AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Opwindende Veeskool in vooruitsig gestel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Charl van Rooyen
Foto: Charl van Rooyen
’n Opwindende LRF-Veeskool word vir 12 tot 14 Oktober by die Allemanskraaldam naby Ventersburg beoog waar talle plaaslike en buitelandse kenners van beesboerdery die nuutste navorsing en kennis oor veeboerdery met die boere gaan deel.

Die tema is “Die opbou van ’n winsgewende koeikudde”.

Dit sal vanjaar weer deur die Lewendehawe Registrerende Federasie (LRF) met die samewerking Breedplan en Landbouweekblad gehou word. Daar is aan die formaat verander deur die eerste dag aan lesings en praktiese demonstrasies oor basiese boerderytegnieke vir beginnerboere te wy en die opvolgende twee dae op meer gevorderde boerderybeginsels te konsentreer.

Mnr. Mecki Schneider, voorsitter van die LRF, sê dit sal weer ’n opwindende Veeskool wees waar die lesings op basiese boerderypraktyke en winsgewendheid van koeikuddes sal konsentreer. “Die persoonlike skakeling tussen baie belanghebbendes in die lewendehawebedryf – die breë boerderygemeenskap, telers, wetenskaplikes, insetverskaffers en spesialiste op hul vakgebied – is altyd ’n bron van motivering en katalisator om vernuwing in elke boerdery te bewerkstellig.”

Die lesings vir beginnerboere handel oor die ekonomie van ’n winsgewende koeikudde en die beginsels wat dit moontlik maak, soos siektebekamping, veldbestuur, aanvullende voeding en bemarking van speenkalwers. Die praktiese demonstrasies sal die hantering van beeste, brandmerke, onthoorning, inenting, dosering, visuele seleksie van ’n bul en koei, en basiese rekordhouding insluit.

Die meer gevorderde lesings op 13 en 14 Oktober sal onder meer handel oor teeldoelwitte vir ’n winsgewende koeikudde, geleenthede in die rooivleisbedryf, seleksie van vee ingevolge die nuwe, beoogde vleisgraderingstelsel, meting van kuddedoeltreffendheid en dekseisoene.

Herlewingslandbou

Aandag sal ook aan herlewingslandbou gegee word met lesings oor die herlewing van grond om lewendehaweproduksie te verbeter en beginsels en stelsels van veldbestuur.

Praktiese lesings word beoog oor die optimale ouderdom met eerste kalf, aanvullende voeding om produksie te verbeter, aangeplante weiding, data-insameling en die vertolking van beraamde teelwaardes en inligting in ’n veilingskatalogus.

Die laaste dag sal gewy word aan die toepassing van genomika, gebruik van prestasietoetsing in genetiese vooruitgang en genetiese meting van koeivrugbaarheid.

Me. Izaan du Plooy, tegniese beampte van die LRF, sê verskeie kompetisiewenners sal weer bekend gemaak word, waaronder die Breedplan-Landbouweekblad Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar, waarvoor inskrywings op 31 Julie sluit. Die inskrywingsvorm is op die LRF-webtuiste beskikbaar. Inskrywings is oop vir alle stoettelers in Suider-Afrika en hulle hoef nie met die LRF geaffilieer te wees nie.

Vir die ander toekennings ding die stoettelers op ’n rasgrondslag met mekaar mee, naamlik die Beproefde Bul van die Jaar, Koeigroep van die Jaar en prestasiemeting.

Sy is nog besig om met sprekers te onderhandel. Hul name sal eersdaags bekend genaak word, maar sy kan reeds bevestig dat van die voorste veekenners van Suid-Afrika, Namibië, Amerika en Australië sal hul insette lewer.

Die koste vir die bywoning van die Veeskool word nog bereken. Die gedagte is om boere die keuse te gee om slegs die eerste dag by te woon, net die volgende twee dae of al drie dae.

Boere kan kies om een, twee of drie dae by te woon. Die pryse (BTW ingesluit) is: Volle registrasie wat drie nagte se verblyf, drie etes per dag en al die lesings insluit: R6 900 in 'n chalet of R5 900 vir kampering; nuwe boere (dag 1): R2 500 wat een nag in ’n chalet insluit, of R2 100 vir kampering; Dag 2 en 3: R5 000 in 'n chalet of R4 200 vir kampering; dagfooi sonder verblyf: R1 800. Vir vroeë bespreking (voor einde Augustus) is daar R500 korting. Spesiale fooie kan vir groepe van tien of meer mense gereël word.

Navrae en besprekings: Charmainé Alberts, 082 9223747, palberts@telkomsa.net

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Soek geselskap
Ek hou van gesels Ek is eerlik en opreg. Ek hou van die natuur. Ek hou van diere. Ek hou daarvan om na myself om te sien.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot