Die doel van die My hunting-toepassing is om die inligting van die jagbedryf te konsolideer om dit vir jagters en verskaffers maklik te maak om alles wat nodig is, op een plek te kry, te bestel, te adverteer en te bespreek.
“Ek en my vriend Johann Strauss is kranige jagters wat veral gaan jag om biltong te maak. Soms is ons net ’n klomp mans wat lus is vir ’n luukse of meer rowwe wegbreek.
Ander kere moet ons gesinne saamgaan. Dit was elke keer ’n gesukkel om die regte plek, akkommodasie en alles wat nodig is, gesoek en gereël te kry,” sê mnr. Edrich Venter wat die toepassing saam met Strauss ontwikkel het.