
Agri Klein Karoo (AKK) is vir die derde agtereenvolgende jaar as die beste distrikslandbouvereniging in die Wes-Kaap aangewys. Die toekenning is tydens Agri Wes-Kaap se jaarkongres by die Goudini Spa aan die bestuur van AKK oorhandig.
Die beoordelaars kyk onder meer na administrasie, finansies, bestuurspraktyke en doeltreffende opleiding en ontwikkeling. Boonop is die mate waartoe daar doeltreffende vergaderings gehou word en suksesvolle kommunikasie en skakeling van deurslaggwende belang.
Op die meegaande foto verskyn (van links) mnre. Piet Lodder (bestuurder) en Coen Basson (voorsitter) met die spogtrofee. Die foto is verskaf.
6 Augustus 2009