
Die afgelope twee jaar was moeilik vir voedselmaatskappy Astral Foods, die tweede grootste hoenderprodusent in Suid-Afrika. “Ons het ‘n baie swaar winter gehad wat verbruikersbesteding en -pryse aangaan,” sê hoof uitvoerende beampte, mnr. Chris Schutte.
Die herstel het egter begin, meen die maatskappy. Die hoendervleisbedryf sal na verwagting voordeel trek uit laer insetkoste, veral mielies. Die laer mielieprys is egter gedurende die afgelope jaar deur laer verbruikersbesteding uitgekanselleer. Luidens ‘n berig van Business Day het kopers minder gevriesde hoender gedurende die wintermaande gekoop.
Astral se netto wins het in die jaar tot September met 6 % tot R353 miljoen van R334 miljoen gestyg en sy omset het met 8 % tot R8,8 miljoen verbeter. Astral se aandeelprys het in die afgelope twee jaar met 22 % gedaal, maar het in die afgelope jaar herstel van 16 % getoon.
Bron:
18 November 2009