Ek het oudpres. Nelson Mandela nie persoonlik geken nie, maar ek het iemand soos hy geken. Sy naam was Isaac Phadi en hy het by my gejag. ’n Ware brugbouer tussen wit en swart in die jare net ná die eerste demokratiese verkiesing.
Hoe wens ek nie ons kon vandag steeds die Mandelas en Phadi’s in ons samelewing hê nie. Maar kom ons begin by die begin. In 1992 het byna 70% van Suid-Afrika ten gunste van verandering gestem. In 1994 het die eerste demokratiese verkiesing plaasgevind wat die ANC aan bewind sou plaas.
Die volgende jaar het die eerste munisipale verkiesing plaasgevind wat die ANC ook op plaaslike vlak grootliks in beheer sou plaas. Ek was toe, en is steeds, woonagtig in wat destyds bekend was as die stadsraad van Roodepoort.