In verskeie opsigte leef wildboere in die skadu van die permitboek. Maatreëls wat oor die jare heen ingestel is om wilddiewery, die jag van plaaswild en die beskerming van wild op oop plase te beheer, behoort aangepas te word by die vinnig groeiende wildbedryf.
Eiendomsreg, of ten minste die volle beskikkingsreg oor die wild wat hulle dikwels vir tienduisende rande gekoop het, word wildboere ontsê, en hulle mag nie so vrylik met hul wild handel dryf soos wat met vee die geval is nie.