou.

Ingevolge nasionale beleid oor steun aan produsente-ontwikkeling word die boere ook gehelp om hul landboustelsel te verbeter.

Die meesterplan vir landbou en landbouverwerking wat in Mei vanjaar bekend gemaak is, is gemik op bystand aan ontwikkelende en kommersiële boere om ’n omgewing te skep om beleggings te lok, produktiwiteit te verhoog en voedselsekerheid te verbeter. Die pad vorentoe behels sterk, doeltreffende publieke-private vennootskappe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot