AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Agri Megaweek is ’n lewenswyse

Almal wat by die landbou belang het, kry van 14 tot 16 September op Bredasdorp kans om die toekoms van die bedryf te bespreek.

Vir jare, selfs dekades, is mense se persepsie van landbou geromantiseer as ’n afgeleë plaas, met diere wat in die laaste daglig loop en wei voordat hulle vir die nag rustig aandrentel na die kraal.


Party mense beskou selfs boerdery as bloot ’n stokperdjie wat net oor naweke beoefen word. Die waarheid is egter dat daardie idilliese prentjies vandag sommer baie ver verwyderd is van die werklikheid, sê mnr. Cobus Uys, voorsitter van Agri Megaweek se bedryfskomitee.


Dinamiese bedryf

Hy sê die landboubedryf is, soos al die ander bedrywe, vandag ’n dinamiese, intensiewe bedryf waar nuwe tegnologie, verbruikersneigings en ’n globale speelveld net so deel is van die totale prentjie as in enige van die ander ander sektore.


Boerdery is beslis nie ’n 8-tot-5-beroep nie. Om ’n volhoubare bestaan uit die landbou te maak, is ’n heeltydse lewenswyse sonder vaste werksure. Dit is nie noodwendig iets waarmee ’n mens gebore word nie – selfs al is die grond waarop hy boer al geslagte lank in die familie.


Om te boer is ’n doelbewuste besluit om elke dag, vanaf douvoordag tot saans, aktief by te dra tot voedsel- en veselproduksie vir Suid-Afrika en ook vir die res van die wêreld.

Uys sê wanneer geleenthede, soos Agri Megaweek Landbou-ekspo, oor produsente en landbouers se pad kom, is dit ’n kans vir produsente, landbou-ondernemings, die publiek, en selfs die Regering om die landboubedryf uit ’n praktiese perspektief te beskou en só in pas te kom met die werklikhede wat met die bedryf gepaardgaan.


Landbou vir die Mense

Daarom is dit so gepas dat Agri Megaweek 2011 vanjaar konsentreer op die tema “Landbou vir die Mense”, meen Uys. “Want elkeen van ons, sonder dat ons dit besef, is die produk van die landbou se produkte. Brood, vleis, melk, vrugte en groente en, vir talle, ook werkgeleenthede kom alles van die landboubedryf.


“Die landbou is dus nie net ’n beroep nie, maar ’n totale lewenswyse vir diegene wat in die bedryf werksaam is, sowel as diegene wat ons produkte verbruik.” Veral in tye soos nou is die landbou gedurig onder druk om volhoubare voedselsekerheid te verseker, groei en ontwikkeling in die landboubedryf mee te bring, en om nuwe werkgeleenthede te skep.


Dit, terwyl arbeidswetgewing en grondhervorming (wat ’n uiters onvriendelike en polities gelaaide klimaat teenoor die landbou skep), toenemende druk om mee te ding met goedkoper invoer van ’n swakker gehalte alles in die pad van produsente en die georganiseerde landbou staan.


Hy sê Agri Megaweek is beslis die beste plek om reguit oor al daardie probleme en kwessies te praat aangesien alle belanghebbendes in die landbou by hierdie geleentheid teenwoordig is.


'n Spreekbuis vir die bedryf

Gebeure en geleenthede by Agri Megaweek handel oor belangrike kwessies in die kleingraan-, melk-, wol- en veebedryf. Die ekspo bied op formele en informelewyse ’n spreekbuis vir produsente, die georganiseerde landbou, verbruikers, regeringslui, verskaffers van produksiemiddele en alle ander belangrike belanghebbendes om hul menings, raad en moontlike oplossings te bespreek, en só saam ’n volhoubare toekoms vir die landbou te bewerkstellig.


Uys stel dit onomwonde dat dit nie net bloot by praat bly tydens die ekspo nie. Die praktiese en demonstratiewe aard van Agri Megaweek se aanbiedings en uitstallers is ’n kenmerk wat al vir jare deel is van die ekspo se tradisie.


Agri Megaweek was al in die verlede bevoorreg om die nasionale skaapskeer- en wolhanteringskampioenskap te huisves, asook die nasionale Jersey-kampioenskap. Verlede jaar is die indrukwekkende BKB Veesentrum geopen, en vanjaar is Agri Megaweek die trotse gasheer van die jaarlikse Merino Classic – die hoogtepunt op die Merino-wolskaapkalender.


Dit is dus baie duidelik dat Agri Megaweek en die infrastruktuur op Mega Park buite Bredasdorp weer die ideale geleentheid en plek is vir landbougebeure uit die boonste rakke, meen Uys.


Almal welkom

Hy nooi almal wat belang het by die landbou, of bloot belang stel in daardie sektor, om vanjaar se Agri Megaweek by te woon en saam te kyk, te kuier, te ondervind, te luister en te leer.


Agri Megaweek het homself oor die jare onderskei as dié vertoonforum vir die moderne landbou in die Wes-Kaap en wyer, met kennis en begrip vir die verlede en ’n sterk fokus op die toekoms. Dis dié plek en geleentheid vir interaksie tussen produsent, verbruiker en alle ander belanghebbendes in die bedryf.


“Ons sien uit daarna om mense te ontvang as ons gaste, maar ook vennote in die landbou om dit ’n geleentheid te maak waar die landbou waarlik vir die mense is,” sê Uys.


5 September 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot