AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

‘Restaurante’ help om bedreigde aasvoëls te beskerm

akkreditasie
Die aasvoëlrestaurant by SA Jagters se Genl. De la Ray-tak in Lichtenburg, Noordwes, waar tot 200 aasvoëls al gelyktydig vir etenstyd aangemeld het. Foto: SA Jagters
Die aasvoëlrestaurant by SA Jagters se Genl. De la Ray-tak in Lichtenburg, Noordwes, waar tot 200 aasvoëls al gelyktydig vir etenstyd aangemeld het. Foto: SA Jagters
Internasionale Aasvoël Bewustheidsdag is Saterdag 4 September gevier.

Die afname in die getalle van ses aasvoëlspesies in Suid-Afrika tot op vlakke waar hulle kan uitsterf, bekommer bewaringsgesindes en wildkenners, luidens ’n verklaring deur die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SA Jagters).

Internasionale Aasvoëlbewustheidsdag is op Saterdag 4 September gevier.

Volgens SA Jagters is die grootste oorsake vir die afname ’n kombinasie van uitwissing deur mense, doodskok deur kragdrade, vergiftiging en die onwettige handel in liggaamsdele vir tradisionele medisyne.

Aasvoëls verrig ’n noodsaaklike funksie in ekostelsels aangesien hulle karkasse skoonmaak en die risiko van die verspreiding van siektes beperk, wat ekonomiese en gesondheidsvoordele vir mense inhou.

SA Jagters skep al geruime tyd bewustheid oor die afname in aasvoëls se getalle en het met bewaringsprojekte vir aasvoëls onder sy lede begin. Een van dié projekte is ’n aasvoëlrestaurant by SA Jagters se Genl. De la Ray-tak in Lichtenburg, Noordwes, waar tot 200 aasvoëls al gelyktydig vir etenstyd aangemeld het.

Buiten dat persele soos dié ’n veilige eetplek vir aasvoëls bied, word hulle ook ingespan as opleidingsentrums waar jong mense en plaaslike gemeenskappe meer oor bewaring kan leer. Nog ’n aasvoëlrestaurant en ’n plek waar aasvoëls kan broei, word vir SA Jagters se Mopani-tak in die Laeveld beoog.

SA Jagters het onlangs ’n erfenisgebied-inisiatief vir aasvoëls begin waardeur grondeienaars die broeiplekke van aasvoëls beskerm, verseker hulle het veilige plekke waar hulle kan eet en drink, en die voëls op hul plase monitor.

Grondeienaars wat betrokke raak, ontvang ’n erkenningsertifikaat vir hul deelname in die bewaring van aasvoëls asook inligting. SA Jagters en ander bewaringsvennote sal ook steun voorsien met die monitering en red van beseerde voëls.

SA Jagters is betrokke by die nasionale aasvoëltaakspan, wat ’n leidende rol in die bewaring van aasvoëls in Suider-Afrika speel, asook die nasionale werkgroep vir die voorkoming van vergiftiging van wild en die nasionale taakspan wat oplossings probeer vind vir die ongunstige impak van onbedoelde loodvergifting van aasvoëls weens, byvoorbeeld, die gebruik van loodkoeëls of die gebruik van lood in sinkers.

SA Jagters stel ’n reeks dokumente saam om bewustheid te skep oor die risiko’s wat loodkoeëls vir wild inhou. Hy beywer hom ook vir bekostigbare, loodvrye ammunisie.

Me. Lizanne Nel, bewaringsbestuurder by SA Jagters, sê die afname in aasvoëlgetalle behoort vir almal kommerwekkend te wees. “Sedert dit in 1949 gestig is, is SA Jagters tot bewaring verbind. ’n Mens kan nie van die land af lewe en lang ure in die veld deurbring sonder om ’n diepe begrip van en verbintenis tot die natuur te ontwikkel nie.

“Die vereniging sal voortgaan met sy verbintenis tot die bewaring van aasvoëls en nooi die publiek en ander belanghebbendes in die wildbedryf, plaaslik en in buurlande, om saam met SA Jagters te werk om hierdie manjifieke voëls te beskerm.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.7%
Rand - Pond
19.33
+0.3%
Rand - Euro
17.38
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.68
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,621.66
-1.3%
Silwer
18.34
-2.8%
Palladium
2,047.50
-1.2%
Platinum
852.00
-0.8%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,290
+0.3%
Alle aandele
63,626
+0.3%
Hulpbronne 10
56,215
-0.2%
Industriële 25
79,529
+1.4%
Finansiële 15
13,982
-1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Let's write our journey together
I am a happy and outgoing person. Have a passion for animals and nature. I love to travel and discover new things. Love to have fun and and enjoy life in general. I think my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot