AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9695
42,00
CORN
30 Mrt
-
4650
8,00
SOYA
30 Mrt
-
8325
-58,00
SUNS
30 Mrt
-
8800,2
-18,80
WEAT
30 Mrt
-
6680
1,00
WMAZ
30 Mrt
-
3950
0,00
YMAZ
30 Mrt
-
4053
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Vergelegen nou die tuiste van ‘uitgestorwe’ kwaggas

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vyf van Vergelegen-landgoed se sewe Rau-kwaggas. Foto: Verskaf
Vyf van Vergelegen-landgoed se sewe Rau-kwaggas. Foto: Verskaf
’n Besoeker aan die Vergelegen-wynlandgoed kan maklik dink hy het ’n glasie te veel in as hy ’n kwagga-subspesie opmerk wat 150 jaar terug al uitgesterf het.

Die Vergelegen-landgoed by Somerset-Wes is nou die trotse eienaar van sewe Rau-kwaggas, ’n groep sebras wat ’n selektiewe teelproses ondergaan het om te lyk soos die suidelike vlakte-kwagga, ’n subspesie waarvan die laaste een in 1883 in die Amsterdam-dieretuin dood is.

’n Bevolking van vlakte-sebras is ingespan om die gene te verkry vir die kwaggas se kenmerkende velpatroon. Die naam Rau-kwaggas is ter nagedagtenis van mnr. Reinhold Rau, ’n taksidermis, wat in 1987 met die projek begin het en dood is voor dit voltooi is.

Mnr. March Turnbull, direkteur vir die kwaggaprojek, verduidelik dat die kwagga van ander sebras verskil deur normaalweg net strepe op die kop, nek en voorste deel van die lyf te hê. Hulle rûe is meer bruinerig as wit, en die maag en bene is wit sonder strepe. “DNS-ontledings het getoon dat die kwagga nie ’n aparte sebra-spesie op sy eie is nie, maar ’n subspesie van die suidelike vlakte-sebra (Equus quagga).”

Dit het die selektiewe teelproses moontlik gemaak om die bevolking te teel wat visueel baie nader aan die oorspronklike kwagga-bevolking lyk as enige ander vlakte-sebra. Die uitgestorwe kwaggas het lank terug in groot troppe in veral die Karoo en suidelike dele van die Vrystaat voorgekom, maar is teen die tweede helfte van die 19de eeu heeltemal uitgejag.

Die sewe Rau-kwaggas by Vergelegen is ’n hings, vyf merries (waarvan vier dragtig is) en ’n vul wat van Pampoenvlei in die Atlantis-Darling-gebied gebring is. Hulle word in ’n reservaatgebied van 180 ha gehou saam met vyf elande wat ook deel is van ’n navorsingsprojek oor hoe ekostelsel-verskeidenheid kan baat vind by diere op natuurlike weiding.

Rau-kwagga
Die Rau-kwagga lyk soos die suidelike vlakte-kwagga, ’n subspesie waarvan die laaste een in 1883 in die Amsterdam-dieretuin dood is. Foto: Verskaf

Mnr. Eben Olderwagen, omgewingsbestuurder by Vergelegen, sê die verskuiwing van die kwaggas het fyn beplanning geverg. Permitte moes bekom word. Weens die gevaar van stres by die kwaggas moes ’n koel, windstil dag gekies word om die diere se verdowing vanuit ’n helikopter te vergemaklik. “Dit was ook moeilik om die veearts, vlieënier en al die ander kundiges by die verskuiwing op die regte dag byeen te kry, maar 10 Mei was toe só ’n dag en alles het suksesvol verloop.”

Vergelegen is geleë in een van die mees blomryke streke ter wêreld waarvan 1 900 ha tot ’n natuurreservaat, met dieselfde status as die Krugerwildtuin, verklaar is nadat alle uitheemse plante oor ’n tydperk van 14 jaar teen 2018 verwyder is. 

Die kwaggas sal in die toekoms deur besoekers gesien kan word as deel van die landgoed se ekologiese wildbesigtingsritte. Daar word gekyk na die moontlikheid om ander spesies wat natuurlik in die gebied voorgekom het, soos swartrenosters, Kaapse buffels en seekoeie, ook daar te hervestig.

Lees meer oor:

Vergelegen se ekologiese projekte by: https://vergelegen.co.za/nature/

Die kwaggaprojek: https://www.quaggaproject.org/

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.04
+0.4%
Rand - Pond
22.30
+0.0%
Rand - Euro
19.62
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.11
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
967.60
-0.1%
Palladium
1,433.34
-1.1%
Goud
1,967.54
+0.2%
Silwer
23.64
+1.3%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,323
+0.7%
Alle aandele
76,945
+0.6%
Hulpbronne 10
67,706
+1.6%
Industriële 25
103,609
+0.3%
Finansiële 15
15,665
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot