AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9714
0,00
CORN
29 Mrt
-
4671
0,00
SOYA
29 Mrt
-
8192
0,00
SUNS
29 Mrt
-
8660
0,00
WEAT
29 Mrt
-
6654
0,00
WMAZ
29 Mrt
-
3990
0,00
YMAZ
29 Mrt
-
4053
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Waardevolle Springbok-ram, Oom Dyk, verdwyn spoorloos

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Oom Dyk, die Springbok-ram wat reeds twee weke vermis word. Foto: Verskaf
Oom Dyk, die Springbok-ram wat reeds twee weke vermis word. Foto: Verskaf
Daar word reeds twee weke lank intensief op die plaas Wildfontein naby Noupoort in die Karoo na ’n springbok-ram gesoek wat as een van die grootste in Suid-Afrika beskryf word en wat spoorloos verdwyn het.

Mnr. Dykie de Villiers, eienaar van De Ville Springbok-boerdery, sê nie ’n enkele leidraad oor die verdwyning van die vyfjarige ram, genaamd Oom Dyk, kon tot dusver gevind word nie. Dit ten spyte daarvan dat die plaas en die omliggende omgewing al twee weke lank op elke moontlike manier gefynkam word.

“Oom Dyk het net van die aardbol af verdwyn. Hy was in ’n plat kamp van 180 ha wat nie ’n bos of ’n sloot het nie. Daar is gras, maar dit is nie lank nie, dus sou ’n mens kon sien as hy iewers dood gelê het. Dit is nou winter, dus sou die bok nog vir maande daar gelê het. Die kraaie sou dit ook vir ’n mens uitgewys het.”

Volgens De Villiers was Oom Dyk nooit stout nie en het nooit met die draad probeer lol of oorspring nie. “Hy was ’n rustige bok. Al die bokke in die kamp is rustig.”

Aangesien Oom Dyk in die verlede deur ’n veearts as abnormaal groot beskryf is, is dit ook nie die tipe bok waaroor ’n mens sou twyfel as jy hom sien nie. “Jy sou daardie bok van ’n kilometer af kon uitken.”

De Villiers sê sedert die ram presies twee weke gelede vermis geraak het, het geen van die kapkopramme in die kamp ’n poging aangewend om hulself as die nuwe dominante ram te vestig nie. “Hulle lê almal rustig op ’n hoop bymekaar. Die res van die trop is nog almal daar.”

Daar is ook geen teken dat ’n jakkals of rooikat in die kamp was nie.

Aangesien die 13 mense wat daagliks 30 ha van die kamp deurgesoek het om Oom Dyk te vind, 2 m van mekaar geloop het, is dit volgens De Villiers onmoontlik dat iemand nie die bok of sy karkas sou opmerk nie.

“Die enigste gevolgtrekking wat ek kan maak, want ek weet dit het al elders in die verlede gebeur, is dat iemand doelbewus hierdie waardevolle bok kom vat het.”

’n Beloning van R30 000 is al uitgeloof aan enigiemand wat met inligting kan help om Oom Dyk op te spoor, maar selfs dit het nog nie leidrade opgelewer nie.

“Indien die bok op een van ons bure se plase beland het, sou hulle ons laat weet het. Selfs al het hy uit die kamp gekom, sou hy weer daarheen teruggekeer het, want hy weet waar die kamp en sy ooie is.”

De Villiers meen dit is onwaarskynlik dat die bok deur ’n jagter geskiet is, aangesien die naaste pad ’n kilometer van die kamp af is, en die bok herken sou word indien iemand met die karkas sou spog.

Die voorval is by die polisie aangemeld. Enigiemand met nuttige inligting word versoek om mnr. Dykie de Villiers te kontak by 083 448 3363.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.19
-0.2%
Rand - Pond
22.42
-0.1%
Rand - Euro
19.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.15
+0.3%
Rand - Jen
0.14
+0.6%
Platinum
956.84
-1.1%
Palladium
1,416.84
+0.8%
Goud
1,962.18
-0.6%
Silwer
23.12
-0.9%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,445
0.0%
Alle aandele
76,047
0.0%
Hulpbronne 10
66,460
0.0%
Industriële 25
102,327
0.0%
Finansiële 15
15,628
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk!!
Kom ons kyk wat die toekoms en moontlikhede inhou - tyd, geluk, vrede, liefde is kosbaar en net geleen aan ons!!
Opreg en eerlik
Eks plat op die aarde, daars baie waarvan ek hou om te doen behalwe enige iets wat met hoogte te doen het, so letterlik plat op die aarde.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot