Tydens dié proses word die meeste van die horing afgesny en alle skerp hoeke rond gemaak om onnodige beserings te voorkom.
Onder verdowing word DNS-monsters, die horings se mate voor en ná verwydering, bloed-, weefsel- en haarmonsters geneem.
’n Basiese gesondheidsondersoek word ook gedoen, en veeartse dien onder meer ’n vitamienaanvulling toe.