Die een produk wat in elke kluis welkom sal wees, is Schütze CLP. Dit is ’n spuitkannetjie olie wat jou vuurwapen gelyktydig skoonmaak, olie en beskerm. Volgens Schütze is dit die perfekte kombinasie van olie en skoonmaak- en oplosmiddels wat sy produk van sy mededingers onderskei.
Verskillende oplosmiddels verwyder lood en plastiekneerslae uit die groewe in die geweerloop. As jy dit saam met Schütze se PCS gebruik, sal dit voorkom dat daar koper- en bronsneerslae in die loop opbou.
PCS word as voorloper tot CLP gebruik en maak aanpaksels sag sodat dit makliker deur die skoonmaakproduk verwyder kan word. Schütze beveel aan dat al die werkende dele van jou vuurwapen daarmee bespuit word, en die wapen dan oornag staan met die loop na onder voordat jy dit met CLP skoonmaak.