Met die lees van Wildboer van Limpopo se brief “Renosterhoring: Wettige handel sal werk skep” (LBW, 2 Februarie 2023) besef ’n mens dat daar niks aan gedoen sal word nie. Dit wil jou met woede en haat vul!
Dit is net in Suid-Afrika waar politici slegs op bevele van ’n hoë hof reageer. Die enigste alternatief om aandag te vestig, is om klippe na voertuie te gooi, buitebande op strate en paaie te brand, en om te toi-toi.
Soms kry jy die indruk dat die betrokke minister die deur vir kamerade oophou om met onwettige bedrywighede voort te gaan. Terwyl ook jakkalse in skaapsklere ten duurste met belastingpligtiges se geld betaal word om sogenaamd renosters in parke op te pas, moet boere maar self vir voer en wagte opdok.