Roofdiere lewer ’n belangrike bydrae om die ekostelsel in balans te hou, sê Philip Faure, ’n roofdierkundige, ná afloop van ’n projek van drie maande waarin 72 kameras gestel is om dierebeweging in die Platjan-omgewing in Limpopo te bestudeer.
In die proses is 600 000 foto’s geneem – van van gevlekte hiënas tot bruin hiënas, Afrika-sivette en luiperds. Die opname is oor ’n gebied van 195 km2 gedoen waar luiperds, hiënas en soms selfs leeus dikwels oor die grens van Botswana af kom.
Dit kan tot veeverliese lei. Kameras is drie maande lank sowat 2 km uit mekaar uitgesit. Opnames van mis en spore is ook gedoen. Faure sê boere was agterna baie verbaas hoe min luiperds waargeneem is.