Dié aankondiging volg kort ná Country Bird Holdings (CBH), ook 'n maatskappy met belange in die hoenderbedryf, bekend gemaak het dat hy 13,4% van Sovereign se aandele bekom het. Mnr. Jeff Wright, voormalige uitvoerende hoof van Afgri, is verlede jaar as CBH se uitvoerende hoof aangestel.
Die aankondiging deur CBH het volgens mnr. Mike Davis, uitvoerende hoof van Sovereign, nie tot Afgri se voorneme en gevolglike aankondiging gelei nie. Hy sê Afgri se voornemende transaksie sal hom op dieselfde manier as alle ander aandeelhouers by Sovereign betrek. "Die ooreenkoms sal beduidende waarde tot ons huidige aandeelhouers, ook dié van Afgri, byvoeg," het hy gesê.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 29 mei 2009.
22 Mei 2009