Dit is belangrik gegewe die klem op maatskaplik-ekonomiese opheffing bo bewaring langs die grense van wildplase, reserwes en parke. Die huidige verlies aan biodiversiteit is kommerwekkend en onvolhoubaar.
Bewaring word sterk beïnvloed deur aangrensende gemeenskappe, meen die navorsers. Hoewel daar wel wen-wen-gevalle is, is relatief min gemeenskapsgebaseerde bewaringsinisiatiewe heeltemal suksesvol.
In 73 studies oor 12 Afrikalande heen is maatskaplike uitkomste in slegs 34% van gevalle as guns-tig beskou. ’n Nou verband is tussen voordele, optimistiese gesindhede en gemeenskapondersteuning in beskermde gebiede gevind.