AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

‘Laat anti-jagters hul bewerings staaf’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan Norval
Foto: Johan Norval
Jagters moet ophou om heeltyd op die agtervoet te reageer op die aanslae van anti-jagorganisasies.

Jagters moet ophou om heeltyd op die agtervoet te reageer op die aanslae van anti-jagorganisasies en begin om proaktief die goeie storie van volhoubare benutting se bydrae tot bewaring te vertel. Dit was me. Lizanne Nel, bewaringsbestuurder van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging, se boodskap aan die Custodians of Professional Hunting and Conservation SA tydens dié organisasie se onlangse jaarvergadering in Johannesburg.

’n Groot deel van die dag se gesprekke het gehandel oor die aanslae van diereregtegroepe en anti-jagorganisasies op die jagbedryf en die bedreiging wat dit vir beroepsjag in Suid-Afrika inhou.

Nel sê nie-jagters gebruik sensasionele retoriek oor trofeejag om finansiering vir hul organisasies te kry sonder dat enigiemand hulle aanspreeklik hou vir hul bewerings of hul eie omgewingsimpak.

“Kom ons begin na die individue kyk wat op podiums gaan staan en argumente voer om jag stop te sit. Kom ons hou hulle verantwoordelik vir hul eie omgewingspoor. Vra hulle hoe hulle die water vir hul gholfbane en whiskeyverbouing regverdig. Maak seker mense weet wat die ware omgewingspoor van ’n foto-safari is. Dit sal hulle twee keer laat dink voor hulle weer klippe na jagters gooi.”

Sy het verduidelik dat die wêreld moet besef almal het een of ander impak op die omgewing en dat mens dit moet aanvaar en verantwoordelik bestuur. “Niemand hou van die impak van mynwese nie, maar ons aanvaar dit as ’n noodsaaklike euwel. Mense wat nie van jag hou nie, kan dus ook leer om daarmee saam te leef sonder om wilde, ongegronde stellings as wetenskap aan die samelewing te verkondig, maar die jagbedryf gaan hulle tot verantwoording moet roep.”

Trofeë verbied

Nel het gewaarsku dat daar by talle ekspo’s en gespreksforums waaraan sy die afgelope tyd deelgeneem het, gepraat is oor ’n moontlike verbod in Europa op die invoer van jagtrofeë uit Afrika.

Sy het gesê deel van die probleem is dat die beroepsjagbedryf steeds van trofeejag praat. “Die oomblik dat Europese diereliefhebbers die woord ‘trofeejag’ hoor, wil hulle weet hoe kan jy ’n dier doodskiet net om ’n kop teen jou muur te hang? Ons moet ons woordkeuse verbeter en sorg dat die hele storie oor die volhoubare benutting van wild vertel word.”

Nel het gesê beroepsjagters moenie die bedreiging van ’n trofeejagverbod verwar met die impak van ’n totale jagverbod nie. “Ek hoor baie argumente oor hoe ’n verbod op trofee-invoer die jagbedryf gaan toemaak. As dit vir jul jagkliënte regtig oor jag gaan, hoekom? Gaan hulle nie kom jag nie omdat hulle nie die trofee kan kry nie? Hoekom is mense dan tevrede met net ’n foto as hulle die berg Everest suksesvol uitklim?”

Sy het gewaarsku dat die teendeel waar is met ’n algehele jagverbod soos tans in lande soos Botswana en Tanzanië, waar die lande se eie regerings jag verbied. Dit het beslis ongunstige gevolge vir bewaring en gemeenskappe in daardie lande.

Jagorganisasies moet seker maak die publiek weet wat die ware toedrag van sake is waar wild as natuurlike hulpbron volhoubaar benut word tot voordeel van plaaslike gemeenskappe en die omgewing. Mense moet ook sien wat die gevolge is wanneer sulke benuttingspraktyke verbied word. “Tans laat ons toe dat die klem verskuif word na kwessies wat nie bydra tot die langtermynvolhoubaarheid van jag nie, ons is besig om woorde en retoriek te verdedig, pleks dat ons vertel wat gebeur.”

Lizanne Nel,
Me. Lizanne Nel. Foto: Jasper Raats

Klimaatsverandering

Sy het gesê klimaatsverandering bied die jagbedryf ’n gulde geleentheid om mense van die waarde van volhoubare benutting bewus te maak. “Kom ons vertel vir Europa hoe ons ekstensiewe jaggebiede ons help om die impak van klimaatsverandering te hanteer, hoe jag die bewaring van hierdie gebiede moontlik maak.”

Nel het gesê die belangrikste is dat Suid-Afrika sy jagkultuur koester. “Daar is byna nie ’n bevolkingsgroep in ons land onder wie daar nie ’n sterk kultuur van jag in die een of ander vorm is nie. Ons moet met mekaar daaroor gesels, want dit is iets wat ons nasie kan verenig.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-1.3%
Rand - Pond
20.11
+0.1%
Rand - Euro
17.64
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,713.07
-0.2%
Silwer
20.66
+0.1%
Palladium
2,253.50
-0.2%
Platinum
925.00
+0.3%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot