AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9689,6
63,60
CORN
03 Feb
-
4545,8
-54,20
SOYA
03 Feb
-
9285
-45,00
SUNS
03 Feb
-
10121
-240,00
WEAT
03 Feb
-
6652
-33,00
WMAZ
03 Feb
-
4327,8
-1,20
YMAZ
03 Feb
-
4392,8
-28,20

Laat vaar fabelagtige terme vir wild, sê SA Jagters

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Sollie Potgieter
Foto: Sollie Potgieter
’n Verwysing na die welsaligheid van diere in voorgestelde omgewingswetgewing dek die tafel vir konflik tussen mense- en diereregte.

Die verwysing na diere se welsaligheid in die nuwe witskrif vir die bewaring van biodiversiteit en volhoubare gebruik is ’n fout wat potensieel rampspoedige gevolge vir natuurbewaring kan inhou, sê die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging.

Dié organisasie het ’n beroep op me. Barbara Creecy, minister van bosbou, visserye en omgewingsake, gedoen om die verwysing na “well-being” uit die nuutste weergawe van die witskrif te verwyder.

Soos dit tans staan, sê die vereniging in ’n verklaring, ken die term well-being menslike eienskappe aan diere toe wat dan vir diere aanspraak gee op dieselfde regte as mense. Eienaars van wild sal dus diere se geestesgesondheid en sielkundige gebalanseerdheid saam met hulle fisieke welsyn moet verseker.

Die vereniging maak dit duidelik dat hy in die breë die nuwe witskrif oor biodiversiteit verwelkom en sê dit het ’n holistiese en sinvolle benadering tot biodiversiteit, maar waarsku dat die konsep van diere se welsaligheid probleme met toepassing gaan veroorsaak.

Definisie

Die definisie vir diere se welsaligheid spruit waarskynlik uit die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteit (Nemba) se hersieningsproses waar aanvaar is dat die holistiese omstandighede en toestand van ’n dierebevolking bevorderlik moet wees vir hul fisieke, fisiologiese en geestesgesondheid en lewensgehalte.

In ’n brief aan Creecy waarsku mnr. Fred Camphor, die vereniging se uitvoerende hoof, dat die verwysing na welsaligheid tot hofgedinge tussen haar departement en verskeie belanghebbendes in die wildbedryf kan lei, van diereregtegroepe tot voorstanders van benutting.

Uit ’n regsoogpunt kan die term well-being met betrekking tot diere die deur oopmaak vir debatte wat die belangrikheid van menseregte teenoor diereregte afspeel. Dit is veral relevant in situasies waar konflik tussen mens en dier heers soos waar gemeenskappe langs reservate woon waar gevaarlike diere hul veiligheid bedreig.

“Dit is ook absurd om te dink dat die geestesgesondheid en lewensgehalte van sprinkane wat totale oeste vernietig, in ag geneem moet word voordat dit met insekdoders bestry word,” sê Camphor.

“Dieselfde geld die sogenoemde welsaligheid van olifante en roofdiere. Ons aanvaar dat sommige diere oor waarnemingsvermoë beskik, maar ’n mens kan steeds nie met ’n wilde dier redeneer wat menselewens bedreig nie.

“Net so min kan jy met ’n hoender gesels oor sy sielkundige gereedheid om jou aandete te word. Dit is dus duidelik dat die welsaligheid in die konteks van die definisie van die Nemba nie ’n term is wat mens op diere van toepassing kan maak nie.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.14
-0.3%
Rand - Pond
20.98
-0.4%
Rand - Euro
18.71
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
1,025.99
+0.1%
Palladium
1,697.04
+1.6%
Goud
1,913.84
+0.1%
Silwer
23.50
+0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,831
+0.3%
Alle aandele
79,990
+0.2%
Hulpbronne 10
74,726
+0.1%
Industriële 25
103,007
+0.4%
Finansiële 15
16,611
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hardwerkende man wat hou van die natuur en besig wees.
Ek is n pappa van 4 kinders (2 seuns en 2 dogters). Hou baie van die buite lewe en geniet dit baie om te dans. n Aand uit is net so nodig soos n Sondag middag op die bank. Vat...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot