
Die wêreld staan voor ’n kruispad. As drastiese aanpassings nie nou dringend gemaak word nie, lyk die toekoms vir die planeet en sy inwoners nie goed nie, sê prof. Daan Louw van die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat.
Louw, ook hoofbestuurder van Optimale Agri Besigheidstelsels (OABS) in die Paarl, het op Upington tydens ’n inligtingsdag oor hernubare energie gepraat. ’n Projek is bekend gestel waarin bamboes gebruik gaan word om hernubare energie te vervaardig sonder dat dit die produksie van voedselgewasse in gevaar stel.
Die grootste voordeel wat bamboes vir die vervaardiging van hernubare energie inhou, is dat tot 70 ton per hektaar afgehaal word na gelang van die plantdigtheid. Daarenteen vergelyk spekboom met sy tot 4 ton/ha maar swak. Nog ’n voordeel is dat bamboes op marginale grond – iets wat op elke plaas beskikbaar is – gevestig kan word.
Dit bring mee dat dit nie met grane, soos mielies en koring, om goeie grond meeding nie. Bamboes hou ook nie ’n bedreiging in vir voedselsekerheid nie.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 11 Desember 2009.
7 Desember 2009