AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Dieregroep wil jag stopsit, maar kenner sê wild is ‘superkos’

akkreditasie
Foto: Sollie Potgieter
Foto: Sollie Potgieter
Dit het gister (22 April) vir haar soos 1 April gevoel en of iemand ’n Aprilgek-grap maak, sê me. Adri Kitshoff-Botha, uitvoerende hoof van Wildbedryf SA (WRSA), oor prokureursbriewe aan verskeie staatsdepartemente waarin ’n organisasie eis dat die eet van wildsvleis verbied word.

Dit het gister (22 April) vir haar soos 1 April gevoel en of iemand ’n Aprilgek-grap maak, sê me. Adri Kitshoff-Botha, uitvoerende hoof van Wildbedryf SA (WRSA), oor prokureursbriewe aan verskeie staatsdepartemente waarin ’n organisasie eis dat die eet van wildsvleis verbied word. 

Die EMS-stigting, ’n nie-regeringsorganisasie wat hom beywer vir die welstand van wilde diere, kinders en bejaardes, se regsverteenwoordiger, Cullinan en Vennote, sê volgens Volksblad dat hul kliënt in die lig van die Covid-19-pandemie ’n beroep op me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, doen om die slag, eet en uitvoer van wildsvleis onwettig te verklaar.

“Dit is absurd dat enigiemand Suid-Afrika se wildsvleis, wat wettig geproduseer en verwerk word, probeer vergelyk met sogenaamde nat markte in Wuhan, China, waar sommige dierspesies lewendig aangehou en as kos verkoop word,” sê Kitshoff-Botha.

“ ’n Mens kan mos nie die wettige verkryging en verspreiding van wildsvleis oor dieselfde kam as sluikhandel wil trek nie. Ons produkte moet aan streng produksie- en gesondheidstandaarde voldoen wat deur wetgewing en departementele regulasies gerig word.”

Dr. Maretha van der Merwe, adjunkdirekteur van die departement van omgewingsgesondheid in Tshwane, sê dit is nie die eerste keer sedert die uitbreking van Covid-19 wat diereregtegroepe probeer om die wildbedryf te saboteer nie. Soortgelyke eise is glo vroeër aan die Europese parlement gestel.

“Dit is egter jammer dat mense so ’n gesonde bron van proteïen van Suid-Afrikaners probeer ontneem in ’n tyd dat hulle die gesondheidsvoordele van wildsvleis die nodigste het.”

Strategiese hulpbron

Sy sê met 21 miljoen stuks wild in private besit behoort wild soos ander rooivleis as ’n noodsaaklikheid en selfs as strategiese hulpbron beskou te word.

“Wildsvleis is ongemanipuleer, dit is vrylopende diere sonder enige stres. Dit is dalk van die beste vleis wat mens nou kan eet om jou immuniteitstelsel op te bou. Dis as’t ware superkos. Hoekom sal ons dit onwettig wil verklaar?”

Van der Merwe en Kitshoff-Botha het hul kommer uitgespreek dat die aanslag kom terwyl die wildbedryf op sy knieë is. As gevolg van wêreldwye inperkingsmaatreëls gaan daar waarskynlik nie vanjaar in Suid-Afrika gejag word nie. WRSA is reeds besig om na maniere te kyk hoe die wild wat vanjaar nie met jag geoes word nie, ’n rol kan speel in die verligting van voedseltekorte in Suid-Afrika.

“Jag en toerisme is waarskynlik die bedrywe wat die langste aan die ekonomiese gevolge van die Covid-19-pandemie gaan dra,” sê Kitshoff-Botha. Die regering gaan nie sommer toelaat dat mense reis terwyl ’n pandemie wat deur mense versprei word, die land bedreig nie. “Ongelukkig moet die meeste mense reis om te gaan jag of om ’n ekotoerismebestemming te bereik,” sê sy.

Die EMS-stigting het nog nie op skriftelike vrae van Landbouweekblad gereageer nie. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.0%
Rand - Pond
19.42
-0.5%
Rand - Euro
17.37
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,659.31
+1.9%
Silwer
18.90
+2.8%
Palladium
2,150.51
+3.6%
Platinum
865.78
+1.4%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,413
-0.4%
Alle aandele
63,808
-0.3%
Hulpbronne 10
57,878
+1.5%
Industriële 25
78,523
-1.0%
Finansiële 15
14,099
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot