
SABMiller is besig om ’n bier van broodwortel, of kassawe, in Johannesburg vir die Angolese mark te ontwikkel. Dié nuwe, “helder” bier sal volgende jaar op die Angolese mark getoets word.
“Die prys van bier word opgestoot omdat garshop so duur is om in te voer. SABMiller mik daarop om die koste van bier regoor Afrika te verlaag en vir plaaslike verbruikers meer toeganklik te maak,” sê mnr. Jonathan Oats, woordvoerder. “Die bier is nie net ’n nuwe produk vir die Angolese mark nie, maar sal ’n groter vraag na plaaslike broodwortel tot gevolg hê. Dit bied mense wat broodwortel op ’n klein skaal produseer die geleentheid om kommersiële boere te word.”
Die nuwe bier is deur die suksesvolle sorghumbier Eagle-lager in Uganda geïnspireer. Broodwortel is 'n stapelvoedsel in Angola.
Bron:
13 Julie 2009