Die wildbedryf staan op verskillende bene, daarom lê die waarde daarvan nie net in die landbou nie, maar ook in ander sektore van die ekonomie. Ekotoerisme, die verkoop van lewende diere, jag en ander produkte soos taksidermie en wildsvleis se waarde word dikwels onderskat.
Een van die bedryf se grootste bates is dat groot dele daarvan op marginale grond bedryf kan word wat nie altyd geskik is vir ander landboubedrywighede nie.
Sedert die vroegste tye was die Bosveld bekend om sy groot verskeidenheid wild. Dit bied ’n goeie jagervaring omdat ons slegs diere jag wat oorspronklik hier voorgekom het.