AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Vleisbeesskool van groot praktiese waarde

Kom slyp jou praktiese kundigheid by Aldam se Vleisbeesskool wat in Oktober aangebied word.

Talle praktiese demonstrasies en lesings van Suid-Afrika se voorste landboukenners op 2014 se Vleisbeesskool by Aldam gaan goud werd wees vir beesboere wat dit bywoon.

Die byeenkoms vind van 15 tot 17 Oktober onder die vaandel van die Lewendehawe Registrerende Owerheid (LRF), Breedplan en Landbouweekblad by die Allemanskraaldam tussen Ventersburg en Winburg plaas. Die hoofborge is Pick n Pay, Molatek, Zoetis, Land Bank, Unistel, Taltec, Sparta, BKB, RPO en Rudd Skaal.

Die tema is vanjaar "Groei en Doeltreffendheid". Daarvoor het dr. Michael Bradfield, hoof van Breedplan Suid-Afrika wat die skool reël, talle buitelandse en plaaslike kenners gevra om die boere te gaan onderrig.

’n Deel van die program word aan praktiese demonstrasies en lesings afgestaan. Een van die kenners wat daaraan deelneem, is mnr. Martin Seyfferdt, voorste interrasbeoordelaar wat oor bul- en koeiseleksie gaan gesels en sy lesse prakties op diere in ’n kraal gaan demonstreer.

Dr. Vlok Ferreira, nasionale tegniese bestuurder van Molatek, gaan met die boere oor presisieboerdery met beeste in ’n ekstensiewe stelsel gesels. Sy kollega, mnr. Johan Mouton, gaan weer oor die afronding van vee op weidings praat.

Nóg ’n praktiese werksessie is ’n besoek aan Sparta se beesvoerkraal by Marquard waar boere kennis sal opdoen wat telers normaalweg nie beskore is nie.

Die prys vir al drie dae, wat verblyf en etes insluit, is R6 360. Mense kan nou reeds op www.stockmanschool.co.za registreer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.7%
Rand - Euro
18.87
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
973.45
-5.0%
Palladium
1,623.16
-2.8%
Goud
1,863.93
-2.6%
Silwer
22.39
-4.6%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Wie wil saam met my die mooiste liedjies skryf?
Spotane, vrolike geaardheid, sin Vir humor. baie positiewe persoon. Betroubaar en eerlik. Sien die mooi in die lewe raak. Gun die son oor almal skyn. Hou van dans.🌟...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot