AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

WRSA 'diep ontsteld' oor beweerde wrede hantering van wild

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
(van links) Me. Nicci Wright en dr. Karin Lourens van die Johannesburg natuurlewe-veeartsenykundige hospitaal was van die verskillende mense, organisasies en maatskappye wat saamgewerk het om na bewering ongeveer 70 wilde diere uit beweerde onmenslike toestande op die wild- en roofdierteelplaas in die Vrystaat se Verkeerdevlei-distrik, te red. Foto: Bloemfontein DBV
(van links) Me. Nicci Wright en dr. Karin Lourens van die Johannesburg natuurlewe-veeartsenykundige hospitaal was van die verskillende mense, organisasies en maatskappye wat saamgewerk het om na bewering ongeveer 70 wilde diere uit beweerde onmenslike toestande op die wild- en roofdierteelplaas in die Vrystaat se Verkeerdevlei-distrik, te red. Foto: Bloemfontein DBV
Die 55-jarige eienaar van ’n wild-en-roofdierteelplaas van die distrik Verkeerdevlei in die Vrystaat is in hegtenis geneem omdat hy na bewering talle wilde diere in onmenslike omstandighede gehuisves het.

Wildboerdery Suid-Afrika (WRSA) het hom daartoe verbind om die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging (DBV) te ondersteun met sy ondersoek na 'n geval van beweerde wreedheid teenoor wilde diere op 'n wild-en-roofdierteelplaas in die distrik Verkeerdevlei in die Vrystaat. Die WRSA sê luidens 'n verklaring hy is “diep ontsteld” oor die verslae oor dié aangeleentheid wat hy tot dusver ontvang het.

In 'n verklaring sê die Bloemfonteinse DBV inspekteurs van die DBV in Bloemfontein en Virginia het saam met amptenare van die Vrystaatse departement van ekonomiese sake, kleinsakeontwikkeling, toerisme en omgewingsake op 31 Januarie gereageer het op 'n klag dat 'n luiperd na bewering in onmenslike omstandighede op die plaas gehuisves word.

Die inspekteurs en amptenare het op die plaas afgekom op 'n luiperdwyfie wat na bewering die afgelope vyf maande in 'n byna volledig toegemaakte sleepwa van 2 m x 1,5 m aangehou is. “Sy is in 'n donker sleepwa aangehou, is hoenders deur klein openinge gevoer en is omring deur haar eie urine en ontlasting, en die oorblyfsels van die hoenders. Die span het dadelik opgetree om die luiperd uit die sleepwa te bevry. Twee bakoorjakkalse en sewe dassies is dieselfde dag ook bevry,” lui die verklaring.

dieremishandeling, wildboerdery,arrestasie,
Bakoorjakkalse wat glo op die plaas gekry is, het na bewering tekens van besering getoon wat blykbaar nie behoorlik deur die plaas se eienaar behandel is nie. Foto: Bloemfontein DBV
dieremishandeling, wildboerdery,arrestasie,
Dassies was onder die verskillende wildspesies wat na bewering in onwettige toestande op 'n wild- en roofdierteelplaas in die Vrystaat se distrik Verkeerdevlei gehuisves is. Foto: Bloemfontein DBV
dieremishandeling, wildboerdery,arrestasie,
Die luiperdwyfie is na bewering vir meer as vyf agtereenvolgende maande voortdurend in hierdie byna volledig toegemaakte sleepwa aangehou. Foto: Bloemfontein DBV
dieremishandeling, wildboerdery,arrestasie,
Die luiperdwyfie is na bewering vir meer as vyf agtereenvolgende maande voortdurend in hierdie byna volledig toegemaakte sleepwa aangehou. Foto: Bloemfontein DBV
dieremishandeling, wildboerdery,arrestasie,
Die luiperdwyfie is na bewering vir meer as vyf agtereenvolgende maande voortdurend in hierdie byna volledig toegemaakte sleepwa aangehou. Foto: Bloemfontein DBV
dieremishandeling, wildboerdery,arrestasie,
Bakoorjakkalse wat glo op die plaas gekry is, het na bewering tekens van besering getoon wat blykbaar nie behoorlik deur die plaas se eienaar behandel is nie. Foto: Bloemfontein DBV

Volgens me. Reinet Meyer, hoofinspekteur van die Bloemfonteinse DBV, het hulle in die aanvanklike inspeksie talle ander wilde diere op die plaas opgemerk wat na bewering aangehou is in toestande wat strydig is met die Dierebeskermingswet (Wet 71 van 1962) en/of die Vrystaatse natuurbewaringsordonnansie.

Meyer sê dat die DBV eers aansienlike wetlike, logistieke, veeartsenykundige, finansiële en ander beplanning moes onderneem voordat die oorblywende wild op die plaas behandel, hervestig en behoorlik gehuisves kon word. Dié planne is op 22 Februarie in werking gestel.

Sy sê die plaaseienaar was nie op 31 Januarie met die inspeksie op die eiendom nie. Op 22 Februarie is 'n 55-jarige man in hegtenis geneem vir beweerde veelvuldige oortredings van die Dierebeskermingswet en/of die natuurbewaringsordonnansie.

“DBV-inspekteurs, veeartsenykundige personeel en wetstoepassingsbeamptes was geskok om te sien dat talle inheemse wilde katte en bakoorjakkalse in vuil hokke aangehou is en ’n magdom gesondheids- en welstandsprobleme ondervind. Die gespesialiseerde span kundiges het van vroegoggend tot laatnag gewerk om te verseker dat elke dier veilig gevang, verdoof en ondersoek is voordat dit in kratte neergelê is as eerste stap in hul reis na vryheid.”

Sowat 70 wilde diere is van die plaas verwyder. Die man wat in hegtenis geneem is, en die naam van die plaas is nog nie bekend gemaak nie.

In sy verklaring veroordeel die WRSA "ten sterkste" die beweerde optrede van die plaaseienaar. “Ons stel dit onomwonde dat hierdie behandeling van enige dier in stryd is met elke standaard van etiek en menslikheid wat ons verwag van alle mense wat die verantwoordelikheid aanvaar het om diere te versorg. As 'n vereniging is ons daartoe verbind om eties volhoubare wildboerderypraktyke te bevorder wat dierewelstand voorop stel. In die beste belang van die diere in ons sorg en ons bedryf, moet wildboere altyd die welstand van diere prioritiseer en voldoen aan die streng regulasies wat dierewelstand in Suid-Afrika reguleer.”

Dit sê verder dat die WRSA regstreeks na die Bloemfontein DBV uitgereik het om “ons volle ondersteuning en bystand in die ondersoek te bied op enige manier wat ons kan”. Die WRSA moedig lede van die publiek aan om gevalle van dieremishandeling of -wreedheid by die betrokke owerhede aan te meld.

Die Bloemfontein DBV bedank die DBV van Virginia, dr. Peter Caldwell van die Old Chapel-veeartsenykliniek in Pretoria, dr. Karin Lourens en haar span van die Johannesburgse natuurlewe- veeartsenykundige hospitaal en die vrag-en-meubelvervoeronderneming S&S vir hul hulp om die diere te hervestig.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
-0.8%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die is nie vir bang dames nie, Is jy dapper of mal genoeg ?
Ek loop nie graag heeldag my eie beeld en polish nie, ek verkies dat mense my leer ken en dan self besluit hoekom hulle van my hou of nie hou nie. Nie een van ons is perfek nie,...
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot